’n Ont­hut­sen­de kon­kok­sie

Volksblad - - Boeke - Soos ’n diep wa­ter­kuil Peet Ven­ter

Om­dat jy stout was, moet jy ge­straf word. Die By­bel­se teks­vers wat Peet Ven­ter se nuwe moord­ver­haal rig, is Spreu­ke 23 vers 27: “’n Se­de­lo­se vrou is soos ’n diep wa­ter­kuil. ’n Ver­leid­ster is soos ’n put waar­uit jy nie kan kom nie.”

Re­li­gie en mo­re­le oor­deel vorm die ba­sis van die moor­de­naar se reg­ver­di­ging van sy da­de – ie­mand wat hom­self as reg­ter en laks­man aan­ge­stel het.

Ter­wyl die res van die stad slaap, be­vind speur­ad­ju­dant Boel Hel­berg hom knie­diep in Wem­mer­pan om die lyk van ’n vrou uit die wa­ter te haal. ’n Kort ruk­kie te­vo­re het die moor­de­naar hom wak­ker ge­bel met aan­wy­sings oor waar hy die slag­of­fer sal kry.

Nou be­gin die vrae. Waar­om het die moor­de­naar hom wat Hel­berg is ge­bel? Wie is die vrou wat ver­moor is? By na­de­re on­der­soek blyk dit ’n skend­moord op ’n jong vrou te wees.

Dis nie waar dit op­hou nie. Nog t­wee ly­ke is el­ders in die stad ver­steek. K­rip­tie­se lei­dra­de is deur die moor­de­naar verskaf wat die speur­der moet op­volg om hul­le op te spoor. Die ter­gen­de vraag is: Waar­op stuur dit af? Is daar nog men­se in die ver­meen­de oor­tre­der se vi­sier?

Die tref­fen­de om­slag­fo­to van die boek a­dem te­ge­lyk iets maag­de­liks en on­heil­spel­lends. ’n Jong mei­sie in ’n so­mer­rok met ’n ge­la­den­heid van kuis­heid. Dan val die don­ker­te wat haar om­hul en die feit dat sy in diep wa­ter is ’n mens op – ’n on­ge­luk­ki­ge lots­be­stem­ming waar­uit sy nie kan ont­snap nie?

Soos die on­der­soek sy loop neem, er­vaar Boel Hel­berg kon­flik op t­wee vlak­ke. Dat daar e­nig­sins ’n siek per­soon rond­loop met reeds d­rie ly­ke op sy kerf­stok, is ge­noeg om e­ni­ge on­der­soek­be­amp­te sla­pe­lo­se nag­te te be­sorg. Na­ma­te hy lei­dra­de op­volg, ont­vou ’n ver­haal van ja­loe­sie, gie­rig­heid en hu­bris. An­der­sins er­vaar hy vrees en skuld­ge­voel oor sy vrou en vier­ja­ri­ge dog­ter­tjie, El­lie. Is hy be­trok­ke ge­noeg by sy ge­sin? Sal die skan­se van on­skuld om El­lie ook ver­krum­mel om haar weer­loos teen ’n wre­de wê­reld te maak? Ver­al hier­die deel van die sto­rie kom tref­fend aan die bod in Ven­ter se ver­haal.

In die ont­vou­ing van die ver­haal word die on­der­wê­reld van mis­daad met ver­ras­sen­de kin­kels ver­ken. Wat on­der die loep ge­neem word, is die ver­skyn­sel van goed en kwaad in die le­we. En die ver­lies van on­skuld.

Hier en daar is ’n ka­rak­ter en te­ma wat baat sou kon vind met ver­de­re ont­gin­ning. Neem die ka­rak­ter Ben Klein as voor­beeld. In sy leef­wê­reld is daar nie ’n mar­kan­te on­der­skeid tus­sen goed en kwaad nie.

Soos ’n diep wa­ter­kuil is ’n ont­hut­sen­de kon­kok­sie van wel­lus, moord en ja­loe­sie. Ven­ter se aan­slag is son­der fie­ter­ja­sies en hou die le­ser tot aan die ein­de vas­ge­na­el.

■ Fran­cois Bek­ker is ’n vry­skut­re­sen­sent van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.