E­s­kom: Beurt­krag is jou skuld

Volksblad - - Voorblad - Sa­rel van der Walt en L­le­wel­lyn P­rin­ce

E­s­kom be­vind hom in ’n nooden kri­sis­toe­stand.

Dié uit­ein­de­li­ke er­ken­ning uit o­wer­heids­weë het gis­ter ge­kom van Pra­vin Gordhan, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings wat Suid-A­fri­ka­ners om ver­sko­ning ge­vra het vir die on­ge­rief van beurt­krag.

“Suid-A­fri­ka be­taal nou die prys vir die staat­skaping van E­s­kom en die ver­ou­der­de krag­sta­sies,” het Gordhan ge­sê ná ’n ver­ga­de­ring met die top­be­stuur van E­s­kom by Me­ga­watt­park, E­s­kom se hoof­kan­toor in Jo­han­nes­burg, waar­op nood­plan­ne be­spreek is om die si­tu­a­sie te be­red­der.

Gordhan het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ná die ver­ga­de­ring ge­sê die kri­sis van die af­ge­lo­pe tien dae het nie oor­nag ont­staan nie. “Dit kom al oor ’n tyd­perk van tien jaar aan.”

Ja­bu Ma­bu­za, voor­sit­ter van die E­s­kom-di­rek­sie, sê op sy beurt dat die pro­ble­me by E­s­kom nie deur die kragreus al­leen ver­oor­saak is nie, maar deur “al­le Suid-A­fri­ka­ners, sy re­ge­ring en sy men­se”.

“Dit is pro­ble­me wat ons al­mal ver­oor­saak het. Elk­een het ’n rol om te ver­tolk: aan­deel­hou­ers, ka­pi­taal­ver­skaf­fers, per­so­neel, klan­te. Dit is die keu­se van pyn wat ons no­dig het om vo­ren­toe te gaan en ons weer vol­hou­baar te maak,” sê Ma­bu­za.

Gordhan er­ken E­s­kom kom­mu­ni­keer nie goed oor die si­tu­a­sie nie, maar on­der­neem dat die pu­bliek van vol­gen­de week af be­ter in­ge­lig sal word. Hy hoop beurt­krag sal teen Kers­fees ver­by wees. Hy gee sa­ke­lui die ver­se­ke­ring dat wan­neer die mees­te maat­skap­pye teen mid­del Januarie vol­stoom be­gin werk, din­ge be­ter sal gaan.

Om se­ker te maak dit ge­beur, is die ver­lof van se­ni­or Es­kom­per­so­neel­le­de ge­kan­sel­leer.

Gordhan ont­ken plan­ne om E­s­kom te pri­va­ti­seer.

“Dis blo­te ver­kie­sings­praat­jies,” sê hy.

Hy sê dat daar pro­ble­me met die ont­werp en die toe­rus­ting van die Me­du­pi- en die Ku­si­le­krag­sta­sie is. “In­ter­na­si­o­na­le maat­skap­pye soos Hi­ta­chi” het swak werk ge­doen.

“Daar sal ge­vol­ge wees. As daar so­veel geld aan dié maat­skap­pye be­stee word en hul­le le­wer nie werk van ge­hal­te nie, het ons ’n tok­sie­se kom­bi­na­sie.”

Fo­ren­sie­se on­der­soe­ke is aan die gang om te be­paal wie daar­voor ver­ant­woord­baar ge­hou moet word.

Gordhan sê E­s­kom het ’n uit­da­ging voor hom en die eer­ste doel­wit is om beurt­krag uit die weg te ruim.

Fo­to: FE­LIX D­LAN­GA­MAND­LA

Ja­bu Ma­bu­za, hoof van die E­s­kom-raad, en Pra­vin Gordhan, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, gis­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.