Ont­ei­e­ning: ‘Bloed aan ANC-han­de’

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ANC is ge­waar­sku hy sal moet pa staan as ge­weld uit sy plan­ne vir grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding sou voort­vloei.

“As die bloed gaan vloei, sal dit aan die ANC se han­de wees!” het adv. An­ton Al­berts, VF Plus-LP, uit­ge­roep kort voor­dat die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring gis­ter ’n mo­sie aan­vaar het vir die tot­stand­ko­ming van ’n ad hoc-ko­mi­tee wat die wets­ont­werp moet skryf om die Grond­wet te wy­sig om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding dui­de­lik daar­in uit te stip­pel.

Al­berts het ge­re­a­geer op H­len­gi­we M­ka­li­pi, EFF-LP, wat in die de­bat ge­sê het dat die land die af­ge­lo­pe

24 jaar ge­suk­kel het om die on­ge­ly­ke ver­de­ling van grond daad­werk­lik aan te pak en dat dit van die “grond­die­we” weg­ge­neem moet word.

Die EFF het voor­ge­stel dat al­le grond in pri­va­te han­de voort­aan son­der ver­goe­ding ont­ei­en moet word en “in die han­de van die men­se van Suid-A­fri­ka” ge­plaas moet word. “Nie ’n paar wit men­se nie. Jul tyd is op, wit men­se!” het sy ge­sê.

Al­berts het in sy spreek­beurt ge­vra: “Wan­neer die EFF sê ‘die wit men­se se tyd is op’, moet jul­le (met ver­wy­sing na die ANC) sê wat hul­le be­doel. Gaan hul­le ons ver­moor en die grond van ons af weg­neem? As die bloed vloei, gaan dit aan jul han­de wees en sal jul­le daar­voor moet be­taal! So, jul­le be­ter wak­ker skrik oor wat jul­le doen, want vol­gen­de jaar gaan jul­le die ver­kie­sing ver­loor en die op­po­si­sie sal oor­neem,” het hy ge­sê.

Dei­d­re Car­ter, Co­pe-LP, het Le­che­sa T­se­no­li, ad­junk­spea­ker, daar­van be­skul­dig dat hy toe­laat dat die EFF ras­sis­tie­se op­mer­kings maak. Ge­wo­ne Suid-A­fri­ka­ners kan vol­gens haar die pro­ses stop deur as kie­sers vir die 2019-ver­kie­sing te re­gis­treer. “Stop die ANC, stop die EFF!” het sy uit­ge­roep.

Die ANC, EFF, UDM, NFP, AIC en die APC was ten guns­te van die mo­sie, ter­wyl die DA, IVP, Co­pe,

VF Plus en die A­CDP daar­teen ge­stem het.

M­ce­bi­si Fil­ta­ne, UDM-LP, het ge­sê die ske­we pa­tro­ne van grond­ei­e­naar­skap se­dert 1652 moet nou reg­ge­stel word. “Dié is ’n ge­sprek oor SuidA­fri­ka, nie oor die mark­te nie. Ja, dit maak saak wat die mark­te dink, maar om vol­hou­ba­re na­si­o­na­le een­heid en sta­bi­li­teit te be­reik, is be­lang­ri­ker as om staat te maak op die re­ak­sie van mark­te op kort ter­myn.”

Si­bu­si­so Mn­cwan­go, NFP-LP, het ge­sê die grond moet te­rug­ge­gee word aan die men­se, ter­wyl T­hem­ba Go­di, APC-LP, op­ge­merk het dat die­ge­ne wat ge­kant is teen die op­los­sing van die grond­kwes­sie vre­de het met die ar­moe­de en ly­ding van swart men­se. “Ons het vir vry­heid ge­stem, nie om sla­we te bly nie, maar om mees­ters van ons eie lot te wees,” het hy ge­sê.

In­ge­vol­ge die mo­sie van Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep, moet die werk­saam­he­de van die ko­mi­tee teen ein­de Maart af­ge­han­del wees.

Die ad hoc-ko­mi­tee sal be­staan uit 11 LP’s wat stem­ge­reg­tig sal wees – ANC (6), DA (2) en een elk van die EFF en twee LP’s wat die klei­ner par­tye gaan ver­teen­woor­dig. Nog 14 nie-stem­ge­reg­tig­de LP’s sal ook in die ko­mi­tee dien.

Die mo­sie kom na­dat die NV en die Na­si­o­na­le Raad van Pro­vin­sies vroe­ër dié week die her­sie­nings­ko­mi­tee se fi­na­le ver­slag aan­vaar het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.