‘Ver­sterk mo­ni­te­ring van SA se wa­ter­ra­de’

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie be­hoort sy mo­ni­te­ring van die land se wa­ter­ra­de te ver­sterk. Som­mi­ge dink dié en­ti­tei­te is hul “per­soon­li­ke ruim­te”.

Dít was gis­ter die bood­skap van LP’s in die staan­de ko­mi­tee oor o­pen­ba­re re­ke­nin­ge (S­koor) aan die top­be­stuur van die de­par­te­ment.

S­koor het gis­ter sy week lan­ge on­der­soek af­ge­han­del na on­re­ël­ma­ti­ge, vrug­te­lo­se en ver­mors­te uit­ga­wes in die de­par­te­ment.

Wa­ter­ra­de in Suid-A­fri­ka be­dryf on­der meer dam­me en an­der in­fra­struk­tuur vir groot­maat­wa­ter­voor­sie­ning en som­mi­ge af­val­wa­ter­stel­sels.

Ja­pie du P­les­sis, voor­sit­ter van die de­par­te­men­te­le ou­dit­ko­mi­tee, het aan LP’s ge­sê die grootste deel van die vrug­te­lo­se en ver­mors­te uit­ga­wes van die de­par­te­ment is hoof­saak­lik deur die in­wer­king­stel­lings­a­gent­skap­pe, waar­on­der wa­ter­ra­de, aan­ge­gaan.

Ver­ga­de­rings is vol­gens hom met al die uit­voe­ren­de hoof­de van die wa­ter­ra­de ge­hou in ’n po­ging om die on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes te voor­kom.

De­bo­rah Mo­chot­l­hi, waar­ne­men­de DG, het ge­sê ’n pro­ses is be­gin om nou­er sa­me­wer­king tus­sen wa­ter­ra­de en die de­par­te­ment deur ’n ge­sa­ment­li­ke teg­nie­se ko­mi­tee te ver­se­ker. Dit funk­si­o­neer op na­si­o­na­le én pro­vin­si­a­le vlak.

Sy het ook aan­ge­dui dat ver­skeie stap­pe ge­doen is om die fi­nan­si­ë­le pro­ble­me in die de­par­te­ment op te los.

T­hem­ba Go­di, ko­mi­tee­voor­sit­ter, het wat wa­ter­ra­de be­tref, voor­ge­stel dat ’n toe­ge­wy­de amp­te­naar die werk van in­wer­king­stel­lings­a­gent­skap­pe mo­ni­tor.

“Die de­par­te­ment moet ’n toe­ge­wy­de amp­te­naar hê om te ver­se­ker dat hul­le die reg­te ding doen. Dit is vir my een van die drin­gend­ste din­ge waar­na die de­par­te­ment moet kyk,” het Go­di ge­sê.

E­ze­kiel Ke­ka­na, ANC-LP, het ge­sê hy kry die in­druk dat die in­wer­king­stel­lings-a­gent­skap­pe net “doen wat hul­le wil”.

Nt­ha­bi­seng K­hu­nou, ANC-LP, het die de­par­te­ment aan­ge­moe­dig om ag te slaan op die in­ter­ne ou­dit- en ri­si­ko­ko­mi­tee. “As daar nie na hul­le ge­luis­ter word nie, ein­dig jul­le waar jul­le nou is – in die waak­een­heid.”

Sy het ook ’n be­roep ge­doen vir ’n struk­tuur om toe­sig te hou oor die werk van die en­ti­tei­te.

Go­di het ge­sê daar moet nou­er sa­me­wer­king tus­sen die de­par­te­ment en wa­ter­ra­de wees. “Daar moet ’n stel­sel en pro­ses van aan­spreek­lik­heid wees, want baie geld vloei deur die wa­ter­ra­de. As ons nie die geld volg nie, vloei dit na e­ni­ge plek.”

Hy het la­ter ge­sê wan­neer men­se by en­ti­tei­te aan­ge­stel word, wil dit voor­kom a­sof hul­le dink dit is hul “per­soon­li­ke ruim­tes”.

Du P­les­sis het in antwoord op ’n vraag deur Go­di of Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, oud­mi­nis­ter van wa­ter en sa­ni­ta­sie, ooit op die brie­we ge­re­a­geer het wat die ou­dit­ko­mi­tee aan haar ge­rig het oor geld­sa­ke, ge­sê: “Van die vo­ri­ge mi­nis­ter, geen re­ak­sie nie.”

Sy het ook nooit met die ou­dit­ko­mi­tee ver­ga­der nie, het hy ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.