Mo­tor­fiets­ry­ers skenk meer as 2 t hon­de­kos

Volksblad - - Nuus - Ma­ri­ta Her­sel­man

Hul naam klink dalk on­ge­tem, maar die Re­bel Con­spi­ra­cy-mo­tor­fiets­klub is hond­mak. Met ’n sken­king van 2,25 t hon­de­kos, sal ster­te by die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (BDBV) die hele maand kan swaai.

Dié sken­king ter waar­de van R30 000 was Woens­dag ’n wel­ko­me toe­voe­ging tot die or­ga­ni­sa­sie se leë pak­ka­mer.

Rei­net Mey­er, se­ni­or in­spek­teur van die BDBV, sê die sken­king maak ’n ge­wel­di­ge ver­skil.

“Ons pak­ka­mer is op die oom­blik dol­leeg; ons het geen kos op die oom­blik nie, so hier­die gaan ons reg­tig deur De­sem­ber help.”

Die hon­de­kos sal hul­le van­dees­maand deur­dra, ge­grond op die so­wat 700 hon­de wat ge­woon­lik in dié tyd in­ge­neem word. Tans is daar 50 hon­de on­der die sorg van die BDBV.

Dit is die vier­de jaar wat die mo­tor­fiets­klub hon­de­kos aan die BDBV skenk.

“Ons is al­mal mal oor dier­tjies, ons het al­mal ons eie troe­tel­die­re. Ons het ge­dink dis die bes­te ding wat ons kan doen – daar is nie reg­tig meer baie groot on­der­steu­ning vir die DBV nie,” sê Jan Sau­er, pre­si­dent van die mo­tor­fiets­klub.

Die kos is met die wins van hul Re­bel 500-dag, wat in No­vem­ber was, aan­ge­koop.

Sau­er sê mo­tor­fiets­ry­ers het van so ver as Gau­teng, Dur­ban en Oos-Lon­den ge­kom om dié

500 km-sir­kel­roe­te van­af Bains Lod­ge in Bloem­fon­tein te ry. La­ter is saam by die lod­ge se Bush Pub, waar die rock­groep Saar­kie op­ge­tree het, ge­kui­er. So­wat 300 mo­tor­fiets­ry­ers het die roe­te van Bloem­fon­tein na T­wee­spruit, We­pe­ner, Zas­tron, S­mit­hfield, Red­ders­burg en te­rug mee­ge­maak.

On­ge­veer 700 kaart­jies is ver­koop aan men­se wat die dag wou on­der­steun. Saar­kie het slegs die helf­te van hul ge­wo­ne op­tree­geld ge­vra.

Die BDBV het ook tans so­wat 20 kat­te, vyf ska­pe, twee bees­te en ’n perd on­der sy sorg.

Fo­to: KATLEHO MOKOENA

Die Re­bel Con­spi­ra­cy-mo­tor­fiets­klub het Woens­dag R30 000 se hon­de­kos aan die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (BDBV) ge­skenk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.