P­ris­cil­la eer­ste in fa­mi­lie wat ma­triek, graad kry

Volksblad - - Nuus - S­har­le­ne A­gen­bag

’n Jong vrou van Kimberley het die eer­ste lid van haar fa­mi­lie ge­word wat ’n u­ni­ver­si­teits­graad be­haal toe sy van­dees­week ’n graad in die reg­te aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) ont­vang het.

P­ris­cil­la Brandt (24) het Woens­dag haar LLB-graad ont­vang. Sy is ook die eer­ste lid van haar fa­mi­lie wat ma­triek vol­tooi het.

Sy het by haar ou­ma, Lin­gi­we M­vela­se, in Kimberley groot­ge­word wat al­tyd se­ker ge­maak het dat sy nie ’n dag van skool mis nie.

Brandt, wat nou by die Graça Ma­chel-stig­ting in Dur­ban werk, het as stu­dent drie ver­skil­len­de wer­ke ge­doen om vir haar stu­dies te be­taal. Sy het boon­op e­ni­ge oor­bly­wen­de geld ge­gee aan haar ou­ma wat ook na haar drie jon­ger sib­be om­sien.

“Die werk by die Graça Ma­chel­stig­ting is fan­tas­ties. Jy leer elke dag vrees­lik baie nu­we goed. Soms word jy in die diep kant in­ge­gooi, maar dit is vir my baie lek­ker,” sê sy.

Sy was die eer­ste vrou­li­ke voor­sit­ter van die Black La­wy­ers As­so­ci­a­ti­on Stu­dent C­hap­ter aan die UV en het ook die u­ni­ver­si­teit en SuidA­fri­ka in haar twee­de jaar as deel van die LGBTIH- (les­bie­se, gay, bi­sek­su­e­le, trans­gen­der, in­ter­sek­su­e­le en ho­mo­sek­su­e­le men­se) pro­jek in Ja­pan ver­teen­woor­dig.

Die pro­jek is deur prof. Jo­na­than Jan­sen, voor­ma­li­ge rek­tor en vi­se­kan­se­lier van die UV, be­gin.

“Dit was vir my ’n be­le­we­nis. Ek was be­voor­reg, want hul­le het uit 150 stu­den­te slegs 100 ge­kies om in groe­pe van tien na ver­skeie lan­de te gaan.

“Ons al­mal het ge­voel a­sof ons saak maak en ’n ver­skil maak.”

Sy het reg­te stu­deer om ’n ver­skil in an­der se le­we te maak.

“Ek wil men­se wat nes ek uit moei­li­ke om­stan­dig­he­de kom, wys dit is moont­lik om ’n an­der en be­ter le­we te lei.”

Brandt is ook on­langs be­noem vir die Bill en Me­lin­da Ga­tes-stig­ting se Go­al­kee­pers A­fri­ca-ge­sel­lig­heid waar­heen slegs die top-100- A­fri­ka­stu­den­te on­der die ou­der­dom van 40 jaar ge­nooi word.

Fo­to: FACEBOOK

P­ris­cil­la Brandt (24) het Woens­dag haar LLB-graad ont­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.