Slag­ter woe­dend om­dat geld­blik­kie vir die­re­wel­syn ver­dwyn

Volksblad - - Nuus - An­dré Da­mons

Die be­stuur­der van ’n slag­huis in Bloem­fon­tein is ge­skok na­dat ’n geld­in­sa­me­lings­blik­kie van ’n die­re­wel­syns­or­ga­ni­sa­sie van sy win­kel se toon­bank af ge­steel is.

Al­tus Bees­ton, be­stuur­der van die Gys die Slag­ter-slag­huis in Ray­mond Mhla­ba-straat, Noord­hoek, sê die blik­kie is in No­vem­ber ge­steel, maar hy het eers Woens­dag be­sef dit is weg toe ’n klant klein­geld daar­in wou gooi.

Die blik­kie, wat al so­wat vyf jaar op die slag­huis se toon­bank staan, be­hoort aan die die­re­wel­syns­or­ga­ni­sa­sie Claw.

Bees­ton sê hy het eers ge­dink een van die wer­kers het dit ge­skuif toe hul­le skoon­ge­maak het, maar toe hy die vi­deo’s van hul vei­lig­heids­ka­me­ras na­gaan, het hy ge­sien hoe ’n man die blik­kie vat en uit die slag­huis loop.

Vol­gens Bees­ton was die ver­meen­de dief lank in die slag­huis en het hy selfs aan die blik­ke ge­voel om vas te stel of daar geld in is. Hy het al­les na­by die blik­kie stel­sel­ma­tig ge­skuif om mak­li­ker toe­gang daar­toe te kry.

Bees­ton sê hy het nog nie die dief­stal by die po­li­sie aan­ge­meld nie om­dat hy eers wou sien of hy die man kan op­spoor en die geld te­rug­kry. Hy gee hom nog dié na­week kans.

“Daar is mak­lik so R200 in. Dit is nie baie geld nie, maar dit kan kos koop vir vier of vyf hon­de. Dit is baie laag van hom om geld van ’n die­re­wel­syns­or­ga­ni­sa­sie te steel. As ek hom kry, sal ek se­ker maak dat hy ten min­ste R500 vir die die­re in­sa­mel.

“As dit nie vir die klant was wat wou geld in­gooi nie, sou ek nooit ag­ter­ge­kom het die blik­kie is weg nie. An­der on­der­ne­mings moet be­dag wees op sul­ke men­se.”

■ Sien vi­deo op Net­werk24.

So lyk die man wat gesoek word na­dat hy glo Claw se geld­in­sa­me­lings­blik­kie by die Gys die Slag­ter-slag­huis in Bloem­fon­tein ge­steel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.