ANC-re­ge­ring in NK kry ‘groot, vet F’ by DA

Volksblad - - Nuus - Chris­ti­aan Cloe­te

Ter­wyl skool­kin­ders in die Noord-Kaap gis­ter hul rap­por­te by hul sko­le gaan haal het, het die DA sy “rap­port” vir die ANC in die pro­vin­sie be­kend ge­maak: Die re­ge­ren­de par­ty druip met ’n F-ge­mid­deld.

Vol­gens Andrew Louw, die DA se pro­vin­si­a­le lei­er, het die Noord-Kaap­se re­ge­ring on­der lei­ding van pre­mier Syl­via Lu­cas klaag­lik mis­luk.

Op elke vlak het die ANC F-sim­bo­le ge­kry: werk­skep­ping, die be­kam­ping van mis­daad, die vas­vat van kor­rup­sie, diens­le­we­ring en die wy­se waar­op die pro­vin­sie die pro­bleem van on­wet­ti­ge­im­mi­gra­sie ge­ta­kel het.

“Die re­ge­ring van Lu­cas en die mis­luk­ken­de ANC het ge­druip en dus hul reg ver­beur om die pro­vin­sie in die toe­koms te be­stuur. Hul­le kry ’n groot, vet F-ge­mid­deld vir die ui­ters swak pres­ta­sie,” het Louw gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Kimberley ge­sê.

Louw het ver­al die Noor­dKaap­se re­ge­ring ge­kap oor die ge­brek aan werk­skep­ping in ’n pro­vin­sie waar die uit­ge­brei­de werk­loos­heids­koers ho­ër as 40% is en meer as 59% van die be­vol­king in ar­moe­de le­we en van staat­sub­si­dies af­hank­lik is.

Vol­gens Louw het die Noor­dKaap boon­op die hoog­ste werk­loos­heids­koers vir jong men­se tus­sen 15 en 24 jaar.

Hy meen dit is geen ver­ras­sing dat die Noord-Kaap die hoog­ste koers van be­lem­mer­de groei on­der kin­ders het nie, weens ’n kom­bi­na­sie van wan­voe­ding en fe­ta­le al­ko­hol­sin­droom.

Louw sê dat mis­daad meest­al uit ar­moe­de spruit om­dat baie men­se kos en an­der nood­saak­lik­he­de steel om aan die le­we te bly.

Hy het ook die Noord-Kaap­se re­ge­ring ge­kap oor ’n on­der­be­man­de po­li­sie­diens wat nie be­hoor­lik toe­ge­rus is of die ka­pa­si­teit het om mis­daad te be­kamp nie, en werk in die po­li­sie wat meest­al aan ANC-ka­ders uit­ge­deel word.

Vol­gens Louw het die Noor­dKaap die naas­hoog­ste koers van ver­krag­tings in Suid-A­fri­ka met ge­weld teen­oor vroue en kin­ders wat hoog­ty vier.

Louw het ver­al die ANC by­ge­kom­oor kor­rup­sie en ge­sê dat on­reg­ma­ti­ge be­ste­ding in die pro­vin­sie vir die 2017-’18-boek­jaar R1,1 mil­jard be­loop het.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN CLOE­TE

Andrew Louw, die DA se pro­vin­si­a­le lei­er in die Noord-Kaap, met die “rap­port” vir die Noor­dKaap­se re­ge­ring on­der lei­ding van pre­mier Syl­via Lu­cas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.