‘Sui­ker B­ritz was ’n le­gen­de in po­li­sie’

Volksblad - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Hand op die hart, op aan­dag, trots ge­klee in blou, maar met strak en hart­seer ge­sig­te.

So het oud­ge­ne­raals gis­ter­og­gend ’n e­re­wag ge­vorm om af­skeid te neem van genl.maj. (afg.) Sui­ker B­ritz (74) op ’n rou­diens in die NG kerk Elar­dus­park, P­re­to­ria.

“Hy was ’n wa­re le­gen­de in die po­li­sie. Hy was skerp­sin­nig, ’n bril­jan­te on­der­soek­be­amp­te en ’n ster vir die Suid-Afrikaanse Po­li­sie­diens (SAPD). Hy sal ge­mis word,” het oud­genl. Jo­han van der Mer­we, voor­ma­li­ge na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, voor die diens ge­sê.

B­ritz het op 30 No­vem­ber hom­self in die tuin van sy huis in Win­ga­te­park in die oos­te van P­re­to­ria om die le­we ge­bring.

Sy vrou, An­ne­tjie, het sy lyk daar met ’n skiet­wond aan­ge­tref.

’n E­mo­si­o­ne­le An­ne­tjie is gis­ter op die rou­diens deur fa­mi­lie en vrien­de on­der­steun.

“Sui­ker is ook ge­wel­dig deur men­se in die de­par­te­ment van jus­ti­sie ge-re­spek­teer. Reg­ters, land­dros­te en staats­aan­kla­ers het al­mal re­spek vir hom ge­had. Hy het in­no­ve­ren­de me­to­des in sy speur­werk ge­bruik en hy het al­tyd by die waar­heid ge­hou,” sê Van der Mer­we.

B­ritz was 40 jaar lank deel van die po­li­sie­diens tot­dat hy in

1999 as die po­li­sie se na­si­o­na­le be­vel­voer­der van die des­tyd­se moord-en-roof­een­heid af­ge­tree het.

In sy loop­baan het hy met ho­ë­pro­fiel­sa­ke ge­werk en sy kol­le­gas ver­tel dat moor­de­naars en an­der mis­da­di­gers nie ’n kans teen hom ge­had het nie.

Hy was on­der meer be­trok­ke by die on­der­soek na die bom­ont­plof­fing in Kerk­straat, P­re­to­ria, in

Mei 1983.

Hy het ook die be­rug­te pe­do­fiel Gert van Rooy­en on­der­soek.

Lt.genl. (afg.) Jo­han Ferreira, ’n oud­kol­le­ga, skryf in ’n hul­de­blyk sy paaie met B­ritz het ge­kruis toe hul­le al­bei in 1972 aan­ge­stel is as lui­te­nan­te by die Sil­ver­ton-po­li­sie­kan­toor in P­re­to­ria.

“Hy was o­ral be­kend as ‘Sui­ker’. Die e­nig­ste mens wat hom op sy naam, Ka­rel, aan­ge­spreek het, was San – sy eer­ste vrou wat ’n paar jaar ge­le­de oor­le­de is.”

Ferreira skryf dat B­ritz vin­nig naam ge­maak het as ’n speur­der wat al­tyd sy man ge­vang het.

“As die mis­da­di­gers net die naam Sui­ker B­ritz ge­hoor het, het hul­le na an­der oor­de uit­ge­wyk. Een ding wat ek van Sui­ker ont­hou, is dat ’n hor­lo­sie nie sy baas was nie.

“As hy en sy man­ne op die spoor van ’n mis­da­di­ger was, het hul­le deur die dag en nag sy spoor ge­vat tot­dat hy ag­ter tra­lies was.”

Die by­naam “Sui­ker” is aan hom ge­gee om­dat hy so vin­nig met ’n rug­by­bal kon hard­loop op skool.

B­ritz het ge­sond­heids­pro­ble­me ge­had weens ’n stryd teen kan­ker.

B­ritz se fa­mi­lie het in die be­graf­nis­brief al­mal be­dank wat ver­le­de Vry­dag hulp ge­bied het op die to­neel waar hy hom­self om die le­we ge­bring het.

Fo­to: AND­REA K­Ü­SEL

Die be­graf­nis­brief op ’n rou­diens vir genl.maj. (afg.) Sui­ker B­ritz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.