Ce­le: ‘Ont­snap­pings kwel my de­par­te­ment en jus­ti­sie’

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die ont­snap­ping van ge­vaar­li­ke mis­da­di­gers en voor­val­le van ge­weld wat ho­we land­wyd teis­ter, is ’n groot bron van kom­mer vir die re­ge­ring, het B­he­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by die par­le­ment er­ken.

Dit was in re­ak­sie op vrae na­dat Mon­ge­zi M­cu­nu­kel­wa (31), ’n ver­meen­de reeks­moor­de­naar, en S­bo­ne­lo N­ko­sin­gip­he Thwa­la (25), wat op ’n aan­klag van moord te­reg­staan, Woens­dag­mid­dag by die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ont­snap het en steeds soek is.

Ce­le is oor ge­weld in die ho­we uit­ge­vra, ver­al na­dat ’n po­li­sie­lid ver­le­de week eers sy ver­vreem­de vrou en sy swa­er in ’n skei­hof in Dur­ban dood­ge­skiet en toe ook hom­self ge­skiet het.

Ce­le, genl. K­hehla Si­to­le, na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, en ver­teen­woor­di­gers van die po­li­sie­vak­bon­de Pop­cru en Sa­pu het gis­ter die me­di­a­kon­fe­ren­sie ge­hou om aan te kon­dig dat so­wat 34 000 po­li­sie­le­de in die hui­di­ge boek­jaar be­vor­der sal word.

Dit is na­dat Ce­le in sy be­gro­tings­re­de vir 2018-’19 aan­ge­kon­dig het dat daar ’n ag­ter­stand van 69 219 po­li­sie­le­de tus­sen vlak 5 en vlak 7 is wat be­vor­der moet word om­dat hul­le al te lank in hul hui­di­ge ran­ge dien.

Vol­gens Ce­le is daar ná on­der­han­de­lin­ge met Pop­cru en Sa­pu oor­een­ge­kom dat so­wat 34 000 po­li­sie­be­amp­tes in die hui­di­ge boek­jaar be­vor­der sal word.

Die res sal in die vol­gen­de twee boek­ja­re be­vor­der word.

Si­to­le sê dat dié ge­tal ook die her­gra­de­ring van le­de in die po­li­sie se spe­si­a­le taak­span sal in­sluit wat na ad­ju­dant-of­fi­sier her­gra­deer sal word.

Le­de in die na­si­o­na­le in­gry­pings­een­heid sal na ser­sant be­vor­der word, so­wel as die­ge­ne wat in die tak­tie­se re­ak­sie-een­heid dien.

Po­li­sie­le­de in die be­sker­mings­een­heid sal na ser­sant en ad­ju­dant-of­fi­sier her­gra­deer word.

Die be­vor­de­rings en her­gra­de­ring sal tus­sen 30 No­vem­ber en 31 Maart ge­doen word. Geld daar­voor sal uit die po­li­sie se 2018-’19-be­gro­ting van R91,8 mil­jard ge­her­pri­o­ri­ti­seer word, sê Si­to­le.

Oor die ont­snap­pings en ge­weld by die ho­we sê Ce­le: “Dit sal mal wees om te sê ons is nie be­kom­merd daar­oor nie.”

Vol­gens Ce­le het hy en adv. Michael Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, oor­een­ge­kom om bin­ne­kort te ver­ga­der om dié kwes­sie te be­spreek om­dat dit on­der al­bei se por­te­feul­jes val.

“Ek wil daar­om nie daar­die ge­sprek­ke voor­uit­loop nie. Maar die ver­ster­king van vei­lig­heid in die ho­we sal die sa­me­wer­king van die po­li­sie en jus­ti­sie ver­eis. As mi­nis­ters in die straf­reg­stel­sel het ons al vroe­ër oor die kwes­sie ver­ga­der om­dat som­mi­ge kwes­sies nie net deur een sek­tor in die groep aan­ge­pak kan word nie. Ons is on­ge­twy­feld baie be­kom­merd oor wat nou ge­beur. Ek is in­ge­lig dat een van die ont­snap­tes (van Woens­dag) ’n reeks­moor­de­naar is. Dit is ver­al erg om­dat tal­le po­li­sie­le­de by die on­der­soek van dié saak be­trok­ke was.

“Maar ons sal as ’n groep al­mal saam­werk in ons be­na­de­ring van dié kwes­sies,” sê Ce­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.