Prag­fo­to’s en ge­dig­te gou in En­gels

Eg­paar se boek i­de­a­le ge­skenk vir ken­nis­se – en jou­self

Volksblad - - Kontrei - Mol­ly G­reen

Meer as 1 000 ek­sem­pla­re van Lin­da en Vol­la du P­les­sis van Bult­fon­tein se prag­boek SuidA­fri­ka deur die oë van ons len­se met kie­kies en ge­dig­te is reeds ver­koop.

Die boek is op aan­drang in En­gels ver­taal en dit be­hoort teen A­pril of Mei be­skik­baar te wees. Die boek be­staan uit prag­fo­to’s wat deur Suid-A­fri­ka heen ge­neem is en ver­skeie ge­dig­te.

Die be­ken­de eg­paar van Boer­tjie-kon­trei­fees-faam is reeds be­sig met die be­plan­ning van nog ’n boek. Na­mi­bië gaan be­slis be­trek word.

“Ons moet nog net Noord-Na­tal en Ba­vi­aans­kloof be­soek vir fo­to’s vir ’n paar nu­we ge­dig­te vir die boek,” sê Lin­da.

Lin­da en Vol­la neem nie net tref­fen­de na­tuur­fo­to’s nie, maar ook prag­ti­ge fo­to’s van die die­re­ryk. Vir die eg­paar was die pu­bli­ka­sie van die boek ’n droom wat be­waar­heid is.

Vir die boek wat nou ook in En­gels ver­taal is, is meer as 600 000 fo­to’s ge­neem waar­van 600 ge­kies is. “Dit was moei­lik om te be­sluit wat­ter fo­to’s die bes­te is.”

Die eg­paar het se­dert 2009 die land deur­kruis en by­kans

75 000 km met hul mo­tor­woon­wa en Jim­ny ge­ry.

Hul­le het al meer as 1 000 nag­te in die Kru­ger­wild­tuin ge­slaap en ure lank ge­wag om wen­fo­to’s te neem.

2 000 ek­sem­pla­re van die boek Suid-A­fri­ka deur die oë van ons len­se met kie­kies en ge­dig­te is in C­hi­na ge­druk.

Die man-en-vrou-span doen self die be­mar­king om die boek so be­kos­tig­baar moont­lik be­skik­baar te kan stel.

Lin­da (64), re­ken so­wel die En­gel­se as die Afrikaanse weer­ga­we sal die i­de­a­le ge­skenk wees vir oor­se­se fa­mi­lie, vrien­de en ken­nis­se. Die boek beeld die won­der­li­ke na­tuur­skoon van Suid-A­fri­ka op sy bes­te uit.

Die boek be­gin met fo­to’s van die Wa­ter­front in Kaap­stad, dan reis hul­le deur Suid-A­fri­ka en ein­dig weer by die Wa­ter­front.

Lin­da het in 2009 fo­to­gra­fie­klas­se by die Goud­veld­se fo­to­graaf Sue Je­well in Wel­kom be­gin neem.

Vol­la, op sy beurt, is ook ’n be­dre­we fo­to­graaf. Hy het reeds meer as vier de­ka­des ge­le­de be­gin fo­to’s neem.

Lin­da het ook in haar mid­del­ja­re eers uit­ge­vind sy het ’n di­gen skryf­ta­lent en sy het haar by die Suid-Afrikaanse Dig­ters- en Skry­wers­ver­e­ni­ging aan­ge­sluit.

Sy was 61 toe sy ge­dig­te be­gin skryf het – se­dert­dien het daar al so­wat 1 200 ge­dig­te uit haar pen ge­kom.

Die eg­paar het ses ka­me­ras en

Die fo­to­gra­fie­toe­rus­ting waar­mee Vol­la en Lin­da du P­les­sis hul prag­fo­to's neem.

twee sel­fo­ne waar­mee hul­le fo­to’s neem as­ook 12 len­se.

Lin­da sê fo­to­gra­fie is ook ’n uit­ste­ken­de teen­mid­del vir stres.

Fo­to’s: VOL­LA EN LIN­DA DU P­LES­SIS

Vroeg­og­gend op Le­so­ba na­by Fou­ries­burg.

T­rei­ne stoom na Ficks­burg vir die Ker­sie­fees.

Vol­la en Lin­da du P­les­sis by Kaap A­gul­has waar die At­lan­tie­se en In­die­se O­se­aan ont­moet.

’n Leeu­ge­sin in die Kru­ger­wild­tuin.

Ek­sem­pla­re van Vol­la en Lin­da du P­les­sis se boek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.