ANC-twis van rol ge­haal

Volksblad - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

’n Min­ag­tings­aan­soek gis­ter teen die op­tre­de van die ANC en sy Vry­staat­se uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) deur on­te­vre­de ANC-le­de in die pro­vin­sie is in die Vry­staat­se hoog­ge­regs­hof op ’n regs­teg­nie­se punt van die rol ver­wy­der.

In dié aan­soek word ook ge­vra dat die pro­vin­si­a­le kon­gres wat in Mei van­jaar ge­hou is en waar­op die PUK ver­kies is, nie­tig ver­klaar word. Dié aan­soek spruit uit ’n be­vel wat ’n jaar ge­le­de in die hoog­ge­regs­hof ge­maak is dat ’n pro­vin­si­a­le kon­gres van die par­ty nie ge­hou mag word voor­dat 28 tak­ver­ga­de­rings in die pro­vin­sie reg­ma­tig weer ge­hou is nie. Die vier on­te­vre­de ANC-le­de be­weer die jaar­ver­ga­de­rings van dié tak­ke is nie vol­gens die grond­wet van die ANC weer ge­hou nie. Tog is die pro­vin­si­a­le kon­gres ge­hou.

Han­no Bek­ker van Bek­ker-pro­ku­reurs het na­mens die on­te­vre­de le­de ge­sê die aan­soek sal nou weer vir Fe­bru­a­rie op die hof­rol ge­plaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.