Die hart­seer­ste woord in my woor­de­boek

Volksblad - - Kommentaar - Kei­na Swart

Een van my gesin se guns­te­ling­pro­gram­me op te­le­vi­sie is Mas­terC­hef Aus­tra­lia. Ek is nie daar (op die sit­ka­mer­bank) om my kook- of op­dien­ver­nuf op te knap nie. Die span­ning is ook nie my ding nie.

In­teen­deel, ek hou som­mer op kyk van pu­re trau­ma wan­neer ie­mand se vin­gers op ’n warm stoof­plaat of in die pad van ’n skerp lem be­land.

Ek is sui­wer daar om te kyk wat­ter een van sy meer as 400 kra­wat­te Matt P­re­ston, een van die be­oor­de­laars, van­aand dra. So­dra Matt op die te­le­vi­sie­skerm ver­skyn, sal een van my kin­ders da­de­lik spot­tend laat hoor: “Hoor nou vir Mam­ma. Sy gaan dit nou sê. Sy gaan dit nóú sê . . .”

En dan sê ek dit: “Ag jul­le, kyk net Matt se kra­wat. Kyk net sy prag­ti­ge, prág­ti­ge kra­wat.”

Aan die be­gin moes ek vir hul­le die woord ’n paar keer her­haal. Kra­wat. Nee, nie “kar­wats” nie. “Cra­vat” in En­gels.

Ja, na­tuur­lik is daar nog men­se wat dit dra. Dit is soos ’n das, maar báie def­ti­ger. ’n Lap­pie wat om die nek ge­dra en los­se­rig by ’n oop­nek­hemp in­ge­steek word. Met­ter­tyd het ek op­hou skerm vir

Matt en vir kra­wat­te in die al­ge­meen. Ek is nie die in­ter­na­si­o­na­le woord­voer­der of kamp­veg­ter vir kra­wat­te nie. En ek is re­de­lik se­ker nie ek óf Matt gaan ooit die man­ne in my huis oor­tuig kry om ’n kra­wat te dra nie. Al wat ek reg­ge­kry het, is om vir hul­le ’n nu­we woord te leer.

Kra­wat. ’n Krag­woord vir my. ’n Ont­hou­woord. ’n Huil­woord. ’n T­reur­woord.

Want sien, ek het ook eens op ’n tyd — so lank­al­te­rug dat ek soms suk­kel om die de­ka­des te tel — ’n pa ge­had. Hy was die grootste deel van sy le­we ’n boer. Een met grow­we han­de, wit be­ne en bruin­ge­bran­de arms.

Ie­mand wat nie erg ge­had het aan kla­ter­goud of Blink S­te­faan­se nie. Een wat vlot Sotho, Ven­da en Tson­ga kon praat, en Ge­lof­te­fees­diens­te en boe­re­ver­e­ni­ging­ver­ga­de­rings by­ge­woon het. Een wat Kent gij dat volk? se woor­de tot aan die ein­de ge­ken het, en ure lank langs die vis­wa­ter op ’n kam­peer­stoel­tjie kon sit.

Maar ook ie­mand wat hom nie in ’n bok­sie laat sit het nie. Want dié boer het ook kuns­ga­le­rye be­soek, rak­ke vol dik En­gel­se boe­ke ge­had, klas­sie­ke mu­siek ge­luis­ter, en ’n storm in die kom­buis los­ge­kook.

En ’n kra­wat ge­dra as die ge­leent­heid hom voor­doen. Die een en­ke­le een wat hy ge­had het: ’n Brui­ne­ri­ge sy­kra­wat met ’n pais­ley-pa­troon op. Een wat om sy nek was van Al­l­days se boe­re­saal tot Man­hat­tan se Bro­ad­way.

Soms won­der ek wat van my pa se pais­ley-kra­wat ge­word het, maar ek is te bang om te vra.

Die man­li­ke le­de van my groot­word­ge­sin is nie kra­wat-men­se nie. Ek wil as­se­blief tog nie hoor dat nie­mand weet nie. Of dat ie­mand dit weg­ge­smyt het.

Dan eer­der stil­bly en bin­ne­toe ween elke keer as Matt P­re­ston op die skerm ver­skyn.

Kra­wat . . . Krag­woord. Ont­hou­woord. Huil­woord. T­reur­woord. Die hart­seer­ste woord in my hele woor­de­boek.

‘‘ My pa was ’n boer. Een met grow­we han­de, wit be­ne en bruin arms. En hy het soms ’n kra­wat ge­dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.