Ek wil nie al­mal se ‘oom’ of ‘oom­pie’ wees

Volksblad - - Kommentaar -

E.P. Nel, T­heu­nis­sen

Die aan­spreek­vorms “me­neer” en “oom” is jare ge­le­de al in Volks­blad be­spreek.

Ek vra nou maar weer: Is “oom” nie ie­mand in jou fa­mi­lie nie?

Die man wat met jou pa se sus­ter­ge­troud is, is mos jou oom.

Maar dees­dae in win­kels en op straat is ’n mens weer al­mal se oom.

En dit bly nie net by “oom” nie. Dis nou som­mer ook “o­mie”, “oom­pie”, “ou­pa” en “ou­pa­tjie”. Sel­de hoor ’n mens “tan­nie”, “tan­nie­tjie”, “ou­ma” of “ou­ma­tjie­”.

Dit is se­ker maar om­dat die mees­te vroue ge­steld is oor aan­spreek­vorms.

Ek dink nie die aan­spreek­vorm “oom” dui op re­spek nie. Dit is som­mer net ’n ge­woon­te.

Dit is net soos men­se wat me­kaar groet en dan da­de­lik vra: “Hoe gaan dit?”

Dit is ook maar net ge­woon­te. As men­se werk­lik wil weet hoe dit met jou gaan, sal hul­le bly staan, jou in die oë kyk en luis­ter. Dit ge­beur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.