Ka­bous wil dat die land van boe­re leer

Volksblad - - Voorblad - Oop Kaar­te

Die vrees­aan­ja­en­de ding vir boe­re in SuidA­fri­ka is hul­le weet na­der­hand nie eint­lik meer wie die vy­and is nie, sê Ka­bous Mei­ring, nu­we aan­bie­der van Me­gaBoe­re.

Suid-A­fri­ka is be­sig om baie vin­nig te ver­an­der en boe­re is die men­se na wie ons moet kyk om te sien hoe ons moet aan­pas.

Dít is dan ook hoe­kom die vyf­de reeks van kykNET se Me­gaBoe­re ’n nu­we klem het, sê Ka­bous Mei­ring.

“In die ver­le­de was die klem op me­gaboe­re – boe­re wat ’n baie groot om­set en dik­wels ook groot pla­se het.

“In die nu­we reeks is daar ook me­gaboe­re, maar ons het be­sef daar moet ’n klem­ver­skui­wing kom om­dat SuidA­fri­ka be­sig is om baie vin­nig te ver­an­der. Boe­re is eint­lik die ou­ens wat weet hoe om aan te pas.

“Die uit­druk­king ‘ ’n boer maak ’n plan’ is na­tuur­lik iets wat ’n mens nou nog­al ter har­te neem, want ’n mens sién dit. Ons het nou die dag ’n boer be­soek en toe sê ek vir hom dit voel vir my a­sof ’n mens vir hom ’n pro­bleem kan bring en hy gaan dit op­los.

“Hul­le fi­lo­so­fie is net dat hul­le lief is vir Suid-A­fri­ka en hier wil bly, maar hul­le be­sef daar is uit­da­gings en hul­le pro­beer die heel­tyd kyk hoe om plan­ne te be­raam om dit te bo­we te kom, en dit is na­tuur­lik baie in­spi­re­rend.

“S­te­ve Mo­ha­le, een van die boe­re wat ons be­soek het, het by­voor­beeld net 300 ha. Hy het sy grond ge­kry by Mod­ja­dji, die Re­ën­ko­nin­gin, want hy­self is deel van haar stam.

“Hy het gaan vra of hy die grond kan kry na­dat hy ge­sien het hy kan boer, want hy het ge­leer by men­se soos Tom­mie van Zyl, die groot ta­ma­tie­boer in daar­die om­ge­wing.

“So hy het gaan aan­klop by men­se en hul­le het vir hom ge­leer en hy be­sing hul­le lof ver­skrik­lik.

“Dis die an­der wan­per­sep­sie – dat boe­re on­toe­gank­lik is. Maar hul­le is ón­ge­loof­lik toe­gank­lik; dis nog­al iets wat ons ag­ter­kom.

“S­te­ve is ge­wel­dig pro­duk­tief met hier­die 300 ha van hom en hy help ook nou die klei­ner be­staans­boe­re in die om­ge­wing.

“Hoe hy hul­le help, is dat hy ’n oor­een­koms het met die ver­voer­maat­skap­py wat hy ge­bruik dat die be­staans­boe­re op sý on­kos­te hul­le pro­duk­te vir die mark kan le­wer.

“Dit is nou maar net ’n voor­beeld van ie­mand wat met min grond, wat nie eens in sy naam is nie, reg­tig help met kos­voor­sie­ning.”

Die ge­sprek be­weeg na die kwes­sie van grond­ont­ei­e­ning in Suid-A­fri­ka.

“Ons was by Da­wie Jou­bert, ’n boer in Zim­bab­we, waar dit ’n groot kwes­sie was. Hul­le het hul grond reeds ver­loor en hul­le het toe ten ty­de van die ont­ei­e­ning on­der­han­del en ge­vra of hul­le nie net as­se­blief hul klein­ste plaas kan be­hou nie.

“Dit was na­tuur­lik ’n ge­wel­di­ge trau­ma­tie­se pro­ses vir hul­le. Hul­le moes baie vin­nig uit hul­le hoof­huis en hoof­plaas op­pak en waai en hul­le kon nie eens al­les op­pak nie.

“Toe het hul­le be­gin boer op die klein­ste pla­sie en wat hul­le daar ver­rig, is on­ge­loof­lik. Hul­le het be­sluit om met ma­ka­da­mi­as te be­gin boer, want dit is baie wins­ge­wend. Hul­le was bees­boe­re en daar­mee het hul­le op ’n klei­ner skaal voort­ge­gaan.

“Hul­le wou nie te veel praat oor die trau­ma waar­deur hul­le is nie, want hul­le is steeds in die pro­ses­se om hul grond te pro­beer te­rug­kry.

“Hul­le pro­beer ’n baie goeie ver­hou­ding met die nu­we re­ge­ring hand­haaf. Dís die soort din­ge wat my in­spi­reer – hul­le wil só graag hul­le plaas te­rug­kry. Hul­le het ’n ge­wel­dig in­spi­re­ren­de fi­lo­so­fie.

“Da­wie sê hul­le het ge­wik en weeg of hul­le na Suid-A­fri­ka of Aus­tra­lië toe moet gaan en dit was ’n baie span­nings­vol­le tyd.

“En toe het een of an­der men­tor daar aan­ge­kom by hul­le huis op ’n Son­dag­aand en met hul­le ge­sels en vir hul­le ge­sê die bes­te ding om nou te doen is om ’n be­sluit te neem.

“En as jy be­sluit het jy bly, dan bly jy. Hul­le het toe be­sluit om te bly en nooit weer ge­wik of weeg nie.

“Ek het daar per­soon­lik be­sef dat ’n mens nie som­mer Zim­bab­we en SuidA­fri­ka moet ver­ge­lyk nie, want dit is na­tuur­lik twee ver­skil­len­de po­li­tie­ke stel­sels.

“Ek dink die vrees­aan­ja­en­de ding in Suid-A­fri­ka, wat ons op­ge­tel het, is jy weet na­der­hand nie eint­lik meer wie die vy­and is nie.

“Hul­le ver­trou tog wat in die par­le­ment ge­beur en die grond­be­raad was ui­ters suk­ses­vol en daar is die reg­te goed ge­sê, maar die boe­re is nie heel­te­mal se­ker wat gaan ge­beur nie, daar is ’n ge­voel van on­se­ker­heid hoe­wel hul­le goeie kom­mu­ni­ka­sie­ka­na­le met Cy­ril Ra­map­ho­sa het of dan nou met al die land­bou-or­ga­ni­sa­sies.”

Ek vra haar uit oor die ste­re­o­ti­pe be­skou­ing dat som­mi­ge boe­re hul wer­kers swak be­han­del.

“Ek moet op­pas om die ding nie te ver­ro­man­ti­seer nie, want ek kan nog­al mee­ge­sleur raak; ek wil om elke hoek en draai ’n goeie Suid-A­fri­ka­ner gaan pro­beer uit­krap.

“Maar ek het nog nie een boer teen­ge­kom wat nie be­sef hoe be­lang­rik sy wer­kers is nie. En hier en daar is daar goe­ters wat jou hart so ver­mur­we.

“Die groot ding wat ek as ’n stads­mei­sie ag­ter­ge­kom het, is ons het ’n ge­neigd­heid om woor­de soos ‘pa­tro­ni­se­rend’ rond te gooi en wan­neer jy op ’n plaas kom . . .

“Die teen­deel is vir my oor en oor be­wys. Daar is ’n on­ge­loof­li­ke on­der­lin­ge re­spek, iets van ’n kol­le­gi­a­le ver­hou­ding tus­sen die boe­re en hul­le wer­kers.

“Op een plaas, waar ek ge­dink het die boer is nog­al kon­ser­wa­tief, was die hoof­wer­ker, die plaas­be­stuur­der, am­per die pa­tri­arg. Hy het die boer se naam in ’n ver­klein­vorm ge­bruik; sy naam is Ni­co en die be­stuur­der praat van ‘klein Nie­kie’, want dis die seun wat nou oor­ge­neem het.

“So daar was vir my ’n groot ka­me­ra­de­rie am­per. Dit be­te­ken nie daar is nie ’n hi­ë­rar­gie­se struk­tuur nie, maar daar is de­fi­ni­tief baie lief­de son­der die pa­tri­ar­gie waar­mee ons, van ’n bui­te­blik af, groot­ge­word het.”

Sy bly ’n oom­blik stil.

“Ons was in Na­mi­bië, in Zim­bab­we en in Zam­bië. Ons gaan mô­re Vry­staat toe. Ons was in Ko­ma­ti­poort en ons was in Mo­ko­pa­ne en in T­za­neen en ons was in die Kaap.

“Ons is nou be­sig met die 64ste e­pi­so­de van die reeks, so daar is baie goeie boe­re, al klink dit a­sof ek dit oor­ro­man­ti­seer.”

Ons praat oor die mis­daad waar­aan boe­re bloot­ge­stel word.

“Ek vind die af­ge­lo­pe paar jaar was men­se dik­wels bang om te praat oor mis­daad, want dis ’n ge­laai­de on­der­werp. Maar op die oom­blik er­vaar ek­self ’n ge­wel­di­ge mis­moe­dig­heid daar­oor.

“Dis vir my bít­ter sleg dat mis­daad so hoog­ty vier en dat die land so ge­weld­da­dig is; selfs nou met huis­ro­we, ver­krag­ting, pad­woe­de – you na­me it.

So ek dink dit sou to­taal na­ïef wees om dit te ont­ken as jy by ’n boer kui­er en nie met ’n sim­pa­tie­ke oor daar­na te luis­ter en dit te ver­staan nie. Die boe­re ont­ken dit glad nie . . . Al die boe­re het eint­lik maar die­self­de vrees.

“Al­lan W­hy­te, die ma­ka­da­mi­a­boer in Lou­is T­ri­chardt, wat En­gels is, het vir my ge­sê as hul­le vrien­de uit A­me­ri­ka kom kui­er, is hul­le ge­skok.

“Hul­le het een aand aan die e­tens­ta­fel ’n ge­sprek ge­had en die boer het vir hul­le ge­vra: ‘So, how ma­ny pe­op­le do you know t­hat ha­ve been mur­de­red?’ En toe sê die A­me­ri­ka­ners: ‘W­hat sort of a que­s­ti­on is t­hat? We don’t know a­ny­bo­dy t­hat has been mur­de­red.’ Hy sê toe vir my: ‘I had to ans­wer I al­re­a­dy know twel­ve.’

“En dis al wat hy ge­sê het, oor ’n gin-en-to­nic. So, men­se is maar be­wus daar­van. ’n Boer in Mo­ko­pa­ne het vir my reg­uit ge­sê hul­le is soms bang, maar dit is nou maar die aard van die si­tu­a­sie.

“En dan is daar by­voor­beeld S­te­ve Mo­ha­le wie se be­sproei­ings­py­pe en e­lek­trie­se dra­de die hé­le tyd ge­steel word, so hy moet vrees­lik baie plan­ne maak om al­les on­der die grond te ge­lei. Ja, en dan is daar vee­dief­stal...

“Die pie­sang­boer Roy Plath, by wie ons ver­le­de week was, het op sy plaas van 2 000 ha in M­pu­ma­lan­ga ’n vei­lig­heids­mag van 30 men­se. Hul­le pa­trol­leer met klein Jeeps met nag­sig­toe­rus­ting op in die nag.

“So ek is ver­baas dat baie men­se so lank ge­vat het om daar­oor te praat om­dat jy dalk ge­dink het dit is dalk po­li­ties ge­laai. Dit is vér ver­by po­li­tiek.”

Sy kan nie uit­ge­praat raak oor wat boe­re vir die ge­meen­skap doen nie.

“Hul­le doen rê­rig baie vir hul dor­pe. S­te­ve Mo­ha­le het by­voor­beeld ’n wa­ter­aan­leg in­ge­sit vir sy on­mid­del­li­ke dor­pie, want hul­le het vir baie maan­de al nie wa­ter nie. En die Zim­bab­wie­se boer Da­wie Jou­bert kyk ook vrees­lik mooi na hul on­mid­del­li­ke dorp.

“Daar is boe­re in hier­die land wat op die ou ein­de so­veel van die mu­ni­si­pa­le las dra met paaie wat ge­skraap word; e­lek­tri­si­teit wat reg­ge­maak word; vul­lis­ho­pe wat op boe­re se er­we in die dor­pe is.

“Dit is baie kom­mer­wek­kend, want dit wys nou vir jou hoe die mu­ni­si­pa­li­tei­te ag­ter­uit­gaan. Maar ek weet nie hoe­veel daar­van die boe­re sal kan aan­hou dra nie.”

Ka­bous sê sy was aan­vank­lik baie skrik­ke­rig om die pos as aan­bie­der van Me­gaBoe­re te aan­vaar. “Ek was bang vir kri­tiek, om die waar­heid te sê . . . Oor die feit dat ek nie so baie van land­bou weet nie. Toe het ek ge­dink dit is eint­lik wat vir my so lek­ker is – hier is ’n kans om reg­tig net van iets te leer wat my nog al­tyd ge­ïn­te­res­seer het.

“Ek was nog al­tyd mal oor boe­re, maar ek het nooit baie van die teg­nie­se as­pek­te van boer­de­ry óf die en­tre­pre­neur­skap ge­weet nie.

“Ek vind dit só in­spi­re­rend; vir my is dit ab­so­luut le­wens­ver­an­de­rend.”

Sy lag en sê: “Dis klein goed­jies soos . . . Ek dink my huis is nou net­jie­ser. Ek dink ek hou my kar sko­ner. Ek gooi pe­trol in om geld te s­paar. Jy dink aan ’n klomp . . . Hul­le is só prak­ties.

“Ek dink hul­le het eint­lik ’n soort Zen-le­wen­styl. Dis daai ding van vir al­les is daar ’n op­los­sing; jy moet net gaan sit en dink en dit uit­werk.”

Hoe­wel sy ’n “stads­mei­sie” is wat tus­sen Kaap­stad, haar tuis­te, en haar werk in Jo­han­nes­burg as aan­bie­der van Pront­uit pen­del, won­der ’n mens (as jy hoor hoe gees­drif­tig sy oor die pas­to­ra­le le­we is) of sy nie dalk lus het om te boer nie.

“Áb­so­luut! Ek het ’n piep­klein stuk­kie grond in Ko­ring­berg [in die Swart­land] en ek het nou al ge­won­der of ek dit nie maar in ’n boord of ’n ding moet om­skep nie.

“Maar nou weet ek die grond daar is nie baie goed nie; dít het ek nou al uit­ge­vind. Nee, ek is ont­set­tend lus vir boer, maar dit sal op ’n baie klein skaal wees.

“Kyk, ek is nog al­tyd baie lief vir die na­tuur en plan­te en so aan. Ek dink daai ding dat iets op­kom en dit groei en dit word ge­pluk en uit­ein­de­lik gaan dit deur ’n sor­te­rings­pro­ses en dan word dit op ’n trok ge­laai en dan kom dit by die mark uit en dan word dit ver­pak. Dit is ón­ge­loof­lik op­win­dend.”

Die nu­we reeks van Me­gaBoe­re be­gin op 9 Januarie op kykNET en be­staan uit 14 e­pi­so­des.

Ka­bous Mei­ring ge­sels met Lor­na Jou­bert op haar en haar man, Da­wie, se plaas in Zim­bab­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.