Kof­fie­fon­tein-on­rus raak swan­ger vroue

Am­bu­lan­se nie toe­ge­laat om hul­le op te laai

Volksblad - - Voorblad - C­heré­ne Pie­naar

Vroue in Kof­fie­fon­tein wat ge­boor­te moet skenk word in ’n kri­sis ge­dom­pel ter­wyl die on­rus in die dorp by die dag ver­er­ger.

“Kan die am­bu­lan­se nie maar toe­ge­laat word om te ry nie? Hier is ’n klomp swan­ger vroue en siek­li­ke men­se. Nou is ie­mand in kraam en jy kan nie deur­kom nie. Hoe maak jy met so ’n si­tu­a­sie?” vra Dol­ly Remm­ley, ’n in­wo­ner van Rooi­bult, op Kof­fie­fon­tein se ge­meen­skaps­groep op Facebook.

Ver­skeie mam­mas wat Maan­dag­aand in Ja­gers­fon­tein ge­boor­te ge­skenk het, is daar­na deur die am­bu­lans by ’n vul­sta­sie in Kof­fie­fon­tein af­ge­laai om­dat die voer­tuig nie deur die op­roer­ma­kers kon be­weeg nie.

Am­bu­lan­se is ook nie in buur­te soos Rooi­bult, Dit­la­ke en Don­ker­hoek toe­ge­laat om swan­ger vroue in nood op te laai nie.

Da­nie Mul­ler, ’n mo­tor­werk­tuig­kun­di­ge wat ’n werks­win­kel in die dorp het, het Woens­dag­aand net voor mid­der­nag ’n hoog­swan­ger vrou by die po­li­sie­kan­toor op­ge­laai en na Ja­gers­fon­tein, on­ge­veer 67 km ver, ge­neem om­dat die dorp se kli­niek reeds ’n week lank ge­sluit is.

Die vrou het glo reeds kraam­py­ne ge­had en ’n er­ge in­fek­sie op­ge­doen.

Mond­li M­vam­bi, woord­voer­der van die Vry­staat­se ge­sond­heids­de­par­te­ment, kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Kof­fie­fon­tein het se­dert Maan­dag boon­op geen wa­ter nie weens ’n stuk­ken­de wa­ter­pyp.

“Geen krag, geen brood, geen melk, geen pe­trol,” sê ’n an­der in­wo­ner wat anoniem wil bly.

Hoe­wel die brug Woens­dag ná drie dae se ver­sper­ring weer oop­ge­stel is, is al­le on­der­ne­mings, in­slui­tend die dorp se vul­sta­sies, uit vrees vir ska­de steeds ge­sluit.

Dins­dag is Hap & Tap, ’n ge­wil­de ta­ver­ne in M­cDo­nald­straat, af­ge­brand deur­dat ’n pe­trol­bom daar­heen ge­slin­ger is.

Di­an Ba­den­horst, ei­e­naar van die Op­pi Hoe­kie-slag­huis, kry nou drei­ge­men­te dat sy on­der­ne­ming ook af­ge­brand sal word as hy sy deu­re oop­maak.

Hy het 45 men­se wat vir hom werk wat nou son­der ’n in­kom­ste by die huis sit.

Hy meen die in­wo­ners is in die si­tu­a­sie om­dat T­han­di­we Re­a­cha­ble, die bur­ge­mees­ter, nie wil be­dank nie. Ba­den­horst sê niks word vir die ar­mes ge­doen nie en dit is hoe­kom die men­se in op­stand is.

Johna­tan Barnes, DA-raads­lid in die dorp, sê nog geen raads­ver­ga­de­ring is ge­hou om die si­tu­a­sie te be­spreek nie.

“Ons doen eg­ter ons bes om dit vreed­saam op pro­vin­si­a­le vlak te ont­lont en druk op die ANC uit te oe­fen.”

“God­dank daar is nog nie le­wens­ver­lie­se nie.”

Die ANC-ge­dre­we ge­meen­skaps­groep Con­cer­ned Group De­mands het ’n me­mo­ran­dum aan die land­dros ge­rig oor hoe die po­li­sie die be­to­gers be­han­del het. Hul­le wag nog op re­ak­sie.

Die groep wil hê die bur­ge­mees­ter, as­ook vier an­der wyk­raads­le­de, moet af­ge­dank word.

Myn­wer­kers ver­ga­der glo van­dees­week oor of die plaas­li­ke myn vroeg moet sluit weens die ge­brek aan wa­ter en om­dat wer­kers weens die on­lus­te tuis bly. Teen druk­tyd kon dit nie met die Pe­tra Di­a­monds-myn be­ves­tig word nie.

Hap & Tap, die ge­wil­de ta­ver­ne in Kof­fie­fon­tein wat deur C­hi­ne­se be­sit word, is Dins­dag met ’n pe­trol­bom af­ge­brand. An­der sa­ke-ei­e­naars in die dorp word nou met die­self­de lot ge­dreig, sou hul­le dit waag om hul deu­re te o­pen.

Fo­to: VERSKAF

M­cDo­nald­straat in Kof­fie­fon­tein waar­in die Hap & Tap-ta­ver­ne ge­leë is, het ver­al deur­ge­loop in die on­lus­te. Dié huis is oor­kant die ta­ver­ne wat Dins­dag af­ge­brand is.

Fo­to: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.