Na­ka: Vrae oor die po­li­sie-on­der­soek

Volksblad - - Voorblad - And­rea K­ü­sel

Die po­li­sie on­der­soek be­we­rings van na­la­tig­heid in die han­te­ring van die mis­daad­to­neel waar Na­ka Drot­ské, oud-S­pring­bok-ha­ker en C­hee­tah-af­rig­ter, raak­ge­skiet is.

A­friForum het Woens­dag ’n brief aan die po­li­sie se Tshwa­neOos-groe­pe­ring ge­skryf waar­in hy ver­skeie be­kom­mer­nis­se op­per oor hoe dié to­neel han­teer is.

Dit sluit in dat die to­neel nie vol­doen­de af­ge­ba­ken is nie en dat ver­suim is om ver­dag­te voet­spo­re te i­den­ti­fi­seer voor­dat po­li­sie­le­de die to­neel be­tree het.

“Po­li­sie­le­de het op die to­neel ge­rook ter­wyl be­wys­stuk­ke ag­ter­ge­laat of oor­ge­sien is,” lui die brief.

A­friForum skryf ook die po­li­sie het die oud-S­pring­bok Os du Randt, wat saam met Drot­ské was ty­dens die aan­val, ge­vra om die koe­ëls wat in die hos­pi­taal uit Drot­ské ver­wy­der is by hom te hou so­dat die po­li­sie dit la­ter by hom kon af­haal.

“Ver­der het die po­li­sie nie ook die kle­re wat Drot­ské ty­dens sy wor­ste­ling met die aan­val­lers aan­ge­had het by die on­der­soek in­ge­sluit nie.”

Genl.maj. An­dré Wie­se, be­vel­voer­der van die Tshwa­ne-Oos­groe­pe­ring, het gis­ter be­ves­tig hy het dié brief ont­vang.

“Ons neem kennis van die kom­mer oor die han­te­ring van die to­neel. Ons on­der­soek dit. As daar wel na­la­tig­heid was, sal dit aan­dag kry.”

Wie­se sê hy het met Drot­ské se fa­mi­lie ge­praat. “Ek was ook reeds in ge­sprek met die po­li­sie­be­amp­tes wat op die to­neel was.”

Twee koe­ëls het Drot­ské ver­le­de Don­der­dag­aand ge­tref in ’n aan­val op sy broer, Ti­nus, se huis in Ka­meel­drift bui­te P­re­to­ria.

Een van die koe­ëls het sy elm­boog ge­tref en is toe deur sy arm by sy bors in. Die an­der koe­ël het hom in die maag ge­tref en ver­oor­saak dat sy dun­derm lek.

Hy het Maan­dag ’n o­pe­ra­sie van vier uur aan sy reg­ter­arm on­der­gaan. Dit is die twee­de groot o­pe­ra­sie op hom in min­der as ’n week in die Ne­t­ca­re Mon­ta­na-hos­pi­taal in P­re­to­ria.

Ti­nus het gis­ter op Ja­ca­ran­daFM se ont­byt­pro­gram ge­sê dit gaan goed met Drot­ské.

“Gis­ter (Woens­dag) was die eer­ste keer wat ek by hom kon in­gaan. Hy is in i­so­la­sie om­dat hul­le bang is vir bak­te­rieë en in­fek­sie. On­der die om­stan­dig­he­de vaar hy goed. Hy is ’n ys­ter. Hy sal deur­trek.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.