Pers­om­bud groet

Jo­han Re­tief tree eers­daags af as om­buds­man van die Pers­raad.

Volksblad - - Voorblad - Jo­han­na van Ee­den

St. He­le­na­baai se glad­de wa­ters wink. Dís waar­heen dr. Jo­han Re­tief (67) vol­gen­de jaar ver­huis wan­neer hy plek maak vir ’n nu­we pers­om­buds­man.

Dis ’n Maan­dag­og­gend. Bui­te­kant eb en vloed Jo­han­nes­burg se ver­keer. Re­tief sit in ’n piep­klein grys kan­toor­tjie in die Burn­si­de Is­land-kan­toor­ge­bou en kyk te­rug oor sy loop­baan. Dis eint­lik sy eer­ste dag van ver­lof, maar hy het spe­si­aal in­ge­kom vir die on­der­houd.

Van­daar die plak­kies? Re­tief lag uit sy maag uit. Plak­kies is sy ge­wo­ne kan­toor­drag. Hy ver­pes skoe­ne. As hy ’n be­lang­ri­ke ver­ga­de­ring moet by­woon, trek hy eers skoe­ne aan kort voor die eer­ste a­gen­da­punt.

As pers­om­buds­man moes hy row­we wa­ters na­vi­geer. S­torms pro­beer stil­maak. Om die pu­bliek se klag­tes teen die me­dia te han­teer, is ’n on­stui­mi­ge werk wat jou mak­lik kan mee­sleur. Maar Re­tief was nog nooit ie­mand wat saam met die stroom ge­swem het nie.

Vis­ser van men­se

In sy eer­ste loop­baan was hy ’n vis­ser van men­se. Re­tief het te­o­lo­gie aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) stu­deer, waar hy ook ’n dok­tors­graad ver­werf het. Hy het groot­ge­word in die NG Kerk. “My ou­pa en een van my ooms was ook NG pre­di­kan­te ge­wees.”

Sy jare as tok­ke­lok was ’n draai­punt. “Op S­tel­len­bosch het ek be­gin dink vir my­self,” sê hy.

Daar in die Ei­ke­stad, in sy twee­de stu­die­jaar, in 1971, kry hy hel­der­heid. Soos ’n ont­dek­kings­rei­si­ger wat jare lank soe­kend op die see­wa­ters was en skie­lik land sien.

Hy’t ’n boek van die A­me­ri­kaan­se pre­di­ker en ak­ti­vis Mar­tin Lut­her King Ju­ni­or ge­lees. “Daai boek het al­les aan die gang ge­sit.”

Die ti­tel kan hy nie meer ont­hou nie. En dit was nie net die inhoud van die boek wat hom tus­sen die ne­wels soos ’n mis­ho­ring be­reik het nie. Dit was ook die skry­wer.

“Ek het op Mon­ta­gu groot­ge­word. Daar was daar­die jare geen swart men­se nie. Geen kon­tak nie. Ash­ton het so ’n klein swart ge­bied ge­had . . . Dit was vir my ’n ver­ras­sing om te sien dat ’n swart mens hoe­ge­naamd ’n boek kon skryf . . . Dis hoe ek groot­ge­word het.”

Vír die kerk, téén die staat

Sy in­ner­li­ke stryd oor sy stu­die­veld en sy le­we vier­kant ge­an­ker in ’n a­part­heid­staat, het ’n keer­punt be­reik toe te­o­lo­gie­te­o­rie en -prak­tyk moes ont­moet. Toe weet hy “hier is die streep in die sand”.

Hy het ’n uit­ge­spro­ke teen­stan­der van a­part­heid ge­word. “My wit vrien­de het my al­mal ver­laat. En baie van my fa­mi­lie ook. Hul­le het my as ’n ver­raai­er be­skou . . .” Sy ken­mer­ken­de hees stem – hy suk­kel al jare met spas­tie­se stem­ban­de – klink vir split­se­kon­des nóg sag­ter. “Dit was ver­skrik­lik moei­lik ge­wees.­ My ou­ers was ul­tra-NP’s . . .”

Re­tief het nie ’n mak­li­ke pad ge­kies nie. Vír die kerk. Téén die staat. Dit was ’n haas on­houd­ba­re si­tu­a­sie, ver­al toe hy boon­op in 1977 vir diens­plig op­ge­roep is.

Ná twee jaar as diens­plig­ka­pe­laan is hy in 1979 Ma­la­wi toe om by ’n kweek­skool klas te gee. “Daar het ek fi­naal be­sluit a­part­heid is ver­keerd en on­by­bels.”

Dit het ge­lei tot sy be­dan­king uit die NG Kerk en sy aan­slui­ting as lid­maat van die NG

Sen­ding­kerk in 1981.

Hy het ’n be­roep ge­kry na ’n ge­meen­te in S­wel­len­dam, maar was weens sy be­dan­king uit die kerk nie be­roep­baar nie. Toe le­gi­mi­teer die NG Sen­ding­kerk hom wéér en word hy Sen­ding-kerk­pre­di­kant.

Tus­sen-in is hy tel­ke­ma­le deur die weer­mag op­ge­roep vir kam­pe. Elke keer het hy laat weet hy is “te be­sig” of “het goed aan”. Tot­dat hy een­dag die moed ge­kry het om vir die hoof­ka­pe­laan in die Kas­teel in Kaap­stad te gaan sê hy lieg eint­lik. “Ek het ge­sê ek het ’n be­gin­sel­be­sluit ge­neem en hy kan my maar tronk toe stuur. Ek sal nie weer in daar­die u­ni­form dien nie . . .”

Hy het pront­uit ge­wei­er om grens­diens te doen en is toe ge­vra of hy ’n lid van S­wa­po is. “Toe sê ek ek is nie ’n in­ge­skre­we lid van S­wa­po nie, maar so­ver dit hul oor­log aan­gaan, on­der­steun ek hul­le . . .”

Re­tief sê hy is “in stil­te aan­ge­kyk vir iets wat soos ’n uur ge­voel het” en ’n of­fi­sier het selfs aan­ge­bied om hom “te vat”. Maar hy is toe nooit tronk toe nie en is ook nie weer vir ’n kamp op­ge­roep nie.

Op aan­be­ve­ling van eerw. Alan Boe­sak, het hy dié daar­na op­ge­volg as stu­den­te­pre­di­kant van die Sen­ding­kerk op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van Wes-Kaap­land.

Toe kom 1989. Jaar van traan­rook en klop­jag­te en Re­tief wat ak­ti­vis­te in sy woon­stel ver­steek om hul­le teen die vei­lig­heids­po­li­sie te be­skerm – hy­self steeds ver­stren­gel in die fyn­ge­weef­de

sleep­net van staat én kerk. Ver­ruil Woord vir woor­de Dis tóé dat hy be­sluit het om fi­naal die be­die­ning te ver­laat. Re­tief het die Woord vir woor­de ver­ruil en ’n joer­na­lis ge­word. “Ek het ge­hou van skryf. Ek kon niks an­ders doen nie. Dit was ’n lo­gie­se stap.”

Sy eer­ste pos was as re­dak­teur van die Her­ma­nus Ti­mes. “Dit was ver­skrik­li­ke har­de werk ge­wees. Ek het nog nooit in my le­we so hard ge­werk soos in daar­die eer­ste maan­de nie, maar ek het dit baie ge­niet.”

La­ter het hy Die Bur­ger se kerk­sa­ke­ver­slag­ge­wer ge­word en nóg la­ter die twee­de Ry­kie van Ree­nen-ge­noot. Dié ge­noot­skap be­hels dat ’n Me­dia24-joer­na­lis vir ’n jaar gaan klas­gee by die US se joer­na­lis­tiek­de­par­te­ment.

Te­rug op S­tel­len­bosch, waar hy voor­heen met die reg en ver­keerd van a­part­heid ge­wor­stel het, het Re­tief hom in­ge­gra­we in die grys ge­bied van me­dia-e­tiek en Me­dia E­thi­cs: An In­tro­ducti­on to Re­spon­si­ble Jour­na­lism ge­pu­bli­seer.

Ná die ge­noot­skap is hy vir ’n jaar te­rug see toe. Her­ma­nus toe, waar hy so tus­sen-in ook sy lyf bie­tjie ei­en­doms­a­gent ge­hou het.

Wie kort be­sker­ming?

En toe, so ne­ge jaar ge­le­de, sien hy die pos vir ad­junk-om­buds­man en be­sluit hiér kan hy ’n ver­skil maak. Hy is la­ter be­vor­der tot om­buds­man.

Deur al­les was daar één stand­vas­tig­heid: Bet­sie, sy skool­k­ys van 1969 wat in 1975 sy vrou ge­word het. “Ons is sáám deur al­les, stap vir stap . . .”

Die Re­tiefs het drie kin­ders, wat hul­le “kleur­blind groot­ge­maak het”. Die kin­ders was hul tyd ver voor­uit. “Ek het hul­le voor­be­rei op die nu­we Suid-A­fri­ka nog lank voor Suid-A­fri­ka nuut ge­word het.”

Koos (41) is hoof van na­tuur­be­wa­ring in Mil­ner­ton, Vil­joen (39) is ’n san­ger en bly in die Moe­der­stad en E­li­za­beth (37) is ver­bon­de aan die El­ka­nah- pri­va­te sko­le in die Kaap. Dís hoe­kom sy hart so met ’n punt suid trek.

Re­tief het in Ok­to­ber aan­ge­kon­dig hy gaan sy pos as pers­om­buds­man in 2019 ont­ruim. Sy kern­taak was “om die me­dia teen die pu­bliek te be­skerm en die pu­bliek teen die me­dia”.

Het een par­ty meer be­sker­ming no­dig as die an­der? Hy het oor ne­ge jaar re­kord ge­hou van sy be­vin­dings en sê “dis jaar­liks so 50/50 . . . hul­le ver­dien ge­ly­ke be­sker­ming!”

Die vreemd­ste klag­te nog was van ’n vrou van K­lerks­dorp wat ge­vra het hy moet iets doen aan die bu­re se hond wat son­der op­hou blaf.

“Toe het ek bie­tjie oor die saak ge­dink en die vol­gen­de dag be­sef sy het ge­lees ek is ’n ‘wa­t­chdog’. Ek skryf toe vir haar te­rug ‘You are bar­king up the wrong tree’ en ver­wys haar na die plaas­li­ke mu­ni­si­pa­li­teit!”

Daar was ook tal­le moei­li­ke klag­tes. “Me­dia-e­tiek

is soos al­le an­der e­tiek,” ver­dui­de­lik hy. “Dis baie sel­de swart of wit. In­dien ooit.”

Sy werk was om te kyk na ál­bei kan­te van die saak, ver­dui­de­lik hy, ter­wyl sy han­de weeg­skaal maak. Sy be­slis­sings was nie al­tyd ge­wild nie. “Maar dis nie ’n ge­wild­heids­kom­pe­ti­sie nie. Daar is al­tyd ie­mand wat vir jou kwaad is en jy moet leer om daar­mee saam te leef . . . Een ding waar­van jy my nié kon be­skul­dig nie, was voor­oor­deel en on­bil­lik­heid.”

An­der kant van die sto­rie

Die oor­sprong van die mees­te van die klag­tes téén joer­na­lis­te kan te­rug­ge­voer word na een van die ba­sie­se be­gin­sels van dié be­dryf – die ge­leent­heid om jóú kant van die sto­rie te ver­tel.

“Dis drie goed: Ek is nie ge­vra vir kom­men­taar nie. Ek is ge­vra vir kom­men­taar, maar te min tyd ge­gee om dit te doen. Of ek is ge­vra vir kom­men­taar, maar hul­le het die ver­keer­de vrae ge­vra.”

Die an­der pro­bleem wat toe­ne­mend voor­kom, is die ver­sprei­ding van vals nuus, ver­al waar iets op so­si­a­le me­dia ge­sê is en dan as die waar­heid voor­ge­hou word.

Ver­trou men­se nog koe­ran­te? Re­tief weeg die vraag voor­dat hy antwoord: “Ja-nee!”

Sy grootste kom­mer oor die Suid-Afrikaanse me­di­a­be­dryf is nié die re­ge­ring nie. “Die re­ge­ring se drei­ge­men­te om die me­dia te re­gu­leer is ’n ‘gog­ga maak vir ba­ba bang’-teg­niek,” sê Re­tief. Die blo­te feit dat klag­tes oor sy ta­fel ge­kom het van men­se met van­ne soos Zu­ma, Man­ta-she, Du­ar­te en Ma­gas­hu­le, wys die stel­sel wérk.

Die grootste be­drei­ging vir die me­dia, sê Re­tief, is geld. Weens fi­nan­si­ë­le druk word nuus­kan­to­re land­wyd klei­ner, er­va­re ver­slag­ge­wers­word nie meer aan­ge­stel nie en toe­ne­mend af­ge­lê­en min­der er­va­re men­se moet on­der er­ge tyds­druk werk. En uit­ein­de­lik val die stan­daar­de . . .

Dis een van die re­des waar­om die Pers­raad daar­op fo­kus om joer­na­lis­te deur­lo­pend op te lei. Na­vor­sing van die raad dui daar­op dat net 5% van joer­na­lis­te by­voor­beeld nog ooit deur die Pers­ko­de ge­lees het.

Re­tief hoop om in die toe­koms steeds op vry­skut­grond­slag be­trok­ke te wees by die op­lei­ding van joer­na­lis­te.

Het hy raad vir sy op­vol­ger? “Jy moet met jou ge­we­te kan saam­leef,” sê Re­tief. Koers­vars tot op die ein­de.

Hy hoop om teen ein­de Fe­bru­a­rie in St. He­le­na­baai te wees. “Ek gaan te­rug na waar ek hoort. As ek kans kry, is ek op of in die wa­ter.”

Stil, glad­de wa­ter. Son­der die jop­pels van die me­di­a­see.

Van Ee­den is ’n vry­skut­joer­na­lis.

Fo­to: JO­HAN­NA VAN EE­DEN

Dr. Jo­han Re­tief, uit­tre­den­de om­buds­man van die Pers­raad van Suid-A­fri­ka. Hy sê die om­buds­man se kern­taak is om die pu­bliek teen die me­dia te be­skerm en die me­dia teen die pu­bliek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.