Vee­die­we teis­ter boe­re

Af­dan­kings by my­ne dalk re­de

Volksblad - - Voorblad - C­heré­ne Pie­naar

Vee­boe­re in die Vry­staat en Gau­teng het van­dees­week on­der er­ge vee­dief­stal deur­ge­loop. ’n Boer van Heil­bron het meer as 60 lam­mer­ooie ver­loor.

By Oran­je­vil­le en Heil­bron in die Vry­staat en Fo­ch­vil­le in Gau­teng is drag­ti­ge SA vleis­me­ri­no-ooie in groot ge­tal­le ge­steel. Dié ras speel vol­gens die SA Vleis­me­ri­no- (SAVM) ge­noot­skap ’n ui­ters be­lang­ri­ke rol in die vleis- en wol­be­dryf van Suid-A­fri­ka en Aus­tra­lië.

“Die og­gend as jy op­staan, die dag in die oë kyk en jy ont­dek 65 van jou lam­mer­ooie is ge­steel, dis dan wan­neer jy ’n laag­te­punt in jou le­we be­reik,” sê Ber­tus van der West­hui­zen van TLU Vry­staat.

Hy het T­heuns Fou­rie, ’n boer van Heil­bron, se si­tu­a­sie ver­dui­de­lik na­dat dié boer gis­ter­og­gend be­steel is.

Fou­rie boer by Heil­bron met van rooy-ska­pe, ’n skaars ras.

In die Fo­ch­vil­le-dis­trik, waar trop­pe van dié ska­pe op­ge­laai en ge­steel is, ver­moed die boe­re die men­se wend hul­le tot dief­stal om­dat hul­le deel uit­maak van die 3 000 myn­wer­kers wat die laas­te paar dae be­toog en son­der be­ta­ling moet klaar­kom.

Die wer­kers by die South Deep- en Si­ba­nye S­til­l­wa­ter­myn be­toog oor sa­la­ris­se en die 1 005 mans wat af­ge­lê is.

“Nou is hul­le in De­sem­ber son­der ’n sa­la­ris, en dit is waar ons pro­bleem lê. Die men­se is hon­ger,” sê Ja­co Tau­te, voor­sit­ter van die in­ter­pro­vin­si­a­le vee­dief­stal-voor­ko­mings­fo­rum.

Hy het ’n be­roep op boe­re ge­doen om hul vee te laat merk en hul pa­trol­lie­ske­du­les na deur­nag toe te ver­an­der.

“Weens er­ge e­ko­no­mie­se druk be­staan ’n te­kort aan ge­spe­si­a­li­seer­de per­so­neel. Ons sien boe­re merk steeds nie hul vee nie. Hul­le leer nie uit die fou­te van die ver­le­de nie.”

By F­reek Ja­cobs van die plaas R­he­nos­ter­fon­tein is 32 wit­kruis-me­ri­no-ooie ge­steel.

Dré S­cha­len­kamp, ’n boer van Fo­ch­vil­le, sê dief­stal in die dis­trik het die laas­te paar dae skerp toe­ge­neem. “Dit het moont­lik iets met die my­ne wat men­se af­ge­dank het te doen, maar dan is daar ook ou die­we.”

’n Klag is by die po­li­sie­kan­toor in We­sto­na­ria in­ge­dien.

Chris­to van Aard van die plaas Mid­del­pan by Oran­je­vil­le in die Vry­staat het 25 ooie, waar­van die mees­te drag­tig was, ver­loor. Hy sê die die­we het die ska­pe on­ge­veer agt ki­lo­me­ter in die nag aan­ge­jaag.

“Deur lan­de, los lan­de. Van die ska­pe is net daar ge­slag om­dat hul­le van moeg­heid ge­vrek het.”

Al­te­saam 11 ska­pe is vol­gens hom langs die pad vas­ge­maak. Hy kon hul­le ná ’n lang ge­suk­kel los­kry en die vol­gen­de mid­dag om 13:00 eers huis toe bring. “Hul po­te is erg be­seer om­dat dit so styf vas­ge­bind was.”

Fo­to: VERSKAF

Vee­boe­re in die Vry­staat en Gau­teng het van­dees­week on­der er­ge vee­dief­stal deur­ge­loop, met ’n boer van Heil­bron wat meer as 60 lam­mer­ooie ver­loor het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.