Seun be­trap by 4-ja­ri­ge mei­sie

Volksblad - - Nuus - C­hané Uys en S­har­le­ne A­gen­bag

Die po­li­sie in Beth­le­hem in die Oos-Vry­staat wag op ’n ver­slag van die de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling om te be­paal wat vol­gen­de gaan ge­beur met ’n tie­ner­seun wat na be­we­ring ’n vier­ja­ri­ge mei­sie ver­krag het.

Die 14-ja­ri­ge seun is Son­dag­mid­dag aan­ge­keer na­dat hy na be­we­ring ’n vier­ja­ri­ge mei­sie in ’n oop stuk veld in Pa­no­ra­ma, Beth­le­hem, ver­krag het.

Kapt. Z­we­li Mo­ho­be­le­li, po­li­sie­woord­voer­der, sê die seun en die vier­ja­ri­ge mei­sie woon in die­self­de straat in Pa­no­ra­ma.

Dit is eg­ter in dié sta­di­um steeds on­be­kend hoe hy die klein mei­sie­tjie van haar huis af weg­ge­lok is.

Vol­gens Mo­ho­be­le­li het twee mans wat deur die veld na­by die Me­di­cli­nic Beth­le­hem ge­stap het, op die to­neel af­ge­kom.

Hul­le het da­de­lik die po­li­sie ge­bel waar­na die seun aan­ge­keer is. Die mei­sie is na ’n hos­pi­taal ge­bring waar be­ves­tig is dat sy ver­krag is.

Die seun is la­ter on­der die sorg van sy ou­ers vry­ge­laat om­dat hy ’n min­der­ja­ri­ge is.

Die po­li­sie se een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­be­sker­ming en sek­su­e­le oor­tre­dings (GKS) on­der­soek ’n saak van ver­krag­ting.

Brig. N­kai­se Mo­le­fe, be­vel­voer­der van die Beth­le­hem-po­li­si­ë­rings­ge­bied, het ou­ers ge­waar­sku om nie hul kin­ders al­leen of on­der die sorg van an­der min­der­ja­ri­ges te laat nie.

“Jy moet te al­le tye weet waar jou kin­ders is, en be­lang­ri­ker, saam met wie jou kin­ders ge­los word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.