Die waar­de van ’n woord

Volksblad - - Kommentaar - Ver­ma­le­dy be­ne­dy

’n Keur uit die ryk­dom en ver­skei­den­heid van A­fri­kaans, verskaf deur die Woor­de­boek van die Afrikaanse Taal.

ww. (ver­he­we) Ver­vloek, ver­wens: So ’n ver­ma­le­dy­de skurk. Die ver­ma­le­dy­de pot­lood, pen, pa­pier en ink is weer “in” (Die Bur­ger).

Uit Ndl. ver­ma­le­di­jen uit La­tyn ma­le­di­ce­re “las­ter, ver­vloek”, met ma­le­di­ce­re van ma­le “kwaad” en di­ce­re “sê”.

ww. (ver­he­we)

1. Se­ën: Want ’n kind­jie is ge­bo­re/ En ’n huis ge­be­ne­dy (die dig­ter A.G. Vis­ser).

2. Prys, ver­heer­lik: Die He­re sy ge­be­ne­dy. Ma­ria, die ge­be­ne­dy­de maagd.

Uit La­tyn be­ne­di­ce­re “om te prys”, van be­ne “goed” en di­ce­re “sê”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.