Ont­dek bui­te­paaie om Mos­sel­baai

Ver­skeie Afrikaanse lied­jies roep jou jaar­liks om saam met die wit­bors­kraai te kom draai in Mos­sel­baai. Dis eg­ter die om- en bui­te­paaie wat jou bos toe vat, drui­we laat proe, stoep­sit-sto­ries laat luis­ter en met ’n die­sel­trein­tjie op ou S­poor­net-spo­re laa

Volksblad - - Naweek+ - He­leen Coert­ze.

Dié kus­dorp met sy heer­li­ke Me­di­ter­reen­se kli­maat se mu­ni­si­pa­le gren­se waai­er ’n bal­da­di­ge 60 km-ra­di­us bin­ne­land toe – noord­waarts tot teen die Ou­te­nie­kwa­ber­ge, kus­weg Gou­rits­ri­vier toe tot by die Maal­ga­te in die oos­te.

Ver­skeie dagroe­tes be­loof ver­skil­len­de ple­sie­re. A­von­tuur­soe­kers wat graag wil sand­plank en bran­ders ry, moet be­slis links draai op die R325-af­rit van­af die N2 net ná die Pe­troSA-aan­leg. ’n Stuk­kie on­ge­rep­te na­tuur­strook strand­langs tus­sen Bog­goms­baai en V­lees­baai is deel van die Swart­to­bie- (Oys­ter­ca­t­cher) stap­roe­te en word nie ver­niet in die Un­f­or­get­ta­ble Walks Be­fo­re You

Die ge­noem nie. Die pik­swart ge­veer­de to­bie is ge­klas­si­fi­seer as ’n be­dreig­de spe­sie, word tus­sen 30 en 40 jaar oud en kies slegs een le­wens­lan­ge maat.

Bran­der­plank­ry­ers is ver­al gek na die plek­kie To­ads en 4x4en­toe­si­as­te ge­niet die uit­da­gen­de sand­dui­ne van V­lees­baai.

Sit lang­been by een van die lek­ker sit­plek­ke aan die bui­te­wy­ke van Mos­sel­baai. Kui­er by Stoep­sit-re­stau­rant, slegs 7,5 km van die N2, op die ein­ste Bog­goms­baai/V­lees­baai/Gou­rits­mond/Frans­mans­hoek-af­draai.

Dié re­stau­rant na­by V­lees­baai is om­ring van skaap- en na­tuur­li­ke krui­e­veld en is in die fees­tyd ’n be­ken­de te­rug­sit-en-ont­span­plek vir lang ge­sel­se en uit­ge­brei­de stoep­sto­ries.

Stoep­sit se slag­spreuk is nie ver­niet “Kon­trei­kos en kui­er” nie, want wie is be­stand teen skaap­boud, lams­pas­tei en skaap­sken­kels soos ou­ma dit ge­maak het. Met groot glas­ven­sters wat die re­nos­ter­veld bin­ne­nooi en sag­te kla­vier­mu­siek op die ag­ter­grond, ver­tel At­tie van Zyl hoe hy en El­ni­da, sy we­der­helf, 11 jaar ge­le­de die klein plaas­wer­kers­hui­sie met ’n kag­gel, bed en een eet­ta­fel­tjie om­skep het tot ’n vol­waar­di­ge re­stau­rant.

Son­dae word daar ’n vier­gang­maal­tyd vir tot 160 men­se be­dien. Hy ver­tel voorts dat die naam Stoep­sit ver­al te maak het met die vis­tas en die stil­te van ’n plaas­stoep en hoe aan­gry­pend die to­ne­le sei­soe­naal ver­an­der. Die blaf van die bos­bok wat jy on­ver­wags in die veld langs die re­stau­rant kan raak­loop, is net so ’n ver­ras­sing as die oog vir de­tail en uit­ge­brei­de wyn­lys wat Stoep­sit voor­hou.

Rig­ting Her­berts­da­le – ’n heer­li­ke dag­uit­stap­pie. In­dien jy lus is vir ’n lui­lek­ker dag tus­sen die win­ger­de, is Jak­kals­vlei Pri­va­te Wyn­kel­der, op die R327 Her­berts­da­le­pad, net die plek. Op pad daar­heen moet jy uit­kyk vir wild by die Gond­wa­na-wild­re­ser­vaat, want groot ge­deel­tes grens aan die pad. Van see­vlak klim jy tot by die Du P­les­sis-pas met ’n ver-kyk-uit­sig oor die kron­ke­len­de Gou­rits­ri­vier. O­ral is melk­pla­se langs die pad, en net voor­dat jy Her­berts­da­le in­ry, is die af­draai­bord­jie na Jak­kals­vlei.

Dié 34 ha-win­gerd­plaas is slegs 40 km van die In­die­se O­se­aan aan die voet van die Lan­ge­ber­ge, wat deel is van die Ou­te­nie­kwa­berg­reeks.

Die kom­bi­na­sie van sui­de­li­ke en noor­de­li­ke han­ge waar­teen die win­gerd aan­ge­plant is, dra be­slis by tot die ge­hal­te drui­we wat hier ge­kweek word.

Van­af ein­de Fe­bru­a­rie kan be­soe­kers self hier kom ha­ne­poot pluk, vroeg in A­pril word die so­mer­sei­soen ge­groet met die Sun­do­wn Fe­s­ti­val en be­gin No­vem­ber kan jy met jou berg­fiets deel wees van die jaar­lik­se berg­fiets­wed­ren.

Vir stap­pers en fiet­sers is die ge­deel­te aan die oos­te­kant van Mos­sel­baai ’n bo­nus op jou doen­ly­sie. Die ge­deel­te tus­sen K­lei­nen Groot Brak­ri­vier staan as Mid­brak be­kend en die strand­stap tus­sen die twee Brak­ri­vie­re is ’n ge­wil­de 10 km-stap­pie.

Draai ge­rus by See­plaas-re­stau­rant se hout­trap in om dalk ’n glimp­sie van ’n dol­fyn of selfs ’n wal­vis in sei­soen te vang. K­lip­heu­wel-pad­stal, ’n ge­re­stou­reer­de plaas­huis uit 1920, is slegs 500 m van die N2-af­rit na K­lein­brak.

Hier wag daar groot op­win­ding vir die hele gesin – ter­wyl die kin­ders na die drie al­pak­kas, Roc­key, Mag­gie en Dai­sy kyk, staan die twee don­kies, W­his­key en C­ham­pa­gne, ook nuus­kie­rig na­der. Kin­ders kan na har­te­lus gly en klim ter­wyl jy rus­tig on­der die drui­we­pri­eel ’n bo­baas­vet­koek be­stel.

K­lip­heu­wel bied be­slis veel meer as net ’n pad­stal. Fiet­sers ont­moet me­kaar ge­reeld hier op ’n Sa­ter­dag­og­gend vir ’n uit­ge­brei­de ont­byt, wat dan oor­gaan in ’n laat­og­gend-wyn­proe van Bop­laas­wy­ne uit Ca­litz­dorp of Sal­ty Ri­ver se craft­bier.

Ver­skeie fiets­roe­tes, van ver­skil­len­de leng­tes en moei­lik­heids­gra­de, be­gin juis hier by K­lip­heu­wel en kron­kel op som­mi­ge ge­deel­tes deur koe­ja­wel­boor­de, langs Bot­lier­s­kop-wild­re­ser­vaat en tot by die Mos­sel­baai­dam ver­by.

Ont­dek ’n hele dor­pie deur stok en hoed na­der te trek. ’n K­lip­gooi van K­lip­heu­wel af lê Groot-Brak­ri­vier met se­we kor­te­ri­ge dorp­stap­pe en na die na­by­ge­leë Wol­we­dans­dam. Hier kan jy die vol­op vo­ël­le­we, vlei­land, in­te­res­san­te wa­ter­slo­te, die be­ken­de Ei­land met sy en­kel­baan-hout­brug met slegs 40 per­ma­nen­te in­wo­ners en oor­vloed melk­hout­bo­me ver­ken.

Op jou eie tyd, op jou eie pas, voor­waar so­veel om te ont­dek, te sien en te doen.

Fo­to’s: HE­LEEN COERT­ZE

Die Jak­kals­vlei-wyn­kel­der na­by Her­berts­da­le se mo­der­ne re­stau­rant vanuit die win­ger­de.

Die Stoep­sit-re­stau­rant na­by V­lees­baai.

Fiets­ry op een van K­lip­heu­wel se roe­tes is groot pret.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.