VRA VIR ERNST

Volksblad - - Naweek+ - Ernst van Jaars­veld

Mos­sie Va­len­tin skryf:

Ernst, my ma het hier­die ro­se ge­koop by ’n plek waar hul­le som­mer so op die sy­paad­jie in Kat­hu ver­koop word.

Sy wil graag weet of dit nor­maal is dat twee van die ro­se klein ro­sies in die kern ge­had het toe sy dit ge­koop het.

Ek stuur twee fo­to’s van toe sy dit ge­koop het, en dan van hoe die roos twee weke la­ter lyk.

Antwoord:

Mos­sie, blom­me be­staan eint­lik uit ver­groei­de bla­re en soms gaan iets net ver­keerd en dan kom so ’n ver­skyn­sel voor.

Dit kan moont­lik te­weeg­ge­bring word deur in­sek­te of my­te wat die groei­punt in die kroon­tjie be­lem­mer of be­ska­dig. Die plant re­a­geer deur klei­ner blom­me in sy blom­kroon te vorm. Wat met jou ro­se ge­beur het, is dus ’n frats en sal nie nor­maal­weg voor­kom nie. As jy steg­gies maak en dit plant, is dit on­waar­skyn­lik dat die pro­ses her­haal sal word.

F­reek Ser­fon­tein skryf oor sy Kei­ap­pels son­der bla­re:

Ernst, ek het ’n baie groot be­kom­mer­nis en won­der of jy my dalk sal kan help.

Ons bly al on­ge­veer 16 jaar in ’n dorps­huis in Son­straal­hoog­te, Dur­ban­vil­le.

Ek het ’n in­heem­se tuin met ’n hele paar bo­me aan­ge­lê. Tus­sen ons en die bu­re aan die noor­de­kant het ek ’n ry van ses Kei-ap­pels vir pri­vaat­heid ge­plant.

Deur die jare het ek die hei­ning ge­reeld ge­snoei so­dat die bo­me nie hand­uit ruk nie. My cli­vi­as in pot­te staan on­der hul­le.

’n Paar weke ge­le­de het ek ge­sien dat die boon­ste ge­deel­te van die Kei-ap­pels al hoe meer son­der bla­re raak.

Dit raak net al hoe er­ger. Die dui­we en mos­sies se nes­te in die hei­ning was heel moei­lik sig­baar, maar is nou in die oop­te.

Ek is so be­kom­merd dat die Kei­ap­pels gaan vrek. Is daar e­nig­iets wat ek kan doen om dit te keer?

Ek het so nou en dan be­gin wa­ter gee, maar daar was nog nie ’n ver­an­de­ring nie.

Antwoord:

F­reek, Kei-ap­pels groei ge­woon­lik mak­lik en son­der e­ni­ge pro­ble­me.

Dit is so­mer­re­ën­val-plan­te. Daar is dus iets wat die plan­te pla.

Ek weet nie van e­ni­ge swam­siek­tes wat hul­le aan­tas nie. Maar dit kan laas­ge­noem­de wees, en ek stel voor jy skaf ’n sis­te­mie­se swam­do­der aan. Spuit dit op die bo­me en by die wor­tels.

Ons is ook deur ’n baie er­ge droog­te die vo­ri­ge so­mer en dit kan ook wees dat die plan­te toe ska­de op­ge­doen het weens ’n ge­brek aan wa­ter (wor­tel­te­rug­ster­wing). Só kon die swam­me moont­lik ’n hou­vas op die plan­te ge­kry het.

Ons kan­fer­bo­me in Kir­sten­bosch het een jaar ook ’n swam op­ge­doen en erg te­rug­ge­vrek, maar het toe uit­ein­de­lik weer uit­ge­loop en van­self her­stel!

Bo­me kan soms on­voor­spel­baar re­a­geer. Kom ons hoop hul­le her­stel weer. Maar ek stem saam, dit is ’n waar­de­vol­le hei­ning en jy moet al­les in jou ver­moë in be­lang van die plan­te doen.

Die frats­roos met klei­ner ro­sies in die blom wat Mos­sie Va­len­tin se ma ge­koop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.