Hoe­kom paal­dans?

Volksblad - - Naweek+ -

Lou­i­se Cor­ne­lis­sen, ’n ver­koops­kon­sul­tant, sê vroue is meer be­wus en bloot­ge­stel aan hul eie in­di­vi­du­a­li­teit en hoe om hul­self te wees. Sy was nog al­tyd lief vir dans en het iets gesoek om haar in die aan­de be­sig te hou. “Die kon­ser­wa­tie­we ma­nier hoe ons groot­ge­maak is, is be­sig om te ver­dwyn en ons word al hoe meer li­be­raal in die mans­wê­reld. Ek het be­gin dans vir ont­span­ning, maar hoe meer ek ge­dans het, hoe meer wil ek die s­port be­oe­fen. En dit hou my fiks ook,” sê sy.

Ta­nya Co­gle (28) is ’n stu­dent en ei­e­naar van ’n dan­s­a­tel­jee. Dans is haar stok­perd­jie. “Ek dans al my le­we lank. My ma (E­li­ze Co­gle) is ’n dans­on­der­wy­ser en toe ek ’n nu­we uit­da­ging gesoek het, het ek be­gin paal­fiks­heid doen. Ek sal dit vir an­der aan­be­veel, maar dit is ook nie vir al­mal nie. Ek voel al­mal moet dit pro­beer om te weet of hul­le daar­van hou of nie. Want jy sal nie weet tot­dat jy pro­beer nie,” sê Co­gle.

Ca­ro­lien van Heer­den (22), ’n stu­dent en trom­pop­pie-af­rig­ter, dans om­dat dit ’n pas­sie is. Sy is al­tyd op soek na nu­we uit­da­gings.

“Dit verg baie moed. Jy moet oop oë daar­in gaan. Som­mi­ge ke­re kyk jy toer­tjies so en jy dink ‘jy is mal om dit te pro­beer’, maar kom pro­beer dit, jy sal ver­baas wees.”

Ja­ni­ne du P­les­sis (21), ’n stu­dent, dans al van 14-ja­ri­ge ou­der­dom en dans om­dat sy dit ge­niet. “Pro­beer eers iets vir jou­self voor­dat jy dit ver­oor­deel. Men­se doen paal­dans om ver­skil­len­de re­des – van strip­pers tot fiks­heid en a­kro­ba­te.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.