Wees bang vir Hu­a­wei, sê EU-hoë

‘Teg­no­lo­gie is ge­vaar­lik’

Volksblad - - Nuus -

Die Eu­ro­pe­se U­nie (EU) moet be­kom­merd wees oor Hu­a­wei en an­der C­hi­ne­se teg­no­lo­gie­maat­skap­pye. Voort­du­ren­de bloot­stel­ling aan hul­le stel die streek se ny­wer­he­de en vei­lig­heid in ge­vaar.

So het And­rus An­sip, die Eu­ro­pe­se Kom­mis­sie se ad­junk­pre­si­dent en die EU se kom­mis­sa­ris van teg­no­lo­gie, gis­ter ge­waar­sku.

“Ons moet be­kom­merd wees oor dié maat­skap­pye,” het An­sip gis­ter op ’n nuus­kon­fe­ren­sie in Brus­sel ge­sê, et­li­ke dae na­dat Meng Wan­z­hou, Hu­a­wei se fi­nan­si­ë­le hoof en die dog­ter van die stig­ter van die teg­no­lo­gie­reus, in Kanada in heg­te­nis ge­neem is as deel van ’n on­der­soek na be­weer­de bank­be­drog deur die maat­skap­py om sank­sies teen Iran te om­seil.

Hu­a­wei het ver­le­de jaar $93 mil­jard in in­kom­ste ver­dien en word in C­hi­na be­skou as ’n na­si­o­na­le sa­ke­kam­pi­oen.

Die maat­skap­py word eg­ter deeg­lik on­der­soek deur We­ster­se lan­de vir sy ban­de met die C­hi­ne­se re­ge­ring.

Daar word ge­vrees dat sy toe­rus­ting vir spi­oe­na­sie ge­bruik kan word.

An­sip sê hy is be­kom­merd om­dat daar van C­hi­ne­se teg­no­lo­gie­maat­skap­pye ver­eis word om met die C­hi­ne­se in­tel­li­gen­sie­diens­te saam te werk, soos vir toe­gang tot ge­ën­krip­teer­de da­ta. Hy voeg by dat dié maat­skap­pye mi­kro­sky­fies ver­vaar­dig vir so ’n groot ver­skei­den­heid toe­stel­le wê­reld­wyd dat dit ge­bruik kan word om toe­gang tot Eu­ro­pe­se staats­ge­hei­me te kry.

“Dit is ons ge­wo­ne men­se wat bang moet wees,” meen hy.

Oor die in­heg­te­nis­ne­ming van Meng het An­sip ge­sê hy het nog nie ge­noeg in­lig­ting daar­oor om kom­men­taar te kan le­wer nie.

Fo­to: REU­TERS

’n Man loop ver­by ’n Hu­a­wei-win­kel in S­jan­ghai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.