B­ritz-aan­val­ler glo vroe­ër kroeg be­let

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Die man wat die oud­rug­by­spe­ler Ba­rend B­ritz (63) na be­we­ring in sy kroeg in Frank­ryk­dood­ge­slaan het, was ’n ou moei­lik­heid­ma­ker wat al voor­heen deur B­ritz sy kroeg be­let is, be­rig die streeks­koe­rant L’In­de­pen­dant.

B­ritz het vol­gens oog­ge­tui­es ook die man, van in die 30, Don­der­dag­mid­dag ge­vra om die kroeg te ver­laat. B­ritz het glo al na die man uit­ge­reik en hom pro­beer help.

Oog­ge­tui­es sê B­ritz se aan­val­ler het Don­der­dag­aand by die kroeg op­ge­daag en soos ’n dier ge­skreeu voor­dat hy al­ler­han­de voor­wer­pe na B­ritz ge­slin­ger het. Hy het B­ritz her­haal­de­lik met ’n vuis­ys­ter oor sy kop ge­slaan en men­se wat B­ritz pro­beer help het, is ook aan­ge­rand.

B­ritz het in­me­kaar­ge­sak en is la­ter in die hos­pi­taal dood.

Sy aan­val­ler was ’n voort­vlug­ti­ge en is kort ná die aan­val in heg­te­nis ge­neem.

Vrien­de en ge­reel­de klan­te het Don­der­dag­aand ker­se bui­te die kroeg aan­ge­steek en kran­se ge­lê. Dit was a­sof hul­le ge­hoop het om B­ritz weer te sien, be­rig L’In­de­pen­dant.

B­ritz word in die Fran­se me­dia as ’n i­ko­nie­se spe­ler vir sy voor­ma­li­ge rug­by­klub Per­pig­nan be­skryf.

B­ritz se skoon­sus­ter, E­li­ze, sê hul­le kon nog nie met sy vrou, Rei­net­te, praat nie.

“Sy huil net ver­skrik­lik en vat dit baie sleg.”

E­li­ze sê die fa­mi­lie het me­kaar nie baie ge­sien nie. B­ritz en sy gesin was so­wat drie jaar ge­le­de laas in Suid-A­fri­ka. “Hy was ’n ted­die­beer van ’n man. Groot ge­bou, maar sag­ge­aard. Hy was stil­le­rig van ge­aard­heid.”

Die fa­mi­lie het B­ritz Kok­kie ge­noem.

B­ritz, Rei­net­te en die eg­paar se drie kin­ders, Je­an­ne, Su­ren­zia en Ba­rend jr., het in die vroeë 1990’s na Frank­ryk ver­huis.

B­ritz het twee broers, Hen­nie en A­lex, en twee sus­ters, San­dra en Su­ren­zia.

Be­ken­de Suid-A­fri­ka­ners het gis­ter hul­de aan B­ritz ge­bring. John Rob­bie sê op Twitter B­ritz was ’n sag­moe­di­ge reus en dat dit lyk a­sof sin­lo­se ge­weld nie net in Suid-A­fri­ka voor­kom nie.

Jo­na­than Ka­p­lan sê die ma­nier waar­op B­ritz dood is, is af­stoot­lik.

Ba­rend B­ritz, voor­ma­li­ge SuidA­fri­kaan­se rug­by­spe­ler, is in Frank­ryk ver­moor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.