Vlug­flou­te knou dalk Ti­ger-hul­le

Volksblad - - Sport -

Ti­ger Woods en ver­skeie le­de van A­me­ri­ka se P­re­si­den­te­be­ker-gholf­span sal vol­gen­de jaar dié tyd ’n lo­gis­tie­ke nag­mer­rie moet oor­kom voor hul­le met die In­ter­na­si­o­na­le span krag­te meet in hul twee­jaar­lik­se kom­pe­ti­sie.

Dié twee span­ne pak me­kaar van 12 tot 15 De­sem­ber 2019 in Mel­bour­ne, maar die P­re­si­den­te­be­ker word voor­af­ge­gaan deur Woods se jaar­lik­se Wor­ld C­hal­len­ge-toer­nooi in die Ba­ha­mas.

Dít be­te­ken Woods, die kap­tein van die VSA, en van sy spe­lers, wat ge­bruik­lik in sy Ba­ha­mas-toer­nooi speel, sal 16 000 km moet af­lê en so­wat 23 uur in ’n vlieg­tuig deur­bring om van Nas­sau af hul weg na die Royal Mel­bour­ne-klub te vind.

Ef­fek­tief be­te­ken dit hul­le sal eers die Dins­dag, 48 uur voor die toer­nooi be­gin, in Mel­bour­ne aan­kom. Be­ne­wens vlug­flou­heid, sal hul­le ook bit­ter min kans hê om te ak­kli­ma­ti­seer en op die baan te oe­fen.

“Ons het ’n paar lo­gis­tie­ke kwes­sies om tus­sen nou en die toer­nooi uit te sor­teer,” het Woods Don­der­dag in Mel­bour­ne, waar hy voor­brand ge­maak het vir die P­re­si­den­te­be­ker, toe­ge­gee.

Suid-A­fri­ka se Er­nie Els sal in 2019 aan die stuur van die In­ter­na­si­o­na­le span wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.