Ki­wi’s gee Pa­ki­stan slae voor reeks teen SA Al­tus Mom­berg

Volksblad - - Sport -

Pa­ki­stan sal stert tus­sen die be­ne in Suid-A­fri­ka aan­kom na­dat hy die der­de toets én die toets­reeks gis­ter teen Nieu-See­land ver­loor het.

Pa­ki­stan moes 280 lo­pies op die laas­te dag aan­te­ken om die toets in Abu D­ha­bi te wen, maar is vir ’n ska­me­le 156 uit­ge­haal om ’n oor­win­ning met 123 lo­pies aan die Ki­wi’s te be­sorg.

Pa­ki­stan was vir die duur van die reeks baie wis­sel­val­lig. Ná ’n na­el­skraap­se oor­win­ning vir die Ki­wi’s in die eer­ste toets, het Pa­ki­stan te­rug­ge­veg om die twee­de toets met ’n beurt te wen.

En toe kom gis­ter se ver­to­ning. Pa­ki­stan het stryk­deur paal­tjies ver­loor en op 55/5 was dit am­per klaar neu­sie ver­by. Ba­bar A­zam (51) en Sar­fraz Ahmed (28) het pro­beer vas­skop, maar kon nie die wed­stryd red nie.

Die Ki­wi-groen­tjie Wil­li­am So­mer­vil­le (3/52) het se­we paal­tjies in sy de­buut­toets ge­neem.

Nieu-See­land het vroe­ër sy twee­de beurt op 353/7 ge­sluit ver­klaar met Hen­ry Ni­cholls wat sy der­de toets­hon­derd­tal (126*; 266 b; 12x4) aan­ge­te­ken het.

■ Pa­ki­stan het in­tus­sen sy bou­l­aan­val ver­sterk vir die reeks teen Suid-A­fri­ka met die in­slui­ting van Mo­ham­med A­mir en S­ha­dab K­han in die toets­groep.

Pa­ki­stan speel in ’n reeks van drie toet­se teen die Pro­te­as met die eer­ste toets wat op 26 De­sem­ber in Cen­tu­ri­on be­gin.

Die aan­vangs­kol­wers Fak­har Za­man en S­han Mas­ood keer ook. Za­man het die reeks teen Nieu-See­land met ’n knie­be­se­ring mis­ge­loop en Mas­ood ver­vang Mo­ham­med Ha­feez.

Ha­feez het sy uit­tre­de uit toets­krie­ket aan­ge­kon­dig.

Mo­ham­mad Ri­z­wan is die eer­ste keer se­dert 2016 weer in die groep as die re­ser­we-paal­tjie­wag­ter.

Daar was nog goeie nuus met die naat­bou­ler Mo­ham­mad Ab­bas wat in­ge­sluit is. Hy het die der­de toets teen die Ki­wi’s met ’n be­se­ring mis­ge­loop. Daar word ver­wag dat hy reg sal wees vir die Cen­tu­ri­on-toets.

Ab­bas het 17 paal­tjies in die twee toet­se teen Aus­tra­lië in Ok­to­ber ge­neem.

■ By­ko­men­de bron­ne: Reu­ters, ESPN­cri­cin­fo

Fo­to: GETTY IMAGES

BJ Wat­ling, Ka­ne Wil­li­am­son en A­jaz Pa­tel van Nieu-See­land met die tro­fee wat hul­le in Abu D­ha­bi ver­o­wer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.