Mau­re­smo keer rug op Fran­se span

Volksblad - - Sport -

A­mé­lie Mau­re­smo, ’n voor­ma­li­ge nr.1-vrou­e­spe­ler ter wê­reld, het haar rug op Frank­ryk se Da­vis­be­ker-span ge­keer en be­sluit om eer­der die be­lo­wen­de Lu­cas Pou­il­le (ook ’n Frans­man) af te rig.

Die Fran­se Ten­nisfe­de­ra­sie (FFT) het Don­der­dag in ’n ver­kla­ring be­ves­tig dat die 39-ja­ri­ge Mau­re­smo ’n U-draai ge­maak het na­dat sy in Ju­nie die eer­ste vrou ge­word het om as Frank­ryk se Da­vis­be­ker-kap­tein aan­ge­wys te word.

Mau­re­smo sou die lei­sels by Yan­nick No­ah ge­neem het, wat die Fran­se span tot van­jaar se eind­stryd aan­ge­voer het.

Die feit dat Mau­re­smo ’n Fran­se spe­ler on­der haar vlerk gaan neem, word deur Fran­se ten­nis­ba­se ver­wel­kom. Die FFT sal nou sy soek­tog na ’n nu­we kap­tein be­gin, wat dié land se ten­nis­span ook sal brei vir die O­lim­pie­se S­pe­le in To­kio in 2020.

Mau­re­smo, soos No­ah, het vroe­ër ook haar te­leur­stel­ling uit­ge­spreek dat die Da­vis­be­ker vol­gen­de jaar van for­maat gaan ver­an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.