Bak­kies sê Fou­rie moet Vic­tor help

Volksblad - - Sport -

Co­bus Claas­sen

Son­der twy­fel die reg­te aan­stel­ling, maar hy sal uit die staan­spoor on­der druk wees om hom­self te be­wys.

Só meen Bak­kies Botha, voor­ma­li­ge S­pring­bok-slot van die Bul­le, oor die voor­uit­sig dat sy boe­sem­vriend en oud-bloed­broer op die rug­by­veld, Vic­tor Mat­field, as die Bul­le se nu­we hoof­af­rig­ter aan­ge­stel sal word.

“Vic­tor gaan be­slis waar­de toe­voeg en dit was nog al­tyd sy droom om af te rig. Ons het nog saam ge­speel toe het hy al ver­tel hoe graag hy as ’n af­rig­ter sal wil te­rug­ploeg.”

Botha sê Mat­field sal soos e­ni­ge an­der af­rig­ter be­oor­deel word aan die span se ver­to­nings.

“Om ’n goeie spe­ler te wees is een ding, maar om ook ’n goeie af­rig­ter te wees ’n heel an­der. Dink aan ie­mand soos Mar­tin John­son, wat ’n on­ge­loof­li­ke spe­ler was, maar dit nie as ’n af­rig­ter kon maak nie.

“Ek sê nie dit is wat met Vic­tor gaan ge­beur nie, maar net die tyd sal leer of hy die­self­de im­pak as ’n af­rig­ter kan maak.”

Hul­le oud-span­maat by die Bul­le en S­pring­bok­ke Fou­rie de P­reez se be­trok­ken­heid sal deur­slag­ge­wend wees, voor­spel Botha.

“Kyk, Vic­tor was ’n fe­no­me­na­le spe­ler, maar ek het in my loop­baan nie ’n be­ter rug­by­brein as Fou­rie te­ë­ge­kom nie.

“As Vic­tor vir Fou­rie kan oor­tuig om hom by te staan, sal hul­le ’n ge­dug­te kom­bi­na­sie wees. Ek glo Vic­tor be­sef dat hy Fou­rie se kun­dig­heid no­dig het.”

Botha sê hy hoop soos e­ni­ge an­der “ge­wo­ne on­der­steu­ner” dat die Bul­le nou raak­ge­vat het met Mat­field se aan­stel­ling.

“Ek hoop reg­tig daar is nou klaar ge­bou by die Bul­le, want ons hoor nou al vir agt, ne­ge jaar dat die span in ’n bou­fa­se is. Dit is se­ker ’n groot ding om kwyt te raak, maar ek is bly (Ba­rend) Van Graan vat nou die pad en dat daar ’n nu­we be­sem is.

“Ons al­mal weet daar is ver­nu­wing no­dig by Lof­tus Vers­feld.”

Die Leeus se hoof­af­rig­ter, S­wys de Bruin, sê Mat­field sal ’n baie goeie aan­stel­ling wees.

Mat­field was ver­le­de sei­soen een van De Bruin se hulp­af­rig­ters in die Cur­rie­be­ker-kom­pe­ti­sie.

“Hy is ’n lyn­staan­spe­si­a­lis son­der weer­ga en sy goeie al­ge­me­ne kennis en pas­sie vir die spel maak hom ’n groot ba­te.”

De Bruin en Mat­field se paaie het in 1999 in Kimberley as af­rig­ter en spe­ler by G­rie­kwas vir ’n eer­ste keer ge­kruis.

“Ja, ons kom al ’n hele ent. Vic­tor het eint­lik des­tyds by G­rie­kwas ’n S­pring­bok ge­word na­dat hy oor­bo­dig was in P­re­to­ria. Hy is la­ter eers te­rug Bul­le toe. Vic­tor is van P­re­to­ria en hy ver­staan die kul­tuur by die Bul­le. Hy ken ook die slag­ga­te en die hoë ver­wag­tin­ge wat saam met die pos kom,” sê De Bruin.

Fo­to: GALLO IMAGES

Bak­kies Botha en Vic­tor Mat­field.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.