He­ad hou kop na­dat In­di­ërs toe­slaan

Volksblad - - Sport -

Die eer­ste toets tus­sen Aus­tra­lië en In­dië in A­de­lai­de is op ’n mes­punt na­dat die be­soe­kers se bou­lers die kwes­baar­heid van die ver­swak­te Aus­sie-kolf­lys uit­ge­buit het.

Die tuis­span, wat In­dië se eer­ste beurt vroeg op die twee­de dag op 250 kort­ge­knip het, was gis­ter met die uit­skei­tyd op 191/7 in die knyp.

Tra­vis He­ad het kop­ge­hou het met ’n o­noor­won­ne 61 om die span te red. He­ad en die eind­kol­wer Mit­chell S­tarc (8*) sal van­dag poog om die ag­ter­stand uit te wis en dalk selfs ’n klein voor­sprong te bou.

Aa­ron Finch is vir die reeks as aan­vangs­kol­wer be­trek, maar het slegs drie bal­le teen die In­die­se snel­aan­val oor­leef. S­haun Marsh se wis­sel­val­li­ge peil het ook voort­ge­duur en hy kon net twee lo­pies by­me­kaar skraap. Ra­vi Ashwin (3/50), Jas­prit Bum­rah (2/34) en Is­hant S­har­ma (2/31) het die ska­de aan­ge­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.