Ver­trou soos Da­wid vrees­loos op God

Volksblad - - Kommentaar -

Da­wid se le­wens­pad het dik­wels deur om­stan­dig­he­de van on­se­ker­heid en ge­vaar ge­gaan. Hy moes lank vir ko­ning Saul en sy sol­da­te vlug en in die ber­ge weg­kruip. Hy het teen die reus Go­li­at ge­veg. Hy het voor sy eie seun Absa­lom ge­vlug.

In Ps. 56 ver­tel hy van die keer toe die Fi­li­sty­ne hom in Gat ge­vang het, maar hy ver­tel ook wy­er van al die tye van te­ë­stand en kon­flik in sy le­we. Dit is erg, want hoor net: Vy­an­de wat van vroeg tot laat my jaag en ver­volg (v. 2, 3); hul­le ver­gal my le­we met al hul bo­se plan­ne en be­skul­di­gings; soos sluip­moor­de­naars hou hul­le my dop en bly hul­le op my hak­ke (v. 6, 7).

Ons kan met se­ker­heid sê Da­wid is ’n man wat met er­va­ring kan praat. Hy ken ge­voe­lens van vrees, moe­de­loos­heid, frus­tra­sie en woe­de. Maar wat kan ons van Da­wid leer as ons le­we don­ker, mag­te­loos en moe­de­loos voel? In hier­die Psalm wys hy vir ons en­ke­le voet­spo­re om te volg.

Eer­stens, soos al­tyd by Da­wid, neem hy sy toe­vlug tot God (v. 2) en praat sy hart uit met God. Hy noem sy vre­se en frus­tra­sies. Be­lang­rik is eg­ter dat hy sy ver­troue in God se krag as die Al­ler­hoog­ste uit­spel (v. 5, 12).

Hy weet God is in sy le­we teen­woor­dig en sien sy tra­ne raak (v. 9), dat Hy na sy hulp­ge­roep luis­ter en keer dat hy nie strui­kel nie (v. 10, 14). God is aan sy kant, dus is hy nie bang nie. Dit is vir Da­wid so ’n werk­lik­heid dat dank­baar­heid in sy ge­moed op­bor­rel (v. 13) en die ne­ga­tie­we e­mo­sies ver­dryf. Ons het van­dag die voet­spoor van die kruis waar Je­sus al die angs­te van die hel in ons plek ge­dra het. Nog meer as Da­wid mag ons uit­roep: God is vir ons! Wie kan dan teen ons wees (Ro­mei­ne 8)?

– Dr. Ko­bus van der Walt (e­me­ri­tus). Al­ma­nak 2019 – Dag­stuk­kies van die Ge­re­for­meer­de Ker­ke in SA

▶ UIt die Woord: Die dag as ek bang word, ver­trou ek net op U. In God, wie se Woord ek prys, in God stel ek my ver­troue, ek is nie bang nie. Wat kan ’n blo­te mens aan my doen?– Ps. 56:4,5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.