Gryp die ge­leent­he­de van di­gi-taal aan

Volksblad - - Kommentaar - Ja­na Lut­her

In Suid-A­fri­ka is daar van­dag meer as 30 mil­joen ak­tie­we in­ter­net­ge­brui­kers. In­for­meel, speels, op re­ke­naars, slim­fo­ne en ta­blet­te, snap­chat en w­hat­sapp, fa­ce­book en twiet sko­lie­re en stu­den­te in nu­we va­ri­ë­tei­te van hul ta­le wat van die stan­daard­va­ri­ë­teit ver­skil.

Koe­baai lees­te­kens, stop­woor­de.

Hallo af­kor­tings, hoof­let­ter­woor­de, fo­ne­tie­se spel­lings, e­mo­ti­kons, e­mo­ji’s.

Vir die ge­brui­ker is so ’n di­gi­taal ge­woon ’n mid­del tot kom­mu­ni­ka­sie; vir nie­ge­brui­kers daar­van dik­wels ’n bron van frus­tra­sie.

Soos vir Wil­helm Jor­daan, wat Woens­dag 6 Ja­nu­a­rie in sy Goei­e­mô­re, “Stu­den­te én do­sen­te suk­kel weens ‘ko­de­taal’”, skryf: “Die on­voor­be­reid­heid vir u­ni­ver­si­teit­stu­die het daar­mee te doen dat te veel leer­lin­ge – weens die in­vloed van SMS-taal, e­mo­ji’s wat woor­de ver­vang en die stot­te­ren­de half­sin­ne­tjies eie aan die so­si­a­le me­dia (my kur­si­ve­ring) – nie werk­lik in staat is om be­re- de­neerd met in­ge­wik­kel­de vak­in­houd op u­ni­ver­si­teit om te gaan nie”.

In­te­res­sant was dit dus, vir my, toe ek die­self­de mid­dag in die aan­lyn tyd­skrif Neer­lan­dis­tiek die vol­gen­de op­skrif sien (in A­fri­kaans ver­taal): “W­hat­sA­ pp lei nié tot taal­ag­ter­uit­gang nie.”

Want, ja, ook el­ders in die wê­reld klink die stem­me teen di­gi­taal op: Nu­we­me­dia­ge­brui­kers steur hul­le nie meer aan die re­ëls­vir spel­ling en gram­ma­ti­ka nie, word ge­sê.

Om vas te stel hoe ge­grond dié vre­se is, pak ’n jong taal­we­ten­skap­li­ke, Lie­ke Ver­hei­jen, wat op 25 Ja­nu­a­rie in Ni­j­me­gen pro­mo­veer, ’n kor­pus­stu­die aan.

Eers ont­leed sy ’n klomp teks­bood­skap­pe wat deur jong men­se via so­si­a­le me­dia ge­stuur is: SMS’e, W­hat­sApps, twiets.

Daar­na be­oor­deel sy van hul skryf­werk­stuk­ke.

Haar be­vin­ding? Tus­sen die ge­bruik van so­si­a­le me­dia en goeie skryf­werk is meer po­si­tie­we as ne­ga­tie­we ver­ban­de aan­toon­baar, ver­al by leer­lin­ge in die la­er gra­de.

In ’n twee­de eks­pe­ri­ment ver­ge­lyk sy twee groe­pe se skryf­vaar­dig­heid.

Die eer­ste groep w­hat­sapp 15 mi­nu­te, ter­wyl die twee­de man­da­las in­kleur. In ’n skryf­oe­fe­ning daar­na maak die in­kleur­ders meer spel­fou­te as die w­hats­ap­pers. Weer stof die sko­lie­re die stu­den­te uit. Haar ge­volg­trek­king?

Eer­stens, dat ak­tie­we taal­ge­bruik, selfs W­hat­sApp-taal, taal­vaar­dig­heid by kin­ders sti­mu­leer. Dat leer­lin­ge wat pas­sief an­der se taal­ge­bruik ont­vang, swak­ker pres­teer. T­wee­dens, dat nes die be­swaard­stes on­der die be­swaar­des van­dag ook nie meer skryf soos daar eeue ge­le­de ge­skryf is nie, is di­gi-taal ge­woon net nog ’n be­wys dat taal ver­an­der. Taal­ver­an­de­ring word nie nood­wen­dig deur nu­we me­dia ver­oor­saak nie. Om­dat baie meer in­for­meel ge­tik­te teks­te as in die verlede rond­ge­stuur word, maak die so­si­a­le me­dia taal­ver­an­de­ring van­dag net baie meer sig­baar.

“Taal­on­der­rig op skool is in ’n kri­sis,” sê Jor­daan. Dit gee ek hom ge­lyk. Maar goed ge­bruik – deur goed op­ge­lei­de, di­gi­taal ge­let­ter­de on­der­wy­sers – kan di­gi­ta­le kom­mu­ni­ka­sie op ve­ler­lei ma­nie­re taal­vaar­dig­heid aan­help.

Laat ons dus werk maak van di­gi­ta­le ge­let­terd­heid so­dat ons dié ge­leent­he­de kan aan­gryp.

Lut­her werk vir die Vir­tu­e­le In­s­ti­tuut vir A­fri­kaans: A­fri­kaans Di­gi­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.