Kom­men­taar

Volksblad - - Rubrieke - Hier­die is da­rem wrag­tig niks­seg­gend en geen­sins nuus­waar­dig nie! S­tuur SMS aan 45531. Gee naam, van, dorp/ stad. SMS kos R1,50.

Ras-on­ding is vol­was­se­nes se skuld

▶ Die wit-en-swart-on­ding moet ge­lê word voor die deu­re van vol­was­se­nes wat hul kin­ders doel­be­wus aan die ver­ra­der­li­ke verlede bloot­stel. – M.J. Bek­ker

ANC-in­te­gri­teit is ’n grap

▶ ANC soek net kan­di­da­te met in­te­gri­teit vir lys­te. Grap van jaar. Vind sul­kes en ek eet al die ou vlae met smaak op. NUK gaan lys­te glo streng keur. Ook grap van 2019-bun­del. – Pen­si­oe­na­ris

▶ Wat ver­wag ’n mens van ANC? As hul­le van ’n pro­bleem ver­tel is, sal hul­le nie daar­aan iets doen nie. Daar moet eers ’n ramp wees; dan ont­ken hul­le hul­le weet daar­van. – V.A. Da­ly, Jan Kemp­dorp

▶ Hoe­veel keer moet ons nog Cy­ril Ra­map­ho­sa se ANC sa­les talk, grond sal son­der ver­goe­ding ont­ei­en word, aan­hoor? Tel­kens as hy sy mond oop­maak oor grond, sink land die­per. Waar was hy en ANC af­ge­lo­pe kwart­eeu dat hul­le nou kam­ma wak­ker skrik, skuins voor ver­kie­sing! – Ha­zel, Pa­rys

▶ Hoe kan grond­ont­ei­e­ning by­dra tot ar­moe­de­ver­lig­ting?As jy so arm is dat jy niks het nie, hoe gaan “ver­niet” grond jou ar­moe­de ver­lig? Met wat gaan jy die grond be­werk en be­dryf? Be­hal­we as dit weer uit die staats­kas kom waar­toe die ont­ei­en­des by­ge­dra het. – W­he­als, Bfn

Stop vrou­li­ke sel­foon-be­stuur­ders

▶ Ja, ons praat en ons praat oor sel­fo­ne wat ge­bruik word ter­wyl men­se be­stuur. Mag­tig, man, wan­neer gaan ons spiet­kops en po­li­sie wak­ker word en die­ge­ne be­boet wat met sel­fo­ne praat en be­stuur? Ek ry sog­gens werk toe en jy sal nie glo hoe­veel be­stuur­ders van mo­tors praat op ’n sel­foon nie. Die mees­te is vroue – hul aan­dag is nie op die pad nie. Kom, Vry­staat-re­ge­ring, doen nou iets en hou op praat. Dan­kie. – Da­wid

Lek­ker sing op ‘ANC is groot!’

▶ Die Zu­ma-sang­sen­sa­sie het ons al­mal beet­ge­pak. Die or­kes met Gi­ga­ba op drom­me, Moy­a­ne op bas­ki­taar en Nie­haus op vi­ool is die hoog­te­punt op die mu­siek­kon­sert ‘ANC is groot’. Lek­ker sing, jul stou­terds. – JvW, Bloem­fon­tein

Gee pak­kies plek vir stom­pies

▶ Kan die si­ga­ret­ver­vaar­di­gers nie die pak­kies ver­an­der so­dat daar plek is vir stom­pies nie? Dan hoef die ro­kers dit nie op gras­per­ke, in braai­ers, blom­bed­dings, blom­pot­te of op die strand te gooi nie.

– Be­sie, Lan­gen­ho­ven­park

Kyk na Bfn-ge­mors en los G­rey

▶ ‘G­rey-mas­sa­ge­veg net skyn’ (11.1). Ons moet voort­bou op tra­di­sies, ons on­der­druk ons­self. Volks­blad, gaan kyk eer­der hoe lyk Bloem se stra­te en ri­ool­vuil wat vir we­ke in K­lercklaan loop en los G­rey. – Fo­kus op pro­ble­me

▶ Boer soek ’n vrou-be­rig­ge­wing

– Loep, P­re­to­ria

Kim­ber­leigh is ’n ge­luk­ki­ge hond!

▶ Kapt. John See­ley is ie­mand oor wie ek spog. Ek ont­hou hoe ons op hoog­te ge­hou is met die red­dings­po­ging van Kim­ber­leigh nie. Hy sal mens en dier help al is sy eie le­we in ge­vaar. Kim­ber­leigh kon nie vir ’n be­ter ei­e­naar ge­vra het nie. Kapt, ek is trots op jou. – An­na­tjie

▶ Kim­ber­leigh is ’n hon­de­kind! Kan sien See­leys kyk mooi na haar. – Ce­ci­le, Wel­kom

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.