Ver­re sei­ne uit ruim­te op­ge­spoor

Volksblad - - Rubrieke - El­sa­bé B­rits B­rits is ’n vry­skut­we­ten­skap­joer­na­lis.

Van die ver­stom­mend­ste ver­skyn­sels in die ruim­te is hoe su­per­mas­sie­we gra­vi­ta­sie­kol­ke, én klei­ne­res, die ma­te­ri­aal van hul ster­re soos vra­te op­slurp en dan in­ten­se X-straal-ak­ti­wi­tei­te ver­oor­saak.

Die week is nu­we na­vor­sing be­kend ge­maak oor die be­son­der­se ak­ti­wi­tei­te van twee gra­vi­ta­sie­kol­ke – een su­per­mas­sief en die an­der een k­lei­ner.

En, ver­re vin­ni­ge ra­di­o­sei­ne, waar­van die bron nog on­be­kend is, is ook op­ge­spoor.

In Maart verlede jaar het in­stru­men­te aan boord van die In­ter­na­si­o­na­le Ruim­te­s­ta­sie ’n reu­se-ont­plof­fing van X-stra­le waar­ge­neem. Dit het ses keer hel­der­der ge­word as die be­ken­de Krap­ne­wel en het ge­kom van ’n k­lei­ner soort gra­vi­ta­sie­kolk, so­wat 10 000 lig­jaar van die Aar­de af, wat be­sig was om sy ster op te eet.

X-straal­gol­we is uit­ge­skiet soos eg­go’s van lig wat die draai­en­de gas na­by die kolk ge­re­flek­teer het. Met Na­sa se Neu­tron S­tar In­te­ri­or Com­po­si­ti­on Ex­plo­rer is ge­sien die gra­vi­ta­sie­kolk het in net ’n paar dae een van die hel­der­ste X-straal­bron­ne nóg ge­word.

So ’n k­lei­ner stel­lê­re gra­vi­ta­sie­kolk met ’n mas­sa van heel­wat gro­ter as die Son, trek ’n ster se gas en ma­te­ri­aal na hom toe aan.

’n Ak­kre­sie­skyf vorm om die gra­vi­ta­sie­kolk en mag­ne­tie­se krag­te ver­hit dit tot mil­joe­ne gra­de Cel­si­us, wat dan X-stra­le laat uit­straal.

Bo die ak­kre­sie­skyf is die ko­ro­na, waar sub­a­to­mie­se deel­tjies tot so­wat ’n mil­jard gra­de Cel­si­us ver­hit word. Daar gloei X-stra­le met selfs nog ho­ër e­ner­gie.

Daar is nou ge­sien die ak- kre­sie­skyf en die ko­ro­na daar­bo ver­an­der van vorm en groot­te soos die gra­vi­ta­sie­kolk die ster in­trek en op­vreet. Die e­nor­me krag­te het dié ko­ro­na ver­ti­kaal van ’n ge­bied so groot soos 160 km na net 16 km laat saam­trek.

Vol­gens die ken­ners sou dit wees soos om ’n voor­werp so groot soos ’n blou­bes­sie te laat krimp tot ’n pa­pa­wer­saad – maar waar­ge­neem op die­self­de af­stand as wat die Aar­de van Plu­to af is.

Die su­per­mas­sie­we kolk

Die twee­de ver­haal be­gin in 2014 toe ster­re­kun­di­ges ’n seld­sa­me ge­beur­te­nis op­ge­merk het. Dit was ’n su­per­mas­sie­we gra­vi­ta­sie­kolk, wat in die mid­del van ’n ster­re­stel­sel so­wat 300 mil­joen lig­jaar van die Aar­de is, wat ’n hel­der flits ver­oor­saak.

Die kolk het ook sy ster na­der ge­trek en ver­skeur. Daar was ’n skie­li­ke hel­der uit-bars­ting van X-stra­le in die kern van die be­trok­ke ster­re­stel­sel. Daar­na het tal­le te­le­sko­pe daar­op ge­fo­kus.

’n Su­per­mas­sie­we gra­vi­ta­sie­kolk se mas­sa is mil­joe­ne tot mil­jar­de keer dié van die Son en kan so groot soos ’n son­ne­stel­sel wees. Hul­le is ge­woon­lik in die kern van ’n ster­re­stel­sel.

Die nuus is dié week be­kend ge­maak dat ’n in­ten­se, sta­bie­le sein van X-stra­le van ’n a­rea na­by die gra­vi­ta­sie­kolk se ge­beur­te­nis­ho­ri­son kom. Dit is die punt waar ma­te­ri­aal wat in­ge­sluk is, nie weer kan ont­snap nie. Die sein het 450 dae lank pe­ri­o­diek ver­skyn, ver­hel­der en ver­dof, el­ke 131 se­kon­des.

Wat ook al die sein uit­stuur, is net-net bui­te die ge­beur­te­nis­ho­ri­son van die gra­vi­ta­sie­kolk – in die klein­ste wen­tel­baan waar­in ’n deel­tjie vei­lig om ’n gra­vi­ta­sie­kolk kan wen­tel. So het hul­le be­re­ken dat die gra­vi­ta­sie­kolk ’n mas­sa van 1 mil­joen son­ne het, en dat hy draai teen die helf­te van die spoed van lig.

An­ders as die mees­te su­per­mas­sie­we gra­vi­ta­sie­kol­ke is dié een nie dor­mant nie. Daar­die flits wat vier jaar ge­le­de ge­sien is, is be­kend as ’n ge­ty-ver­skeu­rings­fak­kel.

Dié sei­ne is by­na soos eg­go’s – hoe gro­ter die “plek” hoe lan­ger neem die eg­go om te weer­klink. So kan ver­skeie be­re­ke­nings oor die aard van die gra­vi­ta­sie­kolk ge­maak word.

Die sei­ne kom nie net van die gra­vi­ta­sie­klok wat ’n ver­by­gaan­de ster ver­skeur nie, maar ook van ’n twee­de ster – ’n wit dwerg wat na­by die gra­vi­ta­sie­kolk wen­tel.

Van die warm ma­te­ri­aal van die ver­skeur­de ster het bui­te die gra­vi­ta­sie­kolk ge­bly, in die naas­te moont­li­ke sta­bie­le wen­tel­baan.

Dié oor­skot van die ster word deur die wit dwerg saam­ge­sleep, soos ’n hel­der, warm oor­jas. Dit s­tuur el­ke 131 se­kon­des hel­der X-stra­le uit.

Van­dees­week het dit hier meest­al on­ge­siens ver­by­ge­gaan dat Ka­na­da se splin­ter­nu­we ra­di­o­te­le­skoop, die Ca­na­di­an Hyd­ro­gen In­ten­si­ty Map­ping, baie ver­re ra­di­o­sei­ne op­ge­tel het. Hul­le het maar die twee­de, her­ha­len­de, vin­ni­ge ra­dio-uit­bars­tings (FRB) nóg ge­vind.

Van die 60 in­di­vi­du­e­le FRB’s wat al op­ge­merk is, is her­ha­len­de sei­ne van een bron net een keer voor­heen in 2015 ge­sien – en dit was van ’n om­ge­wing met baie mag­ne­tis­me, so­wat 3 mil­jard lig­jaar ver. Wat dit was, is nog on­be­kend.

Die twee­de een wat her­haal en van ’n en­ke­le bron kom, is nou ge­vind na­dat 13 sul­ke sei­ne deur die Ka­na­de­se op­ge­merk is.

Dit kan e­nig­iets wees

– van ’n gra­vi­ta­sie­kolk, neu­tron-ster tot iets nuuts.

Dalk ’n nu­we soort ruim­te­lig­gaam wat ons nie ken nie. Wie weet?

Fo­to: VOORSTELLING: NA­SA/CXM/M.WEISS

’n Kuns­te­naars­voor­stel­ling wys warm gas wen­tel in ’n skyf om ’n gra­vi­ta­sie­kolk wat baie vin­nig wen­tel. Die lang, hel­der kol is die X-stra­le in die skyf om die gra­vi­ta­sie­kolk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.