Man gaan twee­de been ook ver­loor

Volksblad - - Nuus -

Die DA het die Noord-Kaap­se de­par­te­ment van ge­sond­heid by die Men­se­reg­te­kom­mis­sie (MRK) ver­kla na­dat ’n man van Na­ma­kwa­land sy twee­de been weens swak diens­le­we­ring gaan ver­loor.

Andrew Louw, DA-lei­er in die Noord-Kaap, het ook ’n klag by Fu­fe Ma­ka­tong, LUR vir ge­sond­heid, in­ge­dien.

Louw sê Piet Rooi en sy vrou het pa­te­tie­se be­han­de­ling by die Ga­ries-hos­pi­taal er­vaar. Hy het ge­volg­lik gan­green op­ge­doen en sy been moet vol­gen­de week af­ge­sit word.

“Hy het sy an­der been ook weens swak be­han­de­ling aan gan­green ver­loor. Ve­ro­ni­ca van Dyk, ons plaas­li­ke raads­lid, het on­langs self in­ge­gryp en hom weens ’n ge­brek aan ’n am­bu­lans na die hos­pi­taal in S­pring­bok ge­bring.”

Rooi het glo in 2017 nie die reg­te be­han­de­ling in die Ga­ries-hos­pi­taal ont­vang nie.

“Toe hy uit­ein­de­lik in die hos­pi­taal in S­pring­bok be­land, het die ver­pleeg­per­so­neel wurms in sy voet ge­vind. In­dien hy die reg­te be­han­de­ling in Ga­ries ge­kry het, sou hy nie sy eer­ste been ver­loor het nie. Dit is in De­sem­ber 2017 af­ge­sit.”

C­har­né Kemp

Die dok­ters het toe al gewaarsku dat sy an­der been ook in ge­vaar is.

“Sy an­der voet het in A­pril 2018 te­kens van gan­green ge­toon. Hy het on­draag­li­ke pyn ge­had ter­wyl hy ve­le ke­re hulp by die hos­pi­taal in Ga­ries ge­vra het. Sy voet is nooit be­hoor­lik on­der­soek nie en hy het nooit die reg­te me­di­ka­sie ont­vang nie. Hy is ta­blet­te ge­gee en aan­ge­sê om hom nie ver­der te be­kom­mer nie.”

Hy kon ook nie in die hos­pi­taal in S­pring­bok op­ge­neem word nie om­dat daar óf geen bed óf geen nar­ko­ti­seur be­skik­baar was nie.

“Selfs in No­vem­ber verlede jaar, toe die voet erns­tig be­gin ver­rot het, het nie­mand in­ge­gryp nie. Dit is on­aan­vaar­baar dat ge­sond­heid­sorg op die plat­te­land met on­ge­ërgd­heid en ’n on­be­sorg­de hou­ding ge­paard­gaan.”

Van Dyk sê vol­gens die fa­mi­lie het die hulp­ver­pleeg­ster nie daag­liks Rooi se won­de ver­sorg nie. Rooi wou la­ter ook nie meer hos­pi­taal toe gaan nie, oor die me­die­se per­so­neel se “on­be­skof­te hou­ding”.

Rooi se vrou kla ook oor die be­han­de­ling vir haar swak sig.

E­li­za­beth Rooi, wat by­na blind is, en haar man, Piet, wie se twee­de been bin­ne­kort weens gan­green ge­am­pu­teer moet word, is vol­gens die DA slag­of­fers van die pa­te­tie­se diens van die Noord-Kaap­se de­par­te­ment van ge­sond­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.