Vee­siek­te­er­ger­as­ge­raam­

15 000 bees­te met bek-en-klou­seer moont­lik van kant

Volksblad - - Nuus - And­rea­K­ü­sel

Baie meer bees­te in Lim­po­po is met bek-en-klou­seer be­smet as wat aan­vank­lik ver­moed is.

“Ons raam dat so­wat 15 000 bees­te in die kwa­ran­tyn­ge­bied met die siek­te be­smet is. Ons het aan­vank­lik ge­dink dit is so­wat 3 000 bees­te.

“Span­ne wat on­der meer be­staan uit spe­si­a­lis­vee­art­se, le­de van die de­par­te­ment van land­bou en die po­li­sie, is be­sig om so­veel moont­lik die­re in die V­hem­be-dis­trik in te ent,” het K­haye N­kwa­ny­a­na, woord­voer­der van die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, gis­ter ge­sê.

Sen­ze­ni Zokwa­na, mi­nis­ter van dié de­par­te­ment, oor­weeg die moont­lik­heid dat al die be­smet­te die­re van kant ge­maak moet word.

“Om­dat dit so ’n groot ge­tal bees­te is, gaan ons meer geld van die te­sou­rie moet ont­vang om al die be­smet­te die­re van kant te maak. Daar moet dus nog eers daar­oor be­sluit word,” sê hy.

Hy sê die siek­te kon moont­lik reeds in No­vem­ber 2018 uit­ge­breek het.

“Ons het dit ein­de De­sem­ber 2018 op­ge­merk en dus het die siek­te tyd ge­had om te ver­sprei.”

In­tus­sen het ver­skeie lan­de, on­der meer Botswa­na, Zim­bab­we en Na­mi­bië, ’n ver­bod ge­plaas op die in­voer van rooi­vleis van­af SuidA­fri­ka. Henk van de Graaf, streek­voor­sit­ter van TLU SA in Lim­po­po, sê dit is moei­lik om te voor­spel of dié ver­bod ’n uit­wer­king op plaas­li­ke vleis­pry­se sal hê.

“Die bin­ne­land­se pry­se kan dalk daal om­dat daar ’n oor­aan­bod van vleis is, maar dit hang ook af van die boe­re se om­stan­dig­he­de.

“Dit het nou lek­ker ger­ eën, so som­mi­ge boe­re kan dalk be­sluit om hul vee vir ’n ruk te­rug te hou. Dan sal daar nie ’n on­mid­del­li­ke uit­wer­king op vleis­pry­se wees nie,” sê hy.

Boe­re wat vas­te uit­voer­kon­trak­te het, het eg­ter ’n pro­bleem om­dat hul­le vleis het wat uit­ge­voer moet word.

“Som­mi­ge boe­re sit reeds met ver­lie­se van so­wat R3 mil­joen. As hul­le ge­dwing word om hul vleis te ver­koop, kan vleis­pry­se moont­lik daal.”

Van de Graaf sê daar is ook die moont­lik­heid dat die mid­del­man, wat die vleis ver­koop, die ver­koops­prys die­self­de sal hou en dat ver­brui­kers nie daar­uit voor­deel sal trek nie.

Dr. Pie­ter Ver­voort, voor­sit­ter van die Na­si­o­na­le Die­re­ge­sond­heids­fo­rum, sê so­wat 5% van Suid-A­fri­ka se vleis word uit­ge­voer en die moont­lik­heid van la­er vleis­pry­se is re­de­lik skraal.

Hy sê boe­re wat vleis uit­voer, gaan eg­ter ge­raak word en kan ver­lie­se ly.

Hy sê daar is “ab­so­luut geen ge­vaar” daar­aan ver­bon­de om die vleis te eet van ’n dier wat met bek-en-klou­seer be­smet is nie.

Van de Graaf sê die siek­te kan re­de­lik vin­nig uit­ge­roei word in­dien die re­ge­ring doel­tref­fend op­tree en daar ge­noeg ent­stof be­skik­baar is vir boe­re. Hy sê daar moet eg­ter nog vas­ge­stel word of die siek­te na klein­vee of wild ver­sprei het.

“Die pro­bleem is eg­ter om die in­ter­na­si­o­na­le mark weer daar­van te oor­tuig dat die siek­te hier uit­ge­roei is.”

■ Bek-en-klou­seer is ’n vi­ra­le siek­te wat vin­nig on­der die­re met ge­sple­te hoe­we kan ver­sprei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.