Trap ver­sig­tig in dié to­wer­woud

Volksblad - - Naweek+ -

Di­iep iin di­ie Oos-Kaap llê di­ie A­ma­tol­la-ber­ge,, kop­pe di­ig toe­ge­groeii on­der na­tuurl­li­i­ke woud en pl­lan­ta­si­ies,, ver­si­ier met gl­li­in­ste­ren­de wa­ter­vall­le en ’’n mi­is­ti­ig­hei­id wat di­ié ma­gi­ie­se wê­rel­ld vi­ir di­ie mees­te ver­steek.. Hi­ier vi­ind jjy di­ie be­to­we­ren­de klein dor­pie, Hogs­back. Ma­ri­cel­le Botha ver­tel meer van die a­sem­ro­wen­de pl­lek..

Met net so bie­tjie meer as 1 000 per­ma­nen­te in­wo­ners (Ho­mo sa­piens, want daar is tal­le an­der we­sens wat hier in die to­wer­woud skuil), is Hogs­back ’n plek waar jy waar­lik jou sie­le­heil kan vind.

Hogs­back is die tuis­te van ’n e­klek­tie­se ge­meen­skap wat be­soe­kers wat van die le­we se ge­jaag wil ont­snap, met ope arms ver­wel­kom.

Die kuns­te­naar Di­a­na Gra­ham, het in 1995 haar bui­te-kuns­in­stal­la­sie oor e­ko­lo­gie, kuns en ’n ge­voel van die hei­lig­heid van die aar­de, ge­naamd Eco-Shri­ne, by haar huis op­ge­rig. Se­dert­dien is hier­die kuns­werk een van die mees ge­wil­de be­siens­waar­dig­he­de in Hogs­back.

Wat ’n be­soek aan die E­coShri­ne ver­al spe­si­aal maak, is die kans om ’n paar mi­nu­te saam met die kuns­te­naar te be­stee. Gra­ham is pas­sie­vol oor die na­tuur en die be­wa­ring daar­van, sy laat jou weg­stap met baie om aan te her­kou.

Net dus­kant die Eco-Shri­ne, is Gra­ham se a­tel­jee waar be­soe­kers ook ’n blik op haar mees on­lang­se werk kan kry.

’n Bie­tjie ver­der aan, op die­self­de kron­kel­pad, vind jy The Ed­ge Moun­tain Retre­at wat deur a­sem­ro­wen­de kran­se, dra­ma­tie­se pa­no­ra­mas en on­ge­rep­te in­heem­se wou­de met fas­si­ne­ren­de wolk­for­ma­sies om­ring word. Dit is waar jy The Ed­ge se be­ken­de 11-baan-la­bi­rint kry.

Die la­bi­rint is ’n ont­werp soort­ge­lyk aan die la­bi­rint in die C­har­tres-ka­te­draal in Frank­ryk. Dit is een van die mees in­ge­wik­kel­de ont­wer­pe met ’n deur­snee van 29 me­ter en ’n om­trek van 91 me­ter. Die to­ta­le af­stand van die la­bi­rint na die mid­del en weer uit is 1,4 ki­lo­me­ter, wat dit een van die groot­ste la­bi­rin­te ter wê­reld maak.

So­wat 300 m van The Ed­ge, is die Mir­rors-tui­ne van Ken en Su­neya Ri­sing Har­vey wat ook ’n klip­sir­kel en ’n la­bi­rint an­ders as die een by The Ed­ge het. Hier is ook ’n kris­tal­win­kel wat jou ure lank kan be­sig hou, as­ook ’n ga­le­ry waar Ken se mis­tie­ke fo­to’s van Hogs­back ten toon ge­stel word.

Pa­trick en Su­san­nah S­mith nooi be­soe­kers weer na hul tuin om saam met van Hogs­back se mees ge­heim­sin­ni­ge in­wo­ners te kui­er. Die S­mit­hs se Fai­ry Re­al­mis ’n won­der­li­ke en to­wer­ag­ti­ge tuin, ge­vul met beel­de van fee­tjies, ka­bou­ters, trol­le, dra­ke en an­der ka­rak­ters uit ’n mis­tie­ke wê­reld.

Die eg­paar het self die ka­rak­ters ge­skep wat feit­lik in el­ke plant in hul blom­tuin woon. Su­san­nah te­ken die ka­rak­ters en Pa­trick maak die beel­de. Hier­die tuin is el­ke kind (en ons gro­ter

kin­der­tjies) se droom!

By die S­tar­ways-bos­a­tel­jee kan jy die werk van die pot­te­bak­ker An­ton van der Mer­we te sien kry. Hy be­oe­fen die kuns van oop­vuur-pot­te­bak­ke­ry en pro­du­seer prag­ti­ge pot­te, lang va­se, groot bor­de, klein or­na­men­te en muur­be­hang­sels met ver­glans­de

skroei-ef­fek­te daar­op.

Aan die mu­re van sy fas­si­ne­ren­de bos­a­tel­jee hang sy skil­de­rye in o­lie en wa­ter­kleur wat die land­skap uit­beeld.

Soos die stow­we­ri­ge Hogs­back­hoof­pad sta­dig teen die heu­wel uit­loop, tus­sen dig­te plan­te­groei, ver­skyn die pit­ti­ge klein St Pa­trick-on-the-Hill-ka­pel aan jou lin­ker­kant.

Dié ron­da­wel­ka­pel se tuin is vol hel­der­kleu­ri­ge kris­mis­ro­se en a­sa­le­as. Op die gras­perk staan ’n klip­boog met ’n klok as ’n ge­denk­te­ken aan dr. Bride Dixon,die eer­ste vrou­e­pries­ter in SuidA­fri­ka en dok­ter vir baie ja­re op die berg.

St Pa­trick-on-the-Hill het ’n Ge­beds­pad deur sy tui­ne. Die i­dee is om by elk­een van die sit­plek­ke of sta­sies stil te raak en te dink oor die be­te­ke­nis van aan­bid­ding, be­ly­de­nis, dank­seg­ging en smeek­be­de. Die uit­sig­te van hier is on­ge­loof­lik.

Stap in die in­heem­se woud bly na­tuur­lik ’n hoog­te­punt in hier­die dorp. Daar is baie stap­roe­tes in die om­ge­wing en jy kan mak­lik al jou tyd in die bos be­stee. Met tal­le wa­ter­val­le en stroom­pies kan ’n mens jou am­per dit nie as die hui­di­ge droog­te ge­teis­ter­de Suid-A­fri­ka in­dink nie.

Die 39 S­teps Wa­ter­fall in Hogs­back is baie mak­li­ke om te be­reik en dit neem slegs so­wat 15 mi­nu­te om die stap­roe­te te vol­tooi.

Die roe­te neem jou deur die weel­de­ri­ge groen plan­te­groei van die ar­bo­re­tum tot by die wa­ter­val.

Die ar­bo­re­tum huis­ves bo­me van reg­oor die wê­reld en selfs ’n Ka­li­for­nie­se rooi­hout wat meer as ’n 100 jaar oud is. Die bo­me is dui­de­lik met hul bo­ta­nie­se na­me ge­merk, so­wel as die na­me waar­voor hul­le meer al­ge­meen be­kend is.

Vir ’n bie­tjie meer oe­fe­ning, is daar die Kett­le­spout-, Ma­don­na & C­hild- en The Se­cret-wa­ter­val om te be­soek.

Hogs­back is so­wat 30 km van Alice ge­leë, met die bes­te pad om by dié dor­pie uit te kom. Daar is ’n grond­pad vir vier­trek­voer­tuie van­af Cat­h­cart wat ’n re­de­li­ke on­ge­mak­li­ke rit be­loof.

Fo­to’s: MA­RI­CEL­LE BOTHA

Selfs die plan­ta­sies in die om­ge­wing ver­se­ker prag­ti­ge stap­roe­tes.

Be­leef The Ed­ge Moun­tain Retre­at se a­sem­ro­wen­de kran­se en dra­ma­tie­se pa­no­ra­mas van­uit jou bad by een van die toe­vlugs­oord se cha­lets.

Een van die bes­te ma­nie­re om die s­koon­heid, die stil­te en die rus­tig­heid van Hogs­back te be­leef, is te voet.

Hogs­back se in­heem­se woud het baie ver­bor­ge ge­hei­me.

Ma­ri­cel­le Botha

The Ed­ge se be­ken­de 11-baan-la­bi­rint is een van die groot­stes in die wê­reld.

Die pot­te­bak­ker An­ton van der Mer­we se e­nig­ma­tie­se S­tar­ways-bos­a­tel­jee.

Fai­ry Re­alm in Hogs­back het ’n ska­re prag­ti­ge beeld­hou­wer­ke van fee­tjies, ka­bou­ters, trol­le en an­der spro­kiefi­gu­re op ’n prag­ti­ge tuin-kron­kel­pad van so­wat 400 m.

Die kuns­te­naar Di­a­na Gra­ham se Eco-Shri­ne is ’n plek waar kuns, na­tuur­we­ten­skap en ’n sin vir die hei­li­ge by­een­kom.

St Pa­trick-on-the-Hill be­staan uit twee ge­kom­bi­neer­de ron­da­wels. Die krom­me vorm van hier­die klein ka­pel laat jou dink aan ’n groot bot­ter­skor­sie.

Mir­rors in Hogs­back het ’n ma­gie­se 180 vier­kan­te me­ter tuin met ’n klip­sir­kel en la­bi­rint.

Die bin­ne­kant van die prag­ti­ge St Pa­trick-on-the-Hill in Hogs­back. Die kerk is 24 uur per dag oop.

’n Mis­kom­bers oor Hogs­back sien jy som­mer al van ver.

Die prag­ti­ge 39 S­teps Wa­ter­fall in Hogs­back.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.