Neels voel eishs­te­kend

Hy het deur ’n tyd van “a­ku­te trau­ma” ge­gaan, maar is nou be­sig om nu­we dro­me te skep, sê Neels van Jaars­veld.

Volksblad - - Aktueel - Wat’s jou sto­rie? Mur­ray La Vi­ta

Die 39-ja­ri­ge Neels sit op die stoep van sy huis in Bot­ri­vier na­by die Kaap­se kus­dorp K­lein­mond. Hy drink kof­fie uit ’n be­ker waar­op staan: “The st­rug­gle is re­al” en praat oor die be­ko­ring van die pas­to­ra­le le­we – van stil­te en af­son­de­ring.

“Ek wil nog ’n dek hier bou. Ek het al klaar my wa­ter wi­se-plant­jies in die grond ge­sit – goed wat ek nóóit ge­dink het ek sal doen nie. Dis in­te­res­san­te tye waar­in ek my be­vind, maar dit is baie op­win­dend.”

Die “in­te­res­san­te tye” sluit in die nu­we kykNET-reeks Dwaalster deur Ni­co­la Ha­ne­kom, on­der re­gie van Ja­co Bou­wer, waar­in Neels die rol van Lu­an speel en met Ru­an (Te­ren­ce B­rid­gett) getroud is. Hul­le is die ei­e­naars van die ho­tel en re­stau­rant Die Pie­ring op die fik­tie­we Ka­roo­dorp Maan­haars­drif.

“Ek sien ver­skrik­lik uit na die ky­kers se re­ak­sie. Eer­stens hoe hul­le daar­op gaan re­a­geer dat ek nou ’n man speel wie se voor­keur an­der mans is; en t­wee­dens ’n man speel wie se voor­keur ’n man van kleur is . . . Ho­pe­lik kan dit men­se op­voed.

“Ek moes my voor­koms ver­an­der; my ha­re moes blond ge­kleur word – kort langs die kan­te en hoog bo; en ’n oor­bel. Dit was nog­al moei­lik om in die o­pen­baar so te ver­skyn, want men­se het se­ker ge­dink: ‘Wát gaan nou met jóú aan?’ Ek dink men­se het my so drie en ’n half maande van my le­we nie reg­tig erns­tig op­ge­neem nie. Ek het dik­wels hoe­de ge­dra,” voeg hy lag­gend by.

“Dit was ’n in­te­res­san­te tyd­perk, want ek was nou ewe skie­lik weer op my eie – en­kel­lo­pend [na­dat sy hu­we­lik tot ’n ein­de ge­kom het]. Ek het baie ge­won­der wat men­se dink, maar nou gee ek nie meer om nie.

“Die rol was on­ge­loof­lik uit­da­gend en baie in­te­res­sant.

“Te­ren­ce het eint­lik meer die man ge­speel en ek meer die vrou in die ver­hou­ding. Ons is so half rand­fi­gu­re, maar Die Pie­ring is die e­pi­sen­trum waar al­mal by­me­kaar­kom.”

Daar word ver­nu­wen­de reek­se in Suid-A­fri­ka ver­vaar­dig wat nie nood­wen­dig net op ky­ker­tal­le toe­ge­spits is nie, sê Neels.

“Ek dink dit is ’n fan­tas­tie­se tyd­perk om in te wees. Kuns­te­naars ver­tel sto­ries ten vol­le en soos hul­le dit wil ver­tel; hul­le hoef nie meer binne per­ke te be­weeg nie. Ek dink die groot­ba­se het be­gin be­sef ons móét pro­duk­te be­gin maak wat meer in­ter­na­ti­o­nal ap­pe­al het.

“As jy kyk na Mar­che Me­dia en Chris­ti­aan Ol­wa­gen se See­meeu en Ka­na­rie – dít is pro­duk­te en pro­jek­te wat búi­te die boks be­weeg; wat vry­heid het, want on­ge­luk­kig as jy binne daar­die per­ke be­weeg, dan ap­pe­al jy net tot ’n Suid-A­fri­kaan­se mark en ek dink ons moet be­sef ons is ster­ker en gro­ter en be­ter as dít.

“Dit is wat dit baie op­win­dend maak met reek­se soos Fyn­skrif waar­by men­se in­ter­na­si­o­naal ook aan­klank kan vind. Ter­loops, ’n twee­de en ’n der­de reeks daar­van is op pad; waar­oor ek as vry­sku­tak­teur baie dank­baar is.”

Iets waar­oor hy ook baie op­ge­won­de is, is Ko­nin­gin Le­ar, ’n ver­wer­king deur Tom La­noye wat deur An­tjie Krog in A­fri­kaans ver­taal is en wat vir die eer­ste keer op die KKNK op­ge­voer gaan word.

Hy ver­tolk die rol van die ou­er broer en sien ge­wel­dig daar­na uit om saam met groot gees­te soos An­toi­net­te Kel­ler­man, An­naMart van der Mer­we en An­dré Rooth­man op die ver­hoog te wees.

In die “tyd­perk” waar­in hy hom nou be­vind, kom hy ag­ter dat men­se jou baie vin­nig op­som.

“Ver­al by­voor­beeld in my ge­val met so­si­a­le me­dia en die rol­le wat ek al ver­tolk het, dink hul­le hul­le ken my reeds. En as hul­le my dan in die reg­te le­we ont­moet, dan is hul­le soos: ‘Maar dís nie wat ek ver­wag het nie.’ En dis vir my baie in­te­res­sant. So, ek is nou be­sig met ’n mens­li­ke eks­pe­ri­ment om te sien hoe re­a­geer men­se as hul­le my werk­lik leer ken.”

Hoe voel dit om deu­ren­tyd so aan voor­op­ge­stel­de i­dees bloot­ge­stel te word? “Dit is in ’n ma­te on­ge­mak­lik. Kom ons ge­bruik dié voor­beeld: Ie­mand sien jou as ’n dok­ter [Binnelanders] of pro­ku­reur [Fyn­skrif] op te­le­vi­sie en dan ont­moet hul­le jou en sien jy is eint­lik maar . . . ek wil nou nie die woord dood­ge­woon ge­bruik nie want ek dink nie e­nig­ie­mand is dood­ge­woon nie; él­ke mens is eint­lik ’n won­der­werk as jy nou mooi dink aan jou le­we.

“Wat moont­lik in die verlede met my ge­beur het, is dat ek dalk on­be­wus­te­lik voor­ge­gee het om ie­mand te wees wat ek nie is nie.

“En met­ter­tyd het ek be­gin be­sef ek moet net my­self wees en as ie­mand my nie so aan­vaar nie dan moet hul­le aan­be­weeg, want aan die ein­de van die dag is jy maar net eint­lik be­sig om jou­self in die voet te skiet, en dít ge­beur baie mak­lik – in ver­hou­dings, in si­tu­a­sies . . .

“As jy wil op­daag met veel­kleu­ri­ge skoe­ne daai dag, dan moet jy dit doen; as jy wil musiek speel waar­van jý hou, dan moet jy dit doen, eer­der as om ál­mal in ag te neem. Ek dink ek het die héél­tyd al­mal in ag ge­neem; dit is goed, maar tot op ’n punt.”

Wie het hy (on­be­wus­te­lik) voor­ge­gee om te wees?

“Sê nou maar die he­le bran­de­wyn­ad­ver­ten­sie [waar­in hy die i­ko­nie­se woor­de ‘Met eish, ja’ ui­ter] . . . Wéés daai ou; gaan uit en gaan ge­niet jou­self. So, ek het baie mak­lik in daai rol­le in­ge­val, maar nou... ie­mand na wie ek baie op­kyk en wat ek dink nog al­tyd hom­self was, is ie­mand soos Da­wid Min­naar.

“Ek kan met hom praat as ek deur ’n moei­li­ke tyd gaan en ek kan e­nig­iets met hom be­spreek. Ek noem hom my pa, want hy was my pa in Binnelanders. Ek be­gin so half... Hy wat in sy hui­sie bly en boe­ke lees en goe­ters aan­pak en oor­see tra­vel met hier­die plays en eint­lik maar vrees­loos is. Ek be­gin nou stel­sel­ma­tig te ver­staan hoe hy din­ge aan­pak.”

Op die Suid­oos­ter­fees gaan Neels sy nu­we een­man­ver­to­ning,

Eishs­te­kend, doen.

“Net ek en ’n mi­kro­foon. Ek hou van grap­pies wat die waar­heid is; goed wat met my ge­beur het. Ek as mens was nog al­tyd eer­lik oor goed wat met my ge­beur en hoe ek die le­we sien. Dis am­per ’n ky­kie na hoe dit is om ek te wees, op ’n snaak­se ma­nier.

“Daar ge­beur baie snaak­se goed met my, maar daar was ’n tyd in my le­we toe ek dit nie meer raak­ge­sien het nie; alles was don­ker en . . . ag . . . Ek dink as jy nie meer die lig­te kant sien nie, kan jy maar net­so­wel in die ber­ge gaan stap en net nooit weer te­rug­kom nie.

“Ja, so Eishs­te­kend sal maar ba­sies oor my nu­we le­we wees – om weer al­leen te loop; hoe dit was om getroud te wees; hón­de; om nu­we hui­se te koop; ei­en­doms­a­gen­te; ge­wig­ver­lies; ge­wig­op­tel . . . ál daar­die soort goe­ters waar­mee men­se maar st­rug­gle.”

Sy an­der groot uit­da­ging van hier­die jaar is om ne­ga­tie­we ge­dag­tes wat oor sy pad kom vin­nig te stuit.

“Dit dra geen waar­de nie. In die verlede was ek baie goed daar­mee om dit te stuit, om ’n free-spi­ri­ted, o­pen-min­ded mens te wees, maar nou is daar al hier­die an­der goe­ters wat my kwel.

“Jy sit hier en eint­lik is dit won­der­lik: Hier is die bo­me; ek het nou die dag ’n hoep-hoep ge­sien en ’n vis­a­rend ge­hoor en ek het vrien­de af in die straat. Daar ís baie om voor dank­baar te wees, maar ek kan nie vir jou jok nie, daar is tye waar my kop my heel­te­mal mal maak, waar ek dink aan die verlede en goe­ters wat my be­kom­mer.

“Die le­we het so kom­pleks ge­raak, want ons brei­ne word met so­veel goed ge­voer van hoe jy eint­lik móét wees en wat dit is wat jy eint­lik moet be­reik. Ek is hier­die ho­pe­lik ge­sie­ne ak­teur. Is ek nie ver­on­der­stel om in ’n gró­ter huis te bly nie? Al daai ver­wag­tin­ge wat jý nie nood­wen­dig vir jou­self stel nie. So dis maar tric­ky; die le­we is tric­ky en dit raak al hoe trickier.

“Ek het ge­kies om nié on­kun­dig te bly nie, maar saam met dit kom daar ook baie ne­ga­tie­we as­pek­te om­dat jy so baie weet.

“En ver­wer­ping op fo­ne en men­se wat jy glad nie ken nie wat vir jou wei­rd goed kan sê en so­si­a­le me­dia . . . Jy moet eint­lik baie ster­ker wees as ooit te­vo­re, want ewe skie­lik het al­mal ’n reg om vir jou iets te sê.”

Wat is die aard van die “don­ker tye” waar­na hy vroe­ër ver­wys het? “Ek het ’n groot pro­bleem met ver­liés. Daar kan goed met jou ge­beur en alles is ty­de­lik . . . Dit was vir my on­ge­loof­lik ei­en­aar­dig dat din­ge so dras­ties kan ver­an­der; dat jy, sê nou maar, ie­mand kan ver­loor of iets kan ver­loor of ei­en­dom kan ver­loor of ’n vriend kan ver­loor of ’n vrou kan ver­loor wat nog steeds le­we, maar net stel­sel­ma­tig nie meer deel is van jou le­we nie.

“Ek dink ’n deel van jou gaan eint­lik maar dood, en dít is vir my baie trau­ma­ties. Toe ek nou uit­ein­de­lik hiér aan­land en be­sef ou­kei, hier is ek nou heel­te­mal op my eie . . .

“Joeg, ja! Ek dink jy het so half ’n wor­ste­ling met wat is nou eint­lik die doel van alles? Ag, en ek hou nie daar­van om men­se te ver­loor waar­voor ek lief is nie. En ek hou nie rê­rig van ver­an­de­ring nie.

“Ek dink tot ’n ma­te het ek my­self op­ge­bou na my huis by die see en my droom­vrou en my prag­ti­ge hon­de, en ek dink as dít dan ver­dwyn, dan is dit am­per na­tuur­lik dat jy gaan deur ’n tyd waar­in jy a­ku­te trau­ma be­leef en dan is die uit­da­ging om te kyk of jy le­wend daar kan uit­kom.”

In die ver­te hoor ons die fluit van ’n trein.

“Ek wil nou so­veel as moont­lik reis. Ek gaan mô­re op my eie na die K­gala­ga­di toe, want ek wil gaan soek na die swart­maan­haar­leeu, on­der meer. Dis so half ’n rei­ni­gings­mis­sie.”

Wan­neer ons ver­trek en Neels ver­tel wat hy nog alles by sy “hui­sie” wil doen – die tuin vol plan­te en bo­me (ver­al ’n lu­kwart­boom) wat hy wil skep; die hei­ning; die dek – sê hy: “Ek het dro­me ge­had en ek het dit be­reik, maar dit was kort­ston­dig, so nou moet ek weer nú­we dro­me kry.”

■ Dwaalster word op Dins­dae om 20:00 op kykNET (DStv-ka­naal 144) uit­ge­saai.

En dis vir my baie in­te­res­sant. So, ek is nou be­sig met ’n mens­li­ke eks­pe­ri­ment om te sien hoe re­a­geer men­se as hul­le my werk­lik leer ken. — NEELS VAN JAARS­VELD

Fo­to: A­DRI­AN DE KOCK

Neels van Jaars­veld in ’n on­der­houd op die stoep van sy huis in Bot­ri­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.