Pa­ry­se DBV ‘mis­han­del self die­re’

Tak ty­de­lik toe, wer­kers sal glo ver­volg word

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Al die wer­kers en ko­mi­tee­le­de van die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) in Pa­rys is van­dees­week af­ge­dank weens die­re­mis­han­de­ling en wreed­heid teen­oor die­re.

Die Na­si­o­na­le Raad van die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (NDBV) sê in ’n me­di­a­ver­kla­ring dat die Pa­ry­se ko­mi­tee ont­bind is en dat die werk­ne­mers ver­volg sal word.

Die pro­ble­me het glo reeds in Ok­to­ber 2018 op­ge­duik en die laas­te strooi was glo toe na­si­o­na­le in­spek­teurs van die ver­e­ni­ging in ’n hok af­ge­kom het op ’n ba­ba­hond­jie met ’n ge­breek­te been wat geen be­han­de­ling ont­vang het nie.

Haar pel­vis en reg­ter­been was ge­breek en sy het ’n oop wond aan haar pens ge­had.

Die in­spek­teurs het haar na ’n plaas­li­ke vee­arts ge­bring, wat sê dat hy te al­le tye be­skik­baar is om be­seer­de die­re te be­han­del.

Sy was on­ge­luk­kig in so ’n swak toe­stand dat sy van kant ge­maak moes word.

In­spek­teurs ver­moed reeds ge­rui­me tyd dat alles nie pluis by die Pa­rys-tak is nie en het ge­reeld ver­ras­sings­be­soe­ke ge­bring.

Ty­dens ’n an­der be­soek is ’n teef­hond in ’n hok ge­vind met ’n sek­su­eel oor­draag­ba­re ge­was wat by haar va­gi­na uit­steek.

Sy is nooit be­han­del nie en het drie maande ge­ly en moes op die ou end ook van kant ge­maak word.

Al die die­re wat tans in die DBV se hok­ke in Pa­rys is, sal na na­bu­ri­ge tak­ke ver­skuif word, waar­na ’n an­der heen­ko­me vir hul­le ge­soek sal word.

Die NDBV het sy skok uit­ge­spreek dat ’n or­ga­ni­sa­sie wat ver­on­der­stel is om hom vir die­re­wel­syn te be­y­wer hom­self aan die­re­mis­han­de­ling en wreed­heid skul­dig kan maak.

Die NDBV sal la­ter be­kend maak hoe lank dit sal neem voor­dat Pa­rys se tak weer ge­o­pen kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.