Treur­spel ‘te­ken van at­mos­feer in SA’

‘Le­we nie meer ge­ag’

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Paul Nel (66), die vee-en-wild­boer wat Don­der­dag­aand op sy plaas bui­te Kof­fie­fon­tein op sy stoep waar hy al­leen ge­braai het deur ’n me­de­boer dood­ge­skiet is, se gesin sê hy was al­tyd om­ring deur vrien­de.

Coen­raad Ba­den­horst (38) het Nel om­streeks 23:00 op die plaas Das­sie­s­kop dood­ge­skiet, ten spy­te van die po­li­sie se waar­sku­wings.

Ba­den­horst het ook vir konst. Vuy­a­ni March (27) in die kop ge­skiet. March is op die to­neel dood. Sers. George Cal­vert (41) is in die ge­sig ge­wond en in ’n kri­tie­ke toe­stand in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Die po­li­sie het Ba­den­horst dood­ge­skiet.

Vol­gens Johan Buys, Nel se skoon­seun wat met sy dog­ter Sal­mi ge­troud is, is die treur­spel te­ke­nend van die on­ver­ge­noeg­de at­mos­feer in Suid-A­fri­ka.

Hul­le suk­kel om ’n en­kel­fo­to van Nel te kry om op die be­graf­nis­brief te ge­bruik.

Nel was ge­liefd on­der sy vrien­de en fa­mi­lie. Hy was op fo­to’s al­tyd om­ring van men­se.

“Die feit dat ons nie ’n en­kel­fo­to van hom kon kry nie, is be­wys van sy mens­wees. Hy was ’n mens-mens.

“As ons gaan uit­eet het, was ons nie ’n klein groe­pie men­se nie. Ons sou mak­lik 20 men­se ge­wees het.

“Hy het ’n wye vrien­de­kring ge­had. Die ge­sel­lig­he­de op sy plaas was hart­lik en ge­meen­saam.

“Hy het in el­ke mens be­lang ge­stel. Hy sou moei­te doen om jou te leer ken.

“Toe die Nel-gesin my die eer­ste keer ont­moet het, het hy ge­vra wat my naam is en of ek al ge­jag het. Ek het nog nooit van­te­vo­re ge­jag nie. Die vol­gen­de dag het al­mal my saam­ge­neem om my eer­ste jag­tog te on­der­vind.

“My vrou is ’n voor­slag en het in­te­gri­teit wat van haar ou­ers se op­voe­ding spreek. Dit re­flek­teer ver­al ook op my skoon­pa.”

Buys wil niks oor Ba­den­horst se op­tre­de sê nie.

Ba­den­horst se fa­mi­lie meen sy on­ver­ge­noegd­heid oor ’n huur-regs­ge­ding teen Nel het moont­lik aan­lei­ding tot die treur­spel ge­gee.

Buys meen wat ge­beur het, “is te­ke­nend van die at­mos­feer in Suid-A­fri­ka”.

“Men­se wil eie reg ge­bruik as sa­ke nie na wens ver­loop nie. My skoon­pa is ’n slag­of­fer in ’n land waar ’n mens se le­we nie meer ge­ag word nie. ’n Mens lees dit daag­liks in die koe­ran­te.”

Pie­tro Nel, Nel se eks­vrou, sê hy gaan ver­as word. ’n Troos­diens sal in Kof­fie­fon­tein en in S­til­baai ge­hou word.

Nel het tus­sen Kof­fie­fon­tein en S­til­baai ge­pen­del waar hy en sy vrou, Al­ve­ra, met hul jong kind ge­woon het.

Nel se troos­diens in Kof­fie­fon­tein vind Vry­dag om 11:00 in die NG kerk plaas, en Ba­den­horst s’n Sa­ter­dag om 11:00 in die­self­de kerk, hoe­wel dit deur die Vrye Ge­re­for­meer­de Kerk ge­lei word.

Die po­li­sie het nog nie die troos­diens­be­son­der­he­de van March be­kend ge­maak nie.

Kol. T­han­di M­bam­bo, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê lt.genl. Moe­ket­si Sem­pe, po­li­sie­hoof in die Vry­staat, het Cal­vert Vry­dag in die hos­pi­taal be­soek.

Bood­skap­pe van me­de­lye is ook op Fa­ce­book ge­plaas vir die ge­stor­we konst. March. March is een keer met ’n jag­ge­weer in die kop ge­skiet.

IamTay­bee Nel­son Be­ne­dicti­on Le­buso, ’n Fa­ce­book-vriend, het ge­skryf: “Dit voel as­of ek in ’n sleg­te droom is. As ek ge­weet het ver­le­de maand is die laas­te keer dat ek jou sou sien, sou ek jou ’n groot druk­kie ge­gee het.”

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Le­de van die po­li­sie se fo­ren­sie­se een­heid fyn­kam die veld Vry­dag na­by die to­neel waar drie men­se op die plaas Das­sie­s­kop in die Kof­fie­fon­tein-dis­trik dood­ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.