Ons moet dink oor die fo­to’s wat ons ver­sprei

Volksblad - - Kommentaar -

Hen­drik C.J. P­re­to­ri­us, Bloem­fon­tein

Die ge­beu­re by die La­er­skool S­chwei­zer Re­ne­ke het be­trek­king:

Daar word ge­sê ’n s­kool is ’n ge­bou met vier mu­re en met die toe­koms daar­bin­ne.

Dit is ’n kwa­de dag as ’n fo­to ’n klas van gr. O-kin­ders so ont­wrig.

Dink net aan die im­pak van hier­die fo­to en die ge­vol­ge daar­van op hier­die kin­ders se sie­ning van hul heel eer­ste skool­dag.

Kyk ’n mens na an­der fo­to’s van die s­kool en die in­ter­ak­sie van ver­skil­len­de groe­pe kin­ders op dié fo­to’s, dan lyk dit tog of die kin­ders al die kleur­kwes­sie ver­by­ge­steek het.

Maar tog is dit steeds in­ge­wor­tel in van die ou­ers se we­se.

Die fo­to en die pla­sing op so-si­a­le me­dia was ’n groot fout en al word daar wal ge­gooi, is dit ’n fo­to wat vir al die ver­keer­de re­des ’n groot im­pak op die s­kool en sy kin­ders gaan hê.

Ek het die groot­ste deer­nis vir die on­der­wy­sers wat nou be­trek word. Hul nor­ma­le dag­taak is al­reeds on­be­ny­dens­waar­dig en hul­le het nie hier­die kri­tiek ook nog nodig nie.

Die hart­seer van die saak is dat die res van die fo­to’s wat ’n an­der prent­jie van die e­tos by die s­kool tus­sen ver­skil­len­de ras­se uit­wys, nie vry­lik ge­bruik word nie .

Ek het al self ras­sis­me ge­voel (as daar ras­sis­ties teen ’n wit mens op­ge­tree kan word).

Ek is eg­ter vol­was­se ge­noeg om dit maar te sien as in­di­vi­du­e­le on­kun­de.

Die re­a­li­teit is dat ons in ’n land le­we wat ver van be­ska­wings­mon­dig is.

Al­les wat lyk of dit ver­keerd is, word met ge­weld en ont­wri­ging be­groet.

Ons leef in ’n wê­reld waar fo­to’s vry­lik ge­neem en ver­sprei word.

Ons sal moet be­gin dink wat­ter bood­skap­pe die fo­to’s uit­dra wat ons op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

Ons moet in ag neem dat dit dalk in ’n sleg­te lig be­skou kan word en la­ter erns­ti­ge ge­vol­ge kan hê.

Mis­kien moes die kin­ders in hier­die ge­val eer­der die spre­kers ge­wees het en nie die ou­ers nie.

Die op­voed­kun­di­ge kli­nie­se siel­kun­di­ge en skry­wer Haim Gi­nott het ge­sê kin­ders is soos nat se­ment. Wat op hul­le val, word op hul­le in­ge­stem­pel.

Wat­ter merk het hier­die ont­wrig­ting van die s­kool op die kin­ders ge­laat?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.