Ek hou van lees, maar wat sê jon­ges?

Volksblad - - Kommentaar -

T­heo, Good­wood

My lie­we oor­le­de moe­der het ’n lief­de vir lees by my ge­kweek. Ek het groot­ge­word met dig­ters soos Reitz, Eugè­ne Ma­rais, Mal­her­be, Pe­ter­sen en P­hi­lan­der, en skry­wers soos Boer­neef, San­gi­ro, Dirk Mos­tert en Lan­gen­ho­ven. La­ter het Hen­nie Au­camp en sy tyd­ge­no­te deel van my lees­ge­not ge­word.

Saam met dié van En­gel­se skry­wers het ek se­ker 1 000 boe­ke op my boek­rak­ke.

Ie­wers het din­ge eg­ter be­gin skeef­loop. Ek het die draad ver­loor met post­mo­der­ne skry­wers en dig­ters se ma­nier van ge­dag­tes uit­druk. Ek ver­staan nie wat die mees­te van hul­le pro­beer oor­dra nie. En die re­sen­sen­te help ook nie veel nie, want oor die­self­de boek speel een die trou­mars en ’n an­der die do­de­mars.

Ek is baie lief vir my taal. On­danks my ou­der­dom het ek al oor­weeg om my ie­wers aan ’n in­stan­sie vir slegs ’n ge­vor­der­de A­fri­kaan­se kur­sus in te skryf in die hoop dat ek my taal­ho­ri­son­ne kan ver­breed (is daar só ’n in­stan­sie?).

Dees­dae lees ek maar ge­skied­kun­di­ge wer­ke, want ek is nie vat­baar vir skry­wers soos Mey­er, Bar­nard en dies­meer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.