Man­gaung moet by Kaap­stad gaan leer

Volksblad - - Kommentaar -

E. S­taf­ford, Bloem­fon­tein

Ek en my vrou het t­wee we­ke in Kaap­stad va­kan­sie ge­hou en tuis­ge­gaan op ’n per­de­plaas in P­hi­lip­pi op die Kaap­se Vlak­te.

’n Paar din­ge het my da­de­lik op­ge­val.

Ons het by­kans daag­liks deur deur Mit­chells Plain en Gras­sy Park na ons be­stem­mings ge­ry, en dik­wels ook met die ver­by­pad ver­by Gu­gu­let­hu en Ma­nen­berg.

Nié een van dié woon­buur­te was naas­ten­by in so ’n vuil en si­fi­li­tie­se toe­stand soos Bloem­fon­tein se woon­buur­te en mid­de­stad nie.

Die om­ge­wing is skoon en net­jies, die teer­paaie is net­jies en heel en die sy­paad­jies ver­sorg.

Die ver­keers­de­par­te­ment van Kaap­stad is ook wak­ker en funk­si­o­neel. Nê­rens kry ’n mens jaag­dui­wels soos in Bloem­fon­tein wat voet in die hoek sit wan­neer die ver­keers­lig o­ran­je word en wat saam met nog drie of vier an­der deur­jaag na­dat dit rooi ge­word het nie. Nee, daar word ge­stop vir ’n o­ran­je ver­keers­lig.

Be­ne­wens al die ge­merk­te ver­keers­voer­tuie met ge­regs­die­naars wat maar te ge­wil­lig is om oor­tre­ders af te trek en te be­boet, word tal­le on­ge­merk­te ver­keers­voer­tuie ook in­ge­span om wets­oor­tre­ders vas te vat.

Die be­stuur­ders van mi­ni­bus­taxi’s se gal word ge­werk en hul­le laai nie links en regs pas­sa­siers op en af soos in Bloem­fon­tein nie. Daar is be­hoor­li­ke tax­istaan­plek­ke.

S­poed­be­per­kings word na­ge­kom en jaag­dui­wels word ge­na­de­loos vas­ge­vat, an­ders as hier waar die ver­keers­de­par­te­ment om­trent nie be­staan nie.

By die ver­keers­lig­te staan ook nie las­ti­ge smou­se of be­de­laars wat jou aan­dag af­trek van die ver­keer nie. Hul­le word ver­wy­der en selfs aan­ge­kla.

Dit klink dalk na nie­tig­he­de, maar as ’n mens dit be­leef, be­sef jy hoe diep in die moe­ras die ANC-re­ge­ring al ge­sink het.

Bur­ge­mees­ter Ol­ly Mlam­le­li en die res van die Man­gaung-me­tro kan ge­rus ho­pe les­se by die Kaap­stad­se mu­ni­si­pa­li­teit gaan leer.

En dit dan hier kom toe­pas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.