Die slui­se is wa­wyd oop

On­aan­ge­na­me waar­he­de ken­merk die toe­stro­ming van on­wet­ti­ge im­mi­gran­te na Suid-A­fri­ka én die e­mi­gra­sie van kun­di­ges en be­roeps­lui, skryf F­lip S­mit.

Volksblad - - Ontleding -

‘Suid-A­fri­ka het ’n aan­trek­li­ke be­stem­mings­ge­bied ge­word vir on­wet­ti­ge im­mi­gran­te (on­ge­do­ku­men­teer­des, smok­ke­laars en men­se­han­de­laars) wat ’n vei­lig­heids­ri­si­ko in­hou vir e­ko­no­mie­se sta­bi­li­teit en die soe­we­rei­ni­teit van die land.”

Só word die si­tu­a­sie op­ge­som in die ANC-re­ge­ring se Wit­skrif oor In­ter­na­si­o­na­le Mi­gra­sie van 29 Ju­lie 2017. En­ke­le on­lang­se ge­beu­re on­der­streep bo­staan­de werk­lik­he­de:

■ Die DA on­der­neem om “die stem van die ge­wo­ne bur­gers” oor on­wet­ti­ge im­mi­gra­sie te word. Dit kan stem­bus­pun­te ver­dien.

■ Die bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, Her­man Mas­ha­ba, het on­langs ver­klaar dat on­wet­ti­ge myn­wer­kers (za­ma-za­mas) plof­stof in myn­skag­te on­der die stad ge­vaar­lik na­by gasen o­lie­pyp­lei­dings laat ont­plof, maar dat die plei­dooie om hulp om die “drei­gen­de ka­ta­stro­fe” te voor­kom, “ge­ïg­no­reer” word.

Die mees­te van die myn­wer­kers is waar­skyn­lik bui­te­lan­ders. Vol­gens S­ta­tis­tie­ke SA stroom on­ge­veer 100 000 bui­te­land­se im­mi­gran­te jaar­liks na Gauteng. Die sy­fer vir die Wes-Kaap is 20 000.

Dié toe­stro­ming word jaar­liks aan­ge­vul met on­ge­veer 200 000 plaas­li­ke mi­gran­te van ver­al Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga wat na Gauteng mi­greer, ter­wyl on­ge­veer 60 000 per jaar van die Oos-Kaap na die WesKaap stroom.

■ Vol­gens die mi­nis­ter van ge­sond­heid, dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, be­set bui­te­lan­ders by­na 60% van die bed­dens in staats­hos­pi­ta­le in Gauteng.

Die voor­sit­ter van die Raad van Pro­vin­sies, T­han­di Mo­di­se, het ’n be­roep op pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ge­doen om in­drin­gend aan­dag aan die kri­sis te gee, op “mis­daad­net­wer­ke” ge­wys en ge­sê dat bui­te­lan­ders HOP-hui­se ten koste van plaas­li­ke in­wo­ners be­kom.

Met die sta­king van me­die­se per­so­neel se­dert No­vem­ber 2018 in Zimbabwe kom baie swan­ger vroue om in Suid-A­fri­kaan­se hos­pi­ta­le te kraam.

■ Ná ’n on­lang­se be­soek van die DA-taak­span aan grens­pos­te is grens­be­heer as skok­kend be­skryf. By die Beit­brug-grens­pos tus­sen Suid-A­fri­ka en Zimbabwe is ’n on­be­man­de opening ge­vind “waar­deur ’n vrag­mo­tor kan ry”.

■ Lui­dens me­di­a­be­rig­te neem die om­vang van men­se­han­del toe.

■ On­langs is on­ge­veer 300 E­thio­pi­ërs, meest­al han­de­laars, uit een ge­bied ver­dryf.

On­aan­ge­na­me waar­he­de Hoe­veel on­wet­ti­ge im­mi­gran­te het Suid-A­fri­ka? Die kort ant­woord is nie­mand weet nie.

In die 2011-sen­sus is 2,3 mil­joen ge­tel. Kun­di­ges glo dit is ’n on­derDie tel­ling. Wê­reld­wyd be­weeg im­mi­gran­te on­der die ra­dar­skerm. Die ge­tal on­wet­ti­ge im­mi­gran­te word óf on­der­skat (3 mil­joen) óf oor­skat (10 mil­joen). ’n Sy­fer van 5 mil­joen is se­ker nie on­re­a­lis­ties nie.

Die per ca­pi­ta-in­kom­ste in SuidA­fri­ka is vyf keer ho­ër as in buur­lan­de. Vol­ge­houe toe­stro­ming sal dus eer­der toe­neem as af­neem.

Een on­aan­ge­na­me waar­heid is dat die vaar­dig­heids­vlak­ke van im­mi­gran­te na Suid-A­fri­ka ’n skerp da­len­de nei­ging toon.

Ná 2 Fe­bru­a­rie 1990 het baie kun­di­ges na Suid-A­fri­ka te­rug­ge­keer. Dié in­stro­ming het eg­ter nie naas­ten­by ver­goed vir die uit­stro­ming van kun­di­ges wat reeds in die laat 1980’s be­gin het nie.

Ná die in­een­stor­ting in Zimbabwe, ver­al ná 2000, het baie kun­di­ges na Suid-A­fri­ka ge­kom.

Maar dié stroom kun­di­ges – ook van an­der lan­de – het feit­lik op­ge­droog en word nou ver­vang deur on­op­ge­lei­de werk­lo­ses. En dít na ’n land waar die werk­loos­heid on­der die jeug tot 50% is.

Hier­teen­oor is daar harde fei­te dat kun­di­ge men­se die land toe­ne­mend ver­laat.

E­mi­gra­sie-a­gent­skap­pe wat ver­al op A­me­ri­ka fo­kus, ver­klaar dat die ge­tal na­vrae met tot 400% toe­ge­neem het.

Staat­skaping en moont­li­ke ont­ei­e­ning van grond son­der ver­goe­ding dryf die pro­ses waar­skyn­lik. Meer as 3 500 Suid-A­fri­kaan­se boe­re boer in A­fri­ka en tot so ver as Aus­tra­lië en Ge­or­gië.

re­ge­ring se Wit­skrif oor In­ter­na­si­o­na­le Mi­gra­sie maak t­wee be­lang­ri­ke be­vin­dings:

■ Suid-A­fri­ka is nie in staat om im­mi­gran­te met skaars vaar­dig­he­de te lok en te be­hou nie; en

■ Vir die eer­ste keer in die ge­skie­de­nis ver­laat meer swart as wit pro­fes­si­o­ne­le men­se die land.

Heel­wat men­se woon nog hier, maar het reeds fi­nan­si­eel ge­ë­mi­greer. Vol­gens S­ta­tis­tie­ke SA ver­laat on­ge­veer 25 000 men­se die land jaar­liks. Baie e­mi­greer eg­ter son­der om ge­do­ku­men­teer te word.

Die ge­vol­ge van die ver­lies aan skaars vaar­dig­he­de en die in­stro­ming van on­op­ge­lei­de arm men­se word nie al­tyd be­sef nie.

Grens­be­heer-kop­seer

Die ge­noem­de wit­skrif hier­bo be­vat baan­bre­ken­de voor­stel­le om SuidA­fri­ka se be­leid in oor­een­stem­ming met dié van die res van die wê­reld te bring.

Die fei­te word on­ver­bloemd aan­ge­bied: Die hui­di­ge grens­be­heer­stel­sel kan nie suk­ses­vol toe­ge­pas word nie en die klem moet ver­skuif van grens­be­heer na ge­meen­skaps- en werk­plek­in­spek­sies. En dan hier­die stel­ling: “To­ta­le grens­be­heer is nóg moont­lik nóg wens­lik.”

Die lang en po­reu­se land- en see­gren­se (4 470 km) met 71 aan­ge­we­se toe­gangs­poor­te, saam met gren­se wat ge­meen­skap­pe ver­deel en waar oor­grens­be­we­gings daag­liks vry­e­lik plaas­vind, maak grens­be­heer feit­lik on­moont­lik. Vi­sums word mak­lik deur kor­rup­sie ver­kry.

Meer as 16 mil­joen men­se steek Suid-A­fri­ka se gren­se jaar­liks oor. Hier­van kom on­ge­veer 80% van die 16 lan­de van die Sui­der-A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap (SAOG) – 3,8 mil­joen van hul­le kom van Le­so­tho en 3,4 mil­joen van Zimbabwe.

Jaar­liks is daar meer as 60 000 a­siel­soe­kers, maar 90% kwa­li­fi­seer nie vir vlug­te­ling­sta­tus nie.

Daar is ’n per­sep­sie dat die ANC­re­ge­ring bra on­wil­lig is om streng op te tree teen im­mi­gran­te van lan­de wat die st­rug­gle on­der­steun het.

Een van die groot uit­da­gings is om mi­gra­sie só te be­stuur dat kun­di­ges be­hou, vaar­dig­heids­te­kor­te aan­ge­vul en ban­de met die di­a­spo­ra in stand ge­hou en ver­sterk word. Só kan hul kun­dig­heid tot voor­deel van die land aan­ge­wend word.

Die ge­vaar wat mi­gra­sie vir veiligheid en werk­loos­heid in­hou, is reeds aan­ge­stip.

In die ver­le­de het im­mi­gran­te baie kun­dig­heid en ka­pi­taal na Suid-A­fri­ka ge­bring en dik­wels be­ter as plaas­li­ke bur­gers pres­teer wat toewyding en vlyt be­tref. Hul sa­ke­on­der­ne­mings is soms 24 uur per dag oop en stu­dies toon dat land­bou in Lim­po­po en M­pu­ma­lan­ga moei­lik son­der Zim­bab­wi­ërs se harde werk be­dryf kan word.

Stu­den­te van el­ders in A­fri­ka, ver­al op na­graad­se vlak, pres­teer dik­wels be­ter as plaas­li­ke stu­den­te. Hul En­gels is ge­woon­lik be­ter en hul toewyding veel gro­ter.

’n Gel­di­ge vraag is of po­pu­lis­tie­se re­to­riek oor on­haal­ba­re be­lof­tes van gra­tis diens­te en­so­voorts nie ’n kul­tuur van af­wag­ting en af­hank­lik­heid by in­wo­ners skep nie.

Maar is daar po­li­tie­ke wil? Men­se van Eu­ro­pe­se af­koms het in die ko­lo­ni­a­le tyd­perk en ná U­nie­wor­ding voor­keur ge­kry. Daar was on­ge­wo­ne uit­son­de­rings, soos in 1930 en 1937, toe spe­si­fiek teen Jo­de ge­dis­kri­mi­neer is. In­di­ërs was toe­ne­mend on­wel­kom.

Im­mi­gran­te van el­ders in A­fri­ka was “na­tu­rel­le”. Die mans op die di­a­mant- en goud­vel­de is as trek­ar­bei­ders in kam­pongs ge­ves­tig om per­ma­nen­te ver­blyf teen te werk.

Dié trek­ar­bei­ders, ver­al van Mo­sam­biek en Le­so­tho, maar ook so ver as Ma­la­wi, het oor ’n tyd­perk van by­na 150 jaar ste­wi­ge net­wer­ke op­ge­bou. Hier­die net­wer­ke het goed te pas ge­kom ná 1994, maar ver­al ná 1999, toe Suid-A­fri­ka sy gren­se oop­ge­gooi het.

Die reg is voor­be­hou om net im­mi­gran­te met skaars vaar­dig­he­de toe te laat; on­ge­skool­des is tot die myn- en land­bou be­perk. Maar die slui­se was oop.

In A­pril 2016 het Suid-A­fri­ka vi­sum­vry­stel­ling aan hou­ers van ge­wo­ne pas­poor­te van 14 A­fri­ka­lan­de toe­ge­staan. Dit is in skril­le kon­tras met 29 Eu­ro­pe­se lan­de wat vir dié voor­reg kwa­li­fi­seer.

Die A­fri­ka-U­nie se A­gen­da 2063 stel die vrye be­we­ging van men­se oor gren­se as mik­punt. Dié i­de­aal van die vrye be­we­ging van men­se, goe­de­re en ka­pi­taal word reeds ja­re lank deur die 16 SAOG-lan­de na­ge­streef. Ver­blyf van 90 dae son­der ’n vi­sum word ver­wag.

Ra­map­ho­sa ver­een­sel­wig hom met dié stre­wes.

Die ge­noem­de wit­skrif van 2017 is ’n re­a­lis­tie­se do­ku­ment met in­gry­pen­de voor­stel­le.

Daar is eg­ter drie strui­kel­blok­ke: Die im­ple­men­te­rings­kos­te sal R1 mil­jard be­loop, met in­gry­pen­de wets­wy­si­gings. Dit is ’n ui­ters ge­so­fis­ti­keer­de stel­sel en die vraag is of die kun­dig­heid daar­voor be­staan.

Die be­lang­rik­ste vraag is eg­ter of die ANC-re­ge­ring die po­li­tie­ke wil het om streng im­mi­gra­sie- en e­mi­gra­sie­be­heer toe te pas.

Gra­fi­ka: HANLIE MA­LAN

Prof. S­mit doen na­vor­sing oor de­mo­gra­fie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.