Trump se rol be­kyk

Koe­rant be­weer FBI het pre­si­dent se kon­tak met Rus­se on­der­soek

Volksblad - - Ontleding -

’n Be­rig van The New York Ti­mes wat be­weer dat die A­me­ri­kaan­se fe­de­ra­le speur­diens (FBI) pres. Do­nald Trump on­der­soek het om vas te stel of hy na­mens Rus­land teen die be­lan­ge van sy eie land ge­werk het, gaan deur die Demokrate in die A­me­ri­kaan­se kon­gres on­der­soek word.

Dit is Sa­ter­dag in ’n ver­kla­ring aan­ge­kon­dig deur die regs­ko­mi­tee in die huis van ver­teen­woor­di­gers.

Die Ti­mes het be­rig die FBI se be­weer­de on­der­soek na Trump het be­gin in die dae na­dat hy in Mei 2017 Ja­mes Co­mey as di­rek­teur van die FBI af­ge­dank het en dat die a­gent­skap se on­der­soe­kers dit moes oor­weeg of Trump se op­tre­de be­skou kon word as ’n be­drei­ging vir na­si­o­na­le veiligheid.

Trump het Sa­ter­dag­aand laat die be­rig in ’n on­der­houd met Fox News ver­werp. Hy het dit be­stem­pel as die mees be­le­di­gen­de be­rig wat nog ooit oor hom ge­skryf is. Hy het daar­na in ’n reeks twiets teen Co­mey en die FBI uit­ge­vaar.

Die De­mo­kraat Jer­rold Nad­ler, voor­sit­ter van die regs­ko­mi­tee, sê die pa­neel gaan in die vol­gen­de paar we­ke “stap­pe doen om ’n be­ter be­grip te kry van die pre­si­dent se op­tre­de en die FBI se re­ak­sie daar­op”.

Hy sê die kon­gres gaan sorg dat on­der­soe­kers be­sker­ming ge­niet teen die pre­si­dent se “toe­ne­mend strie­men­de aan­val­le”.

“Daar is geen re­de om die erns of pro­fes­si­o­na­li­teit van die FBI in twy­fel te trek soos wat die pre­si­dent ge­doen het in sy re­ak­sie op die be­rig nie,” sê Nad­ler in ’n ver­kla­ring. “Ons het deur dié be­rig­ge­wing vas­ge­stel selfs in die vroeg­ste dae van die Trump-ad­mi­nis­tra­sie was die pre­si­dent se ge­drag so wis­sel­val­lig en kom­mer­wek­kend dat die FBI ver­plig ge­voel het om iets on­ge­kends te doen – om ’n teen­spi­oe­na­sie-on­der­soek na ’n die­nen­de pre­si­dent te be­gin.”

A­dam S­chiff, voor­sit­ter van die huis van ver­teen­woor­di­gers se in­tel­li­gen­sie­ko­mi­tee, wou nie oor die be­son­der­he­de van die koe­rant­be­rig kom­men­taar le­wer nie, maar sê sy ko­mi­tee gaan voort met sy on­der­soek na Trump se kon­tak met Rus­land.

“Kom­mer oor die­ge­ne wat met Trump se veld­tog ver­bind word, en dit sluit die pre­si­dent in, was van die be­gin af sen­traal tot ons on­der­soek,” sê S­chiff.

Hy sê ver­ga­de­rings, kon­tak­te en kom­mu­ni­ka­sie tus­sen men­se na aan Trump en die Rus­se, as­ook “die web van leu­ens oor daar­die in­ter­ak­sies, en die pre­si­dent se eie stel­lings en ak­sies” het die be­hoef­te ver­sterk om met die on­der­soek voort te gaan.

Lui­dens die Ti­mes het FBIamp­te­na­re ty­dens Trump se ver­kie­sings­veld­tog in 2016 ag­ter­dog­tig ge­raak, maar ’n on­der­soek is glo eers be­gin toe Trump aan­ge­dui het sy be­sluit om Co­mey af te dank hou ver­band met be­we­rings dat die Rus­se by die ver­kie­sing in­ge­meng het.

Die FBI het dit ook oor­weeg of Co­mey se af­dan­king be­skou kan word as dwars­bo­ming van die ge­reg. Ro­bert Mu­el­ler, die fe­de­ra­le spesiale on­der­soe­ker, het die on­der­soek oor­ge­neem kort na­dat die FBI daar­mee be­gin het, lui­dens die koe­rant­be­rig.

Rus­land ont­ken deur­gaans dat hy by die ver­kie­sing in­ge­meng het.

Co­mey het hom ook Sa­ter­dag tot T­wit­ter ge­wend en die aan­ha­ling deur die oud­pres. Frank­lin De­la­no Roo­se­velt ge­plaas: “I ask you to jud­ge me by the e­ne­mies I ha­ve ma­de.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.