‘Men­se staan al­mal saam, hulp stroom in na Bet­tys­baai’

Volksblad - - Nuus - Ma­re­li­ze Bar­nard

Hoe gaan die dorp ooit her­stel en hoe gaan die men­se wat deur die bran­de ge­raak is ooit hier­van her­stel? Dit is van die vrae waar­mee in­wo­ners van Bet­tys­baai nou worstel.

Ker­neels B­rey­ten­bach, skry­wer en in­wo­ner van Be­ ttys­baai, het gis­ter ge­sê men­se be­sef dat Bet­tys­baai nooit weer die­self­de sal wees nie.

“Dit is vir so­veel men­se ui­ters trau­ma­ties. Die be­moe­di­gend­ste wat hier­uit kom, is hoe men­se saam­staan en ook hoe hulp van bui­te na Bet­tys­baai stroom.

“Men­se gee ver­blyf vir dié wat al­les ver­loor het. Daar is ’n W­hat­sA­ pp-groep vir in­wo­ners waar al­mal me­kaar help en on­der­steun.

“Bet­tys­baai en P­rin­gle­baai staan ver­e­nig. Die hel­de van die in­wo­ners is die brand­sla­ners. Men­se het saam kos in­ge­sa­mel om hul­le te on­der­steun. Dit is men­se wat van el­ders hier kom help.”

Oor die ver­woes­ten­de brand Vry­dag sê B­rey­ten­bach dat Bet­tys­baai en P­rin­gle­baai t­wee plek­ke is waar die wind erg waai.

“’n Mens bly nie hier as jy nie die wind kan ver­duur nie. Die wind was Vry­dag ge­wel­dig storm­ag­tig en het ge­draai soos net voor dit re­ën.

“Nu­we­jaars­dag het die wind suid­oos ge­waai en ge­help om die brand teen die berg te laat op­gaan.

“Maar Vry­dag het die wind noord­wes ge­waai soos wan­neer dit kom re­ën. En dit was storm­sterk. Die he­li­kop­ters kon nie vlieg nie.”

In Bet­tys­baai is 31 hui­se in Vry­dag se brand ver­woes.

Gis­ter het die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit in ’n ver­kla­ring ge­sê slegs die brand by Bet­tys­baai was aan die ein­de van die na­week on­der be­heer.

Die brand by Frans­kraal was ’n groot uit­da­ging met die brand­lyn wat vin­nig ver­sprei.

Gis­ter­mid­dag is meer hulp na Frans­kraal ge­stuur.

Hoe­wel goeie vor­de­ring ge­maak is om die brand by He­me­len-Aar­de bui­te Her­ma­nus te be­stry, het dit gis­ter­mid­dag steeds aan die noor­de­kant van die berg ge­woed.

Daar was geen ge­vaar vir die woon­ge­bie­de nie.

He­li­kop­ters en tal­le brand­span­ne is Sa­ter­dag en gis­ter by He­mel-en-Aar­de ont­plooi.

Die brand vlam op tal­le plek­ke op en om­dat dit oor so ’n groot ge­bied ver­sprei is, hou dit steeds ’n groot brand­ge­vaar in.

Die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit sê hulp het van na­bu­ri­ge mu­ni­si­pa­li­tei­te in­ge­stroom.

In die Bet­tys­baai-om­ge­wing is teen gis­ter 140 brand­be­stry­ders ont­plooi. By Kar­wy­der­skraal help die boe­re­ge­meen­skap en die brand was teen gis­ter­mid­dag in be­dwang.

Ook by Frans­kraal was die brand gis­ter steeds ’n uit­da­ging, maar die brand­lyn het teen die mid­dag weg van die woon­ge­bied be­weeg.

Al­le paaie in die om­ge­wing van Hang­klip en K­lein­mond, in­slui­tend die R44 (Cla­rens­ry­laan), en al die paaie in die gro­ter Her­ma­nus-om­ge­wing was gis­ter oop, as­ook die pad tus­sen Her­ma­nus en Gans­baai.

In die om­ge­wing van Frans­kraal was van die paaie ge­sluit en ver­keers­be­amp­tes het die si­tu­a­sie dop­ge­hou.

Men­se is weer ge­vra om nie na die ge­bied te ry om te gaan kyk hoe dit lyk nie.

Die ge­bie­de waar dit ge­brand het, word op­ge­ruim en waar dit steeds brand, moet die paaie vir nood­voer­tuie oop­ge­hou word.

’n Oryx-he­li­kop­ter be­stry gis­ter die brand in die He­mel-en-Aar­de-val­lei.

Fo­to’s: ANENA BUR­GER

Die O­ver­strand-mu­ni­si­pa­li­teit se brand­weer­diens en brand­be­stry­ders was gis­ter op die to­neel in die om­ge­wing van Frans­kraal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.