Joos­te se ‘ne­me­sis’ haal mes uit met hof­aan­soek

Volksblad - - Sake - Nel­lie Brand-Jon­ker

Die suk­ke­len­de S­tein­hoff be­gin 2019 nie op ’n goeie noot nie, en het pas aan­ge­kon­dig ’n be­leg­ger het ’n aan­soek in ’n hof oor­see ge­bring om ’n stok­kie te steek voor die plan om sy reu­se-skuld­las te her­struk­tu­reer.

Die Bur­ger het in De­sem­ber be­rig S­tein­hoff se skuld­ei­sers keur die skuld­re­ë­ling goed.

Dit het eg­ter af­ge­hang daar­van dat dit nie deur ’n kre­di­teur in die hof teen­ge­staan word nie. As dit nie teen­ge­staan sou word nie, sou dit na ver­wag­ting op 11 Ja­nu­a­rie in wer­king tree.

S­tein­hoff het Vry­dag vroeg­og­gend aan­ge­kon­dig ’n aan­soek is deur LSW Gm­bH in die hof ge­bring teen die plan wat vir die her­struk­tu­re­ring van S­tein­hoff Eu­ro­pa AG (Se­ag) se skuld op­ge­stel is.

Vol­gens S­tein­hoff maak LSW daar­op aan­spraak dat hy ’n kre­di­teur van die maat­skap­py is.

Dit blyk LSW be­hoort aan And­re­as Sei­fert.

‘Ne­me­sis’

Sei­fert kan as die voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof van S­tein­hoff, Mar­kus Joos­te, se ne­me­sis be­skryf word, of al­tans dit is hoe Joos­te dit sien.

Joos­te het ver­le­de jaar in die par­le­ment al die skuld vir S­tein­hoff se pro­ble­me voor die deur van Sei­fert ge­lê.

Joos­te het ge­sê hy was ’n ver­keer­de ven­noot waar­mee S­tein­hoff sa­ke ge­doen het.

In­ge­vol­ge die re­ë­ling met die skuld kan die her­struk­tu­re­ring nie be­gin al­vo­rens die regs­ge­ding af­ge­han­del is nie.

Lou­is du P­reez, aan­ge­we­se uit­voe­ren­de hoof van die S­tein­hof­f­groep, het die goed­keu­ring in De­sem­ber as ’n kri­tie­ke myl­paal be­skryf in die her­struk­tu­re­ring van die groep se skuld­las.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.