Man­ches­ter U­ni­ted kry S­purs ook on­der

Volksblad - - Sport - B­bcsport.com, skysports.com –

Die Ole Gun­nar Sol­skja­er­stoom­trein snel steeds voort!

Sol­skja­er se Man­ches­ter U­ni­ted het Son­dag in die Wem­b­ley­sta­di­on in Lon­den sy ses­de op­een­vol­gen­de se­ge be­haal se­dert dié Noor­we­ër ’n paar we­ke gelede die lei­sels (as in­staan-af­rig­ter) by José Mour­in­ho ge­neem het.

Die Rooi Dui­wels het Tot­ten­ham Hot­spur met 1-0 in die En­gel­se P­re­mier­liga ge­klop na­dat Mar­cus Rashford die wen­doel in die 44ste mi­nuut van dié op­win­den­de wed­stryd aan­ge­te­ken het.

Daar is voor­af baie ge­skryf, ge­praat en be­spie­gel of S­purs se af­rig­ter, Mau­ri­cio Po­chi­net­to, nie dalk op pad na Man­ches­ter is om Mour­in­ho se skoe­ne vol te staan nie.

Maar wie kan teen Sol­skja­er se ses uit ses stry, ver­al na­dat die glim­lag­te op U­ni­ted-spe­lers se ge­sig­te te­rug is en die span weer met die pas­sie van ouds speel?

S­purs het be­sit oor­heers, maar hom vas­ge­loop teen ’n skit­te­ren­de Da­vid de Gea in U­ni­ted se doel­hok.

S­purs (48 pun­te) be­klee steeds die der­de po­si­sie op die pun­te­lys, t­wee pun­te ag­ter Man­ches­ter Ci­ty (wat ’n wed­stryd min­der ge­speel het) en ne­ge pun­te ag­ter die voor­lo­per, Li­ver­pool (57) ná 22 wed­stry­de.

■ Li­ver­pool se af­rig­ter, J­ü­r­gen Klopp, sê sy se­ë­vie­ren­de span se voor­sprong van se­we pun­te bo Man­ches­ter Ci­ty be­te­ken niks nie.

Li­ver­pool het Sa­ter­dag sy voor­sprong ver­groot toe hy B­rig­h­ton & Ho­ve Al­bi­on met 1-0 ge­klop het.

Wat Klopp se self­ver­troue die hoog­te laat in­skiet het, is sy span se be­sten­dig­heid.

Die Reds het die sei­soen al 16 wed­stry­de teen span­ne wat nie in die top­ses is nie, ge­wen.

Nog net vier span­ne het voor­heen in dié sta­di­um van die li­ga met 57 pun­te of meer pun­te ge­spog.

Li­ver­pool het in 22 wed­stry­de ook nog net 10 doe­le af­ge­staan. Dit is die min­ste se­dert C­hel­sea in 2004/’05 net agt doe­le in 22 krag­me­tings deur­ge­laat het.

“Ons kon be­ter ge­speel het, maar ek is te­vre­de, want ons mik­punt was om te wen en dis wat ons ge­doen het,” het Klopp ge­sê.

■ C­hel­sea se af­rig­ter, Mau­ri­zio Sar­ri, sê dit is baie be­lang­rik dat sy ster-spe­ler Wil­li­an by die klub aan­bly na­dat hy Sa­ter­dag­aand die wen­doel teen Ne­w­cas­t­le U­ni­ted aan­ge­te­ken het. C­hel­sea het met 2-1 ge­wen.

Daar was ver­le­de week spra­ke dat Wil­li­an, wat hom in Au­gus­tus 2013 van die Rus­sie­se klub An­z­hi Mak­ha­chka­la af by C­hel­sea aan­ge­sluit het, in Bar­ce­lo­na se vi­sier is.

“Ons kort doel­skie­ters, dus het ons Pe­dro nodig, ons kort (Cal­lum Hud­son-) O­doi, ons het Wil­li­an nodig,” het Sar­ri ge­sê.

C­hel­sea (47) is nou ses pun­te voor Ar­se­nal (41), wat on­ver­wags met 1-0 deur West Ham ge­klop is.

Ar­se­nal se af­rig­ter, U­nai E­me­ry, het sy be­sluit ver­de­dig om Me­sut O­zil ’n vier­de ag­ter­een­vol­gen­de keer uit die span weg te laat.

“Ons wen met hom, ons ver­loor met hom. Ek glo nie dis een spe­ler wat ons laat wen of ver­loor nie,” het E­me­ry ge­sê.

Fo­to: REU­TERS

Man­ches­ter U­ni­ted se Paul Pog­ba kry die bal voor Chris­ti­an E­rik­sen van S­purs weg in gis­ter se P­re­mier­liga­wed­stryd in Lon­den.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.