So na­by, maar wéér te ver

Pro­te­as wys groot be­lof­te in En­ge­land

Volksblad - - Sport - Ann­chen Nel

* Suid-A­fri­ka het ná die eer­ste kwart met 16-11 teen Aus­tra­lië voor­ge­loop.

Vir die eer­ste half­uur het dit ge­lyk of Suid-A­fri­ka se net­bal­span vir ’n op­skud­ding in Li­ver­pool kon sorg.

Maar toe het Aus­tra­lië sy teen­stan­der deeg­lik laat ver­staan hy ís die wê­reld­kam­pi­oen.

Die Pro­te­as was gis­ter soms bit­ter na­by daar­aan om die Aus­sies in hul net­bal­krag­me­ting in die Vierhoekige reeks in te klop, maar op die ou end was die span van Doer On­der weer baas met 17 doe­le – 62-45.

Die Aus­sies het ook ge­wys hul­le het ge­hal­te en diep­te en maak nie net op in­di­vi­due staat nie.

Cait­lin Bas­sett, hul kap­tein en ster-doel­skie­ter, moes haar aan die reeks ont­trek nog voor­dat dit be­gin het. Sy het ver­le­de week haar lin­ker-voor­arm in ’n op­warm­wed­stryd in Man­ches­ter ge­breek.

Die Pro­te­as het ’n skit­te­ren­de be­gin ge­had en ná die eer­ste kwart met 16-11 voor­ge­loop. En dit is wat jy moet doen: saai twy­fel in jou teen­stan­der se ge­moed. Die sa­me­spel tus­sen Le­ni­ze Pot­gie­ter (doel) en Ma­ry­ka Holtz­hau­sen (hulp­doel) was soos al­tyd uit­ste­kend en die voer­werk na ver­al Pot­gie­ter was puik.

Tog het be­sit soms in hul doel­sir­kel ver­lo­re ge­gaan deur te veel gooie, pleks van da­de­lik na die doel­net aan­lê.

Din­ge het toe steeds goed ge­lyk vir Suid-A­fri­ka. Die Aus­sies het nie­te­min kort voor die ein­de van die twee­de kwart sa­ke ge­lyk ge­maak (24-24) en met die rus­tyd met 27-25 voor­ge­loop.

So­veel diep­te het die wê­reld­kam­pi­oen dat hy Cait­lin Thwai­tes (doel) met S­te­ph Wood kon ver­vang. Liz Watson het ook op sen­ter speel­kans ge­kry ten koste van Ka­te Mo­lo­ney.

Die Aus­sies het in die der­de kwart met meer ag­gres­sie ge­speel en hard te­rug­ge­slaan om met 43-38 voor te loop.

Nor­ma Plum­mer, die SuidA­fri­kaan­se af­rig­ter, het ge­hoop meer leng­te in die doel­sir­kel sou haar span help en het I­neMarí Ven­ter op doel op­ge­stuur en Pot­gie­ter na hulp­doel ge­skuif. Sy het in die laas­te kwart haar be­sluit om­ge­keer, maar die wen­span was toe reeds ge­mak­lik met 10 doe­le voor.

Die Pro­te­as het in die twee­de kwart iet­wat mo­men­tum in­ge­boet toe Bon­gi M­so­mi, die aan­val­len­de vleu­el, ’n skoen ver­loor het.

Sy moes in die der­de kwart ook die baan weens ’n bloed­be­se­ring ver­laat.

Die ne­der­laag met 17 doe­le is die­self­de as in Sep­tem­ber ver­le­de jaar in Auck­land tus­sen dié span­ne.

■ Suid-A­fri­ka speel Sa­ter­dag in Lon­den teen die En­gel­se Ro­se.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ga­briell­le Simp­son steel die bal voor die neus van Bon­gi M­so­mi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.